Psalm 136
1. Loof die HEER met blye klank,
loof sy Naam, bewys Hom dank;
want sy goedertierenheid
sal bestaan in ewigheid!
2. Loof die hoogste God en HEER,
wat alle aardse mag regeer;
want sy goedertierenheid
sal bestaan in ewigheid!
3. Loof die God wat onbeperk
wonders in sy almag werk;
want sy goedertierenheid
sal bestaan in ewigheid!
4. Hy 't alwys die eewge blou
van die hemele gebou;
want sy goedertierenheid
sal bestaan in ewigheid!
5. En die aarde, omlaag, het Hy
oor die seevlak uitgebrei;
want sy goedertierenheid
sal bestaan in ewigheid!
6. Loof God! Ligte, groot van glans,
stel Hy aan die hemeltrans;
want sy goedertierenheid
sal bestaan in ewigheid!
7. Aan die son gee Hy gesag,
opperheerskappy by dag;
want sy goedertierenheid
sal bestaan in ewigheid!
8. Maan en sterre, in minder prag,
lig en vonkel deur die nag;
want sy goedertierenheid
sal bestaan in ewigheid!
9. Hy 't Egipte swaar getref;
teen hul kroos sy hand gehef;
want sy goedertierenheid
sal bestaan in ewigheid!
10. En sy Isr'el uitgelei
uit Egiptes slawerny;
want sy goedertierenheid
sal bestaan in ewigheid!
11. Sterk van hand, sy arm gestrek,
het Hy hul van daar laat trek;
want sy goedertierenheid
sal bestaan in ewigheid!
12. Hy 't die Skelfsee deurgesny
en hul middeldeur gelei;
want sy goedertierenheid
sal bestaan in ewigheid!
13. Faro met sy leër word
in die diepte neergestort;
want sy goedertierenheid
sal bestaan in ewigheid!
14. En hy het sy volk gelei
deur die wilde woesteny;
want sy goedertierenheid
sal bestaan in ewigheid!
15. Hy het koninge gedood
wat geweldig was en groot;
want sy goedertierenheid
sal bestaan in ewigheid!
16. Hy het voor sy volk gegaan -
Og en Sihon neergeslaan;
want sy goedertierenheid
sal bestaan in ewigheid!
17. En hul land is toe geheel
aan sy Isr'el toegedeel;
want sy goedertierenheid
sal bestaan in ewigheid!
18. Hy 't aan ons gedink in druk;
aan ons vyand ons ontruk;
want sy goedertierenheid
sal bestaan in ewigheid!
19. Loof die HEER wat ewig leef,
mens en dier hul spyse geef;
want sy goedertierenheid
sal bestaan in ewigheid!
20. Loof die God, die Hemelheer,
allerhoogste in mag en eer;
want sy goedertierenheid
sal bestaan in ewigheid!