Evangelieprediking roep om reaksie by die hoorder

Predikant: 
Ds FJ van Hulst
Gemeente: 
(onbekend)
Datum: 
2000-01-01
Teks: 
I Thessalonicense 5
Preek Inhoud: 

Ps. 92: 1, 2
Ps. 92: 3, 4
Ps. 118: 7, 8, 9
Ps. 103: 1, 2, 5
Lees: Ps. 100
Teks: 1 Thess. 5: 16 18.

Geliefde Gemeente!

Elke week word aan u die Evangelie verkondig. Die voorgangers in die gemeente soos ons verlede week daarvang gepraat het, is daarvoor verantwoordelik dat die bediening van die Woord aangaan.

'n Ekstra verantwoordelikheid in die opsig het die voorganger wat predikant genoem word. Sy naam predikant sê al wat sy belangrikste taak is, die prediking.

Dit is sy taak om na sy beste vermoë so te preek dat die gemeente daardeur gebou word. En in die opsig mag hy ook op hulp en ondersteuning van sy medeampsdraers reken. Daarvoor is hulle saam voorgangers van die gemeente. Hulle deel die verantwoordelikheid van die voortgang van die woordbediening.

Maar dit alles beteken nie dat die gemeente as publiek by die weeklikse voorstelling in die kerkgebou kan sit nie. Ons is hier nie in die operahuis waar die operagangers weekliks kan sit en beoordeel of die gegewe voorstelling die prys van hul toegangsfooi werd is nie. Aan die applous na die opvoering kan beoordeel word of die spelers hul taak bevredigend voltooi het. As daar geen reaksie kom in die vorm van applous nie, dan kan die spelers die gevolgtrekking vir hulleself maak. Die hooggeëerde publiek is nie tevrede met die voorstelling nie.

Maar so gaan dit nie in die kerk nie. Op die reaksie van die kerkgangers word nie gehoop nie, maar daarop word gereken. Want die reaksie behoort tot die verantwoordelikheid van die kerkgangerss. Jy kan nie in die kerk sit en die verantwoordelikheid van jou reaksie afskuif na die prediker nie. Jy is nie daarmee klaar om vas te stel: Die predikant het weer nie kans gesien om my werklik te raak nie.

Nee, dit is jou verantwoordelikheid om op die prediking te reageer. Evangelieprediking is verkondiging van 'n blye boodskap. En op 'n blye boodskap moet met blydskap gereageer word.

Daarom vermaan Paulus ons almal met ons tekswoorde: Wees altyddeur bly, bid sonder ophou, en wees in alles dankbaar. Want dit is die wil van God in Christus oor julle.

Ons verkondig die wil van God in Christus vanoggend soos volg:

EVANGELIEPREDIKING ROEP OM REAKSIE BY DIE HOORDER

en wel

  1. 'n deurleefde blydskap
  2. 'n deurlopende gebed
  3. 'n deurgaande dankbaarheid.

Dit is nie vier die eerste keer in hierdie brief dat Paulus 'n opwekking doen om bly te wees nie. Die blydskap is een van die hooftemas van die brief aan die Thessalonicense.

Nou wil dit vooorkom dat 'n bepaalde vorm van blydskap die handelsmark van sekere christelike groepe is. Jy kry van die mense wat maar net bly wil wees. So gou hulle as groep in 'n diens bymekaar is begin hulle handeklap en vrolik kyk. So 'n blydskap het vir ons gevoel dikwels 'n opgeklopte, on egte karakter.

Dit is nie die blydskap wat ons soek nie. Maar nou lyk dit asof ons dikwels na die ander kant deurslaan. Mense kan in die kerk sit met gesigte waar die onvrede vanaf straal. Hulle kyk somber en swart, asof hul kerkgang 'n swaar verpligting is. En wat ook gepreek word, hoe duidelik die rykdom van die gelowige geteken word, dit lyk asof dit vir sommiges glad nie verskil maak nie.

Dat dit in die kerk kan voorkom is baie kommer wekkend.

En daarom is die vermanings van Paulus ook vir ons nie onvanpas nie.

Wees altyddeur bly!

Wees altyddeur bly. Nou klink vir ons hierdie vermaning op die eerste gehoor 'n bietjie onrealisties. Hoe kan 'n mens nou altyddeur bly wees? Ook 'n christen ken mos allerhande probleme, en allerhande frusttrasies. Hoe moeilik kan dit nie wees op jou werk, as jy jou misbruik voel deur ander mense nie? Of as jy met besigheid doen gewoon deur 'n ander bedrieg word?

Hoe kan jy altyddeur bly wees as in jou lewe steeds weer rampe gebeur wat jou totaal uit jou ewewig gooi?

Kom ons kyk eers na die gemeente van Thessalonicense. Hoe het hulle die woord ontvang en daarmee omgegaan? Wel, Paulus skryf daarvan in die begin van sy brief: julle het die evangelie in baie verdrukking ontvang met die blydskap van die Heilige Gees.

Let op die twee dinge: in baie verdrukking het hulle die woord ontvang. Hul omstandighede was ver van rooskleurig. Hulle is skerp vervolg en verdruk. En tog het hulle met blydskap die woord aanvaar.

Hoekom? Hoe kan hulle dit? Wel, dit was nou die werk van die Heilige Gees! Paulus stel die blydskap van die Thessalonicense met groot dankbaarheid vas.

Maar in dieselfde brief vermaan hu hulle: wees altyddeur bly!

Blydskap, ook 'n blydksap in die Geilige Gees is nie 'n toestand waarin jy vanself wel kan bly nie. Nee, daar is niks in die wêreld wat 'n mens makliker verloor as juis sy blydskap nie. En die probleem is, as jy eenmaal jou blydskap verloor het, kan jy hom definitief verloor, omdat dit tenslotte deel van jou persoonlikheid word. Jy kem nie meer blydskap nie, jy soek dit nie meer nie, en tenslotte mis jy dit nie meer nie. Gebrek aan blydskap en onvrede word 'n lewenswyse vir jou.

Vir die vrede binne die gemeente en vir die uitstraling van die gemeente na buite is gebrek aan blydskap 'n lewensgevaarlike saak!

En daarom vermaan Paulus indringens: Wees altyddeur bly!

Laat jou jou blydskap nie ontneem deur eie onvrede nie. Hou jou lewe in die regte perspektief. Kyk nie steeds vas in die paar dinge wat jou pla nie, maar sien tog dat die Here se goedheid oor jou lewe straal.

Wees bly dat Hy met Sy Woord in jou lewe gekom het.

Wees as gemeente bly met mekaar en met jou seëninge.

Nie omdat dit altyd so geweldig goed gaan nie. Want dit gaan nie altyd so goed nie. Daar is mense met groot probleme en gesinne met groot sorge. Elke huis het sy eie kruis.

Dit was in Thessalonicense ook maar so.

En juis daarom vermaan Paulus: Vergeet nie die blydskap nie. Soek die blydsakp van die Heilige Gees!

Maak blydskap nie alleen tot 'n saak van jou gevoel nie. As jy op jou gevoel wil wag, sal jy soms lank moet wag.

Christelike blydskap is nie 'n saak van toevallige stemming nie, maar eerder 'n bestemming. Nie soseer 'n saak van die gevoel nie, maar allereers 'n saak van geloof!

Waar ons glo in die mag van die Here, en in die krag van Sy Gees, daar sal tenslotte ook ons gevoel wel saamkom. As ons maar begin by die geloof. En dan is ons blydskap nie 'n oppervlakkige gevoelsblydskap nie, maar 'n deurleefde geloofsblydskap. So 'n blydskap kan hou.

Ook as daar teëslar in die lewe kom Ook as die kruis swaar word. Juis dan kan 'n gelowige nog blydskap toon.

Om alleen bly te wees as dit voor die wind gaan die die lewe, so 'n blydskap ken 'n ongelowige ook wel. Daarby het by die Heilige Gees nie nodig nie. Maar om in teenspoed en in probleme wat nie opgelos kan word nie, jou te versterk in die Here, en dan jou blydskap terug te vind, dit is waar dit oor gaan! Dit is byvoorbeeld die blydskap van die digter van Psalm 118: Dit is die Heer, wat my gesterk het. Hy is my lied, my psalmgesang. Hy was dit wat my heil bewerk het, dus loof ek Hom my lewe lang.

Dus loof ek Hom my lewe lang.

Dit is bybelse blydskap. Dit is 'n deurleefde blydskap.

So 'n blydskap kan jy slegs ken as die Here Jesus Christus die fondament van jou lewe is. Dan mag baie dinge nou en dan wankel. Maar die fondament is daar. En daardie fondament word steeds weer 'n bron van nuwe blydskap.

Ook na droefheid. Ook na sondes. Ook as jy gepla word deur besef van skuld. Of as jy leef in voortdurende konflikte met jouself en ander mense. As jy elke keer terug keer na die bron, na Jesus Christus, dan sal die blydskap na jou toekom.

Wees altyddeur bly. Nou verstaan ons wat Paulus bedoel. Hy bedoel dit: Wat ook al gebeur, keer altyd terug na die Here Jesus Christus. Hy is die bron van alle goed. Ook die bron van blydskap in die Here.

2. Evangelie prediking roep om die reaksie van 'n deurlopende gebed.

Bid sonder ophou. Dit is die woorde van ons teks waaraan ons nou aandag wil gee. Bid sonder ophou. U sal verstaan dat hierdie vermaning samehang met die vorige een. Want die blydskap van die geloof is nie bereikbaar sonder gebed nie.

Ons leef mos nie in 'n volmaakte wêreld waarin ons blydskap onaantasbaar is nie.

Nee, in die lewe kan soveel gebeur wat ons blydskap belemmer of selfs vernietig. En dan is daar maa een middel om vol te hou.

Bid. Bid sonder ophou.

Dit is belangrik dat ons in die sin vermaan word broeders en susters. Want ons is bitter gou geneig om te sê: Dit help nie om te bid nie. Ek het al 'n hele paar keer gebid. My omstandighede is nog maar steeds dieselfde. Ek bid nie meer nie.

En dan waarsku Paulus: Nie doen nie! Bly in die gebed volhard.

Dit is die enigste wat regtig help.

Bring al jou nood, ook al jou vrae en jou geloofsprobleme by die here. Want dit is wat Hy wil.

Bid sonder ophou!

Hierdie vermaning geld ook as dit in die lewe goed gaan.

As ons kon doen wat ons wil. As ons vordering in ons lewe sien, as ons die lewe kan geniet.

Dan kan dit maklik gebeur dat vir ons dan die gebed skielik nie meer so noodsaaklik voel nie. Dan raak ons gebed sommer maklik oppervlakkig. Ons sê die woorde nog wel, maar ons hart is nie meer daarby nie.

As ons onsself daarop betrap moet ons ons onmiddellik bekeer. Dan moet jy duidelik wees teenoor jouself en opnuut jou gebed die plek in jou lewe gee wat dit nodig het. Want anders verloor ons die egter kommunikasie met die Here. En as dan skielik nood in ons lewe kom, dan sê die gebed vir ons niks meer nie.

Bid sonder ophou.

U sal verstaan dat Paulus nie bedoel dat jy die heeldag op jou knieë moet lê nie. Ons het ander dinge ook om te doen.

Maar dit betekeen tog wel dat die gebed jou lewe moet beheers.

Dat jou daaglikese werk ook ondersteun word deur jou gebed.

Dit moet 'n lewenshouding wees. 'n Biddende lewenshouding.

Dat jy werklik vir alles die Here vra. Dat jy kan bid en dank in die dinge van die lewe.

Daarvoor moet jy klein wil wees voor die here. Maar aarin skuil die grootheid van 'n ware christen. 'n Ware christen is groot in sy klein wees vir die Here.

Die Here is groot. Hy het baie om te gee. In Sy Verbond het Hy magtige geskenke belowe. Maar Hy wil steeds gevra word. Hy wil die stem van sy kinders hoor, ook al weet Hy as Vader lankal wat hulle nodig het.

Maar so gaan dit nou maar in Sy Verbond. Hy wil alles gee, maar slegs in die weg van deurlopende gebed. Want so kom Hy aan Sy eer. Sy eer as Gewer van al wat goed is.

En om God te eer, dit is ons taak en blydkap in die lewe.

3. Evangelie prediking roep om 'n raksie van deurgaande dankbaarheid.

Wees in alles dankbaar.

'n Laaste vermaning. En 'n nodige een. As daar dinge in ons lewe is wat pla dan kan ons so eindeloos daaroor kla, dat ons vergeet om dankbaar te wees.

En as ons nie baie op ons pasoppens bly nie, kan dit sommer maklik 'n lewenshouding word. 'n Houding waarin ons vasgroei. En tenslotte kan jy nie meer anders nie.

Dink maar aan kinders wat bederf is. Hulle is nooit meer tevrede nie.

Hulle is nooit meer werklik bly met iets nie. Niks is goed genoeg nie.

Hulle kan nie meer dankbaar wees nie. Dit is die bederf.

By volwassenes kan dit ook voorkom. Mense wat altyd maar kla. Mense wat op enigiemand aanmerkings het. Mense wat altyd na ander kyk wat dit beter het as hulle. En dan hul jaloersheid nie kan onderdruk nie.

Sulke mense staan hulself in die pad. Hulle ontneem hulself alle lewensvreugde.

Selfs in die kerk kan dit voorkom. Mense wat nooit iets aan die preek het nie. Mense wat alleen maar kan kritiseer. Mense wat by alles en almal foute en gebrede sien.

Ondankbare mense. Hulle ontneem hulleself die blydskap wat daar in die lewe van 'n christen moet wees.

Wees in alles dankbaar.

Laat ons nie vergeet dat die Bybel en die Kategismus hier volstrek op een lyn praat. Die lewe van 'n christen word gekenmerk deur dankbaarheid. 'n Ondankbare christen, dit is 'n teenstrydigheid, 'n onmoontlikheid.

Wees in alles dankbaar. Dus in voorspoed, maar ook in teenspoed. Dit is sekerlik nie maklik nie. Dit lyk selfs onmoontlik.

Maar daardie rigting moet ons wel op.

Moet ook nie sê: Paulus kan maklik praat nie. Hy weet nie wat ek moet deurmaak nie. Nee, Paulus weet dit nie. Maar die Here weet dit wel. En dit is Hy wat van jou dankbaarheid vra.

Origens: Paulus weet baie goed waarvan hy praat. Onthou u dat hulle uit Thessalonicense moet gevlug het vir hul lewe? Onthou u dat hulle toe so pas uit Filippi gekom het? Uit die tronk van Filippi. Weet u wat hulle daar gedoen het. Hulle het psalms gesing. Dankspalms in die nag.

Wel, daarteen was die gevangenis mure van Filippi nie bestand nie.

Wees in alles dankbaar. Daarvoor is geloof nodig.

As God se beloftes vir jou 'n werklikheid is, dat jy werklik vertrou dat God se beloftes genoegsaam is, dan is daar altyd rede om te dank. Groter goed kan jy op aarde nie kry as die beloftes van die here nie. Daarvoor moet altyd gedank word.

Dit moet. Wees in alles dankbaar! En dink daarom: dit is maar nie 'n bryblywende aanbeveling van Paulus nie. Nee, dit is die wil van God in Christus Jesus oor julle. So staan dit hier.

Noudat God ons deur Christus verlos het, nou mag Hy ons dankbaarheid verwag. 'n Dankbaarheid wat ons onder woorde bring in ons gebede en 'n dankbaarheid wat moet blyk in ons dade.

Ons begin leef as verloste kinders van God.

God is nie van plan om enigeen van Sy kinders te bederf nie.

Daarom roep Hy jou nou en dan weer terug, as jy in tyd van voorspoed jou dankbaarheid vergeet het.

Verwonder jou maar steeds oor soveel goedheid van die Hemelse Vader. Verwonder jou oor die rykdom van die evangelie wat oor jou hele lewe gaan.

Maak dit vir jou tot 'n saak van groot vreugde om na die wil van die Here te lewe.

Doen dit biddend. Doen dit dankend.

Sodat eendag vandag se blydskap vervul kan word in 'n ewige vreugde.

AMEN.

Liturgie: 

(kyk in preek)