PRETORIA-MARANATA, 11 Mei 2014 AD, 17:30
Liturgie:
Votum
Seën
Ps
20:1,2,3
Gebed
Skriflesing:
Joël 1-2:17
Ps
18:3,4,
Teks:
Joël 2:12-13
Preek
Ps
53:4-7
Gebed
Geloofsbelydenis
(Apostoliese)
Ps
138:2
Kollekte
Ps
138:3
Seën
Preek: Joël 2:12-13
Hoekom sou
mens vandag nog luister na ‘n preek uit Joël?
Watter sin
het dit om aandag te skenk aan die woorde van so ’n ou en onbekende profeet?
Ons weet nie
eens wanneer hy presies gelewe het nie.
Hy skryf oor
’n sprinkaanplaag lank gelede.
Die moderne
wêreld gaan nie meer gebuk onder sprinkaanplae soos vroeër nie.
Danksy
insekdoders, DDT byvoorbeeld, is boere nie meer bang vir donker sprinkaanwolke
wat aan die horison verskyn nie.
Tog is dit
nie so dat vandag se wêreld geen rampe meer ken nie.
Aardbewings,
vliegtuie wat val of wegraak, skepe wat sink, ongeneeslike siektes, noem maar
op, is nog aan die orde van die dag.
Gesien al
hierdie dinge is die boodskap van Joël dus tog nog wel van belang.
Verals as
mens lees in vers 1 dat Joël nie net sy eie boodskap bring nie.
God het hom
die opdrag gegee om met hierdie boodskap na die volk te gaan.
Dieselfde
God wat vandag nog leef.
Dieselfde
God wat vandag nog die wêreld regeer.
Die God wat
begaan is met die lot van mens, nie in die minste nie met die lot van sy eie
kinders.
Tema: In die alledaagse lewe klink God se oproep tot bekering
1 Die sprinkaanplaag
2 God se oproep tot bekering
1 Die sprinkaanplaag
Ek weet nie
of daar iemand vandag hier in die kerk is wat ’n sprinkaanplaag al meegemaak
het nie.
Maar probeer
’n bietjie aan die volgende scenario te dink:
’n
donkergryps pers lug wat aan die horison verskyn en vinnig naderkom.
’n Haelbui
wat mens
letterlik hoor aankom.
Dit raak
donker soos wat die wolk voor die son inbeweeg.
’n
Onderwyser het vroeër op skool ‘n keer vertel:
Toe hy jonk
was, in die jare dertig, was daar ’n keer ’n sprinkaanwolk wat op hulle plaas
toegesak het.
As so ’n
wolk sprinkane op jou oes neersak, bly daar niks oor nie.
Hy het ook
gesien hoe ’n wolk sprinkane gaan sit in die boom langs die plaashuis.
Deur die
gewig van die derduisende sprinkane het die takke van die boom afgeskeur en op
die grond geval.
’n
Sprinkaanplaag was vroeër miskien wel die grootste verskrikking vir ’n boer.
Tydens my
studie wat ek die afgelope jare oor die sendingsgeskiedenis in Suid-Afrika
gedoen het, het dit my ook opgeval hoe dikwels mens van sprinkaanplae lees.
In die 19e
eeu was dit nog ’n groot verskrikking hier in die land.
In een geval
het ’n sendingstasie en sy omliggende landerye ternouernood aan ’n ramp
ontsnap, toe die wind skielik draai en die hele wolk sprinkane in die see
ingewaai is waar hulle verdrink het.
Maar as ’n
wolk sprinkane eers op jou landerye neergesak het, was dit te laat.
’n Vuur wat
nader kruip kon mens nog probeer blus, maar teen sprinkane kon jy niks begin
nie.
Nou weet ons
nie presies, soos gesê, wanneer Joël gelewe het nie.
Vermoedelik
êrens in die dae van koning Joas, omtrent 8 eeue voor Christus.
Ons weet dat
in die tyd toe Joas koning was, daar ’n groot hongersnood in Israel geheers
het.
Dit kan wees
dat die hongersnood te make gehad het met die sprinkaanplaag.
Dit is
belangrik dat ons wel besef dat Joël hier nie net ’n verhaal vertel met ’n
boodskap nie.
Wat hy hier
beskryf, is dinge wat histories is.
Ons kan
moeilik ’n voorstelling maak van die impak van so sprinkaanplaag.
Dalk help
dit om dit te vergelyk met iets soortgelyks vandag.
Dink aan ’n
aardbewing, soos die een wat Japan ’n paar jaar gelede getref het, en die
tsunami wat dit toe ook veroorsaak het.
Baie mense
het gesterf.
Miljoene
rande se skade is aangerig.
Siektes en
epidemies het ontstaan as gevolg van die ramp.
Presies
dieselfde het vir ’n sprinkaanplaag gegeld.
Die hele oes
het voor jou oë verdwyn, miljoene rande se skade.
En nie net
die oes nie, die hele natuur, alles wat groen is.
Met die
gevolg dat die diere ook nie meer weiding gehad het nie.
Die diere
vrek dus ook.
En duisende
diere wat vrek, dit beteken epidemies.
Een groot
drama.
Dus
nogmaals, hierdie sprinkane waaroor Joël skryf, was egte sprinkane.
Dit was nie
net ’n simbool van iets anders nie.
Wat Joël
hier skryf, was hoofnuus in Jerusalem.
Wolke met
sprinkane het aangewaai gekom.
Olyfbome,
vyebome, wingerde wat wit agterbly, nadat alle blare en bas van die stamme afgevreet
is.
Joël gebruik
verskillende terme vir die sprinkane.
In hfst 1:4
lees ons byvoorbeeld: afknyper, treksprinkaan, voetganger, en kaalvreter.
Dit is
moeilik om hierdie terme presies te vertaal.
Hulle dui
waarskynlik op die siklus of metamorfose wat hierdie insekte ondergaan.
Eers het
daar wolke met afknypers aangewaai gekom.
Toe het die
treksprinkane gekom, toe die voetgangers, en ten slotte die kaalvreters.
Joël gee ’n
lewende beskrywing van hoe hierdie destruktiewe monstertjies te werk gegaan
het.
Hy vergelyk
hulle met ’n leër soldate.
En dan moet
ons dink aan hoe daar in die ou tyd, in Joël se tyd, oorlog gevoer is.
Hulle het
aangekom oor die berge, soos waens wat ratel.
Soos ’n
digte wolk wat voor die son inbeweeg, dat dit skoon donker word.
Hulle kom
nader soos ’n veldbrand.
Dit het
geklink soos knetterende vuurvlamme.
Hulle is
soos ’n leër soldate opgestel in slagorde.
Hulle word
vergelyk met soldate wat ’n stad inneem.
Joël sê:
hulle klim oor die muur, hulle stroom die stad binne.
Hulle klim
in alle huise.
Hulle kom
deur die vensters soos diewe.
En die
uitwerking bly nie onsigbaar nie.
Waar hulle
nog nie was nie, lyk die veld pragtig.
Maar as
hulle verby is, was dit soos ’n veldbrand.
Alles
afgevreet tot op die grond.
Almal, sê
Joël, smag en roep tot God.
Mens en
dier.
Ook in die
stad Jerusalem heers ’n noodtoestand.
Die
voedselvoorrade wat hulle nog net betyds vir die sprinkane kon wegsteek, begin
uitgeput raak.
Mens en dier
begin sterf van honger en dors.
As gevolg
van die massale veesterfte kan geen offers meer gebring word nie.
Die
tempeldiens kom noodgedwonge tot stilstand.
Nie net die
boere ly nie, die stadsmense net so veel soos die plattelanders.
Ryk en arm,
belangrik en onbelangrik, almal word getref.
’n Nasionale
noodtoestand.
Versekeringsmaatskappye
raak bankrot.
Broers en
susters, u begryp hooplik teen hierdie tyd, die feit dat Joël hierdie opgeskryf
het, en die feit dat dit in die Bybel staan, nie toevallig is nie.
Dit was ’n
historiese ramp wat God se volk getref het.
(Tema: In die
alledaagse lewe klink God se oproep tot bekering
1 Die
sprinkaanplaag)
2 God se oproep tot bekering
Wat Joël
hier beskryf, kon waarskynlik iedereen in Jerusalem toe vir jou vertel.
Dit was die
nuus van die dag, waaronder ieder en elk gebuk gegaan het.
Maar wat is
nou eintlik die spesiale van Joël se boodskap?
Die
spesiale, eintlik skokkende, van sy boodskap, is wat mens lees in hfst 2:11:
“die HERE
verhef sy stem voor sy leërmag uit; want geweldig groot is sy leër, ja, magtig
die uitvoerder van sy woord. Want die dag van die HERE is groot en uitermate
vreeslik, en wie kan dit verdra?”
Die
skokkende van hierdie uitspraak is dat die sprinkaanplaag hier beskryf word as
die leër van God.
HY het hulle
gestuur.
In hierdie
natuurramp klink dus SY oproep tot bekering.
Hfst 2:1:
“Blaas die besuin op Sion”.
Dit was toe
die alarmsirene.
Die sirenes
het begin loei sodra die wagte die wolke sprinkane sien aankom het.
Maar nou sê
Joël: blaas nog ’n tweede keer die basuin!
Laat die
sirenes weer loei.
Nie dat daar
weer ’n wolk aankom nie.
Die kwaad
het klaar geskied, die sprinkane het reeds alles verwoes.
Maar tog,
blaas WEER die basuin.
Hoekom?
Omdat mense
moet besef dat die sprinkane deur God gestuur is.
Hy wil dat
daar bekering kom.
Roep almal
saam vir ’n vasdag, ’n dag van boetedoening.
Roep ’n
biddag uit.
As hierdie
ramp van God gekom het, en ons steur ons nie daaraan nie, wat sal ons dan nog
verder te wagte staan?
Gemeente,
Joël se boodskap is gedurfd.
Om vir die
volk, vir die priesters en skrifgeleerdes te sê: hierdie is ’n straf van God!
In hierdie
toestand van ellende het hulle nie gewag op so ’n boodskap nie.
Hulle het
hom dalk verwytend gevra: wat is jou godsbeeld?
’n God wat
sulke wrede dinge doen?
Hoe kan jy
so ’n godsbeeld hê?
Maar Joël
kan nie anders nie.
God self
stuur Hom.
Die lewende
God wat sy regverdige strawwe uitdeel.
Die mens kan
maar beter swyg.
Ook vandag
kan mense ons kwalik neem as ons hulle met die Bybelse godsbeeld benader.
Wie leef vandag
nog met die besef dat hy binnekort voor God se regterstoel sal moet verskyn?
Waar is die
vrees vir God?
Waar is nog
die besef dat ’n sondige lewe ons in die hel gaan bring?
Joël kon nie
anders nie.
God se eie
stem dryf hom.
God wys die
oorsaak van die ellende aan.
En sy
boodskap is: ook noudat Hy so ’n ramp gestuur het, klink sy stem:
Bekeer jou
met jou hele hart.
Skeur jou
hart en nie jou klere nie.
Uiterlike
tekens van berou is vir God nie voldoende nie.
Jy kan God
nie met ’n halwe hart dien nie.
Jy kan hom
nie net uit fatsoen dien nie, terwyl jy eintlik vir jouself lewe nie.
Jy kan God
nie met slim redenasies om die bos lei nie.
Mooi
liturgiese gebruike sonder opregte berou help niks nie.
Soos Joël
aan die mense voorgehou het:
Julle het
meer as genoeg seremonies.
Julle skeur
julle klere, maar ondertussen kom daar nie ’n skeurtjie in julle hart nie.
Geen enkele
opening nie.
Klere skeur
het net sin as dit voortkom uit ’n opregte hart.
Jou oë sluit
en jou hande vou in die kerk help net as jy regtig saambid.
As daar
vanaf die kansel vir vergewing gebid word, dat jy in jou hart dieselfde vir God
vra.
As jy tydens
die gebed hier in die kerk oor ander dinge sit en droom, dan is jou gebed
verwerplik vir God.
Ons is
bevoorreg om God se woord elke week te hoor.
Elke dag
daaruit te kan lees.
Ons is bewus
daarvan hoe Hy die wêreld regeer.
Hoe Hy ons
lewe verlos.
Hoe Hy ons
lewe sin en perspektief gee.
Maar helaas,
net soos in die dae van Joël, gebeur dit ook vandag dat kinders van God,
kerklede, vir jare lank die stem van God hoor, maar dat dit vir jare lank ook soos
water van ’n eend se rug afgly.
Joël se
boodskap is dan duidelik.
God is
genadig, en het ontsettend baie geduld.
Maar Hy hou
nie daarvan as mense op die draad bly sit nie.
Hy, die Verbondsgod,
bly nie net van veraf staan en toekyk nie.
Hy oorlaai
ons met seëninge, met gesondheid, welvaart, reën, oeste, inkomste.
Maar Hy is
ook naby met sy straf, as dit nodig is.
Wat dink u
oor ’n pa wat heeltyd net dreig, maar nooit regtig straf nie?
Kinders wat
so ’n pa of ma het, raak later onbeheerbaar.
So ’n pa is ons
hemelse Vader nie.
Sy roepstem
klink, en Hy plaas ons voor ’n keuse.
En Hy wag
nie vir ewig nie.
Daar kom ’n
dag dat Hy straf.
En dan is
dit ook ’n egte straf.
Die volk in
die dae van Joël het dit geweet.
As God se
dag van straf aanbreek, sorg dat jy ver weg kruip.
Soos die
profeet Maleagi sê:
“wie kan die
dag van sy koms verdra? En wie kan standhou as Hy verskyn? Want Hy sal wees
soos die vuur van die smelter ens oos die loog van die wassers. En Hy sal sit:
’n smelter en reiniger van silwer, en Hy sal die seuns van Levi reinig en hulle
louter soos goud en soos silwer, sodat hulle aan die HERE in geregtigheid ’n
offer sal bring.” (Maleagi 3:2-3)
So kan God
sy kinders volledig tot stilstand bring.
En dan klink
sy oproep tot bekering des te indringender.
Soos iemand
eens gesê het:
In voorspoed
fluister God tot ons. In teëspoed roep Hy tot ons.
Hy skreeu,
en dwing ons om na te dink oor die doel van ons lewe.
Hy forseer
ons om vir redding te soek.
Met ’n
gebeurtenis soos hier deur Joël beskryf, druk Hy sy volk met die neus op die
feite.
Eintlik is
Hy genadig.
In die
alledaagse lewe klink sy oproep tot bekering.
In die
gewone dinge, in vreugde en welvaart.
Maar as ons
blind bly, roep Hy des te indringender met teenspoed, met rampe.
God is
genadig en barmhartig.
Ook as Hy
mense in die nood laat beland.
Ons as mense
is soms baie hardhorend.
Ons kan vir
jare in die kerk sit, altyd God se Woord hoor, en tog nooit werklik tot
bekering kom nie.
Ongelukkig dit
ook, dat sommige kerke afvallig raak, dat sommige predikante nie meer die Woord
van God se beloftes, bevele en bedreigings vanaf die kansel verkondig nie.
Sodat mense
in hulle gehoor gestreel word, met die gevolg dat hulle die lewende God se stem
nog nouliks hoor.
En dan soms
besluit God om te straf.
Met elke
straf het Hy ’n bedoeling, pedagogies, opvoedkundig, vaderlik gesproke.
Hy straf sy
kinders nie in die eerste plek uit vergelding nie.
Daarvoor is
sy strawwe eintlik te mild.
Straf uit
vergelding het slegs Jesus meegemaak.
God straf
óns sodat ons nader aan Hom kom.
Net soos Hy
ons seën om ons nader by Hom te bring.
Seën of
straf, op die regte tyd kies Hy vir die regte ding.
Hy moedig
jou aan om tot Hom te vlug.
Iemand wat
met ’n gebroke hart tot Hom vlug, sal altyd gehoor word.
God sal Hom
altyd laat vind.
God het ons
geskape met ‘n eie wil.
As jou
sterfdag vandag gekom het, en jy het nie die regte keuse gemaak nie, is dit wel
te laat.
Die mens is
nie net ’n robot deur God geprogrammeer nie.
As dit so
was, dat sou God onregverdig wees as Hy sou toelaat dat sommige mense verlore
gaan.
As mens het
jy jou verantwoordelikheid.
In die
alledaagse lewe klink sy oproep tot bekering.
Dis die tema
van hierdie preek.
In die mooi
dinge wat jou pad kruis, maar ook in die rampe, siekte, gemis, noem maar op.
Was Joël se
boodskap hard, te hard vir die mense, naamlik dat die sprinkane van God af
gekom het?
Moes hulle
dit hoor, op ’n stadium dat hulle agterlaat is met letterlik niks nie?
Die
sprinkaanplaag van die HERE?
Ja,
inderdaad, die was die dag van die
HERE.
Vir sommiges
was dit inderdaad te laat.
Maar vir
baie was dit betyds.
Die oproep
was dringend en ernstig.
Vir hulle
was daar nog genadetyd.
Hulle kon
Joël se boodskap nog hoor en dit op hulle laat inwerk.
Kom ons maak
gebruik van God se genade.
Deur die
prediking van die Evangelie trek Hy aan jou.
Maar ook in
die alledaagse lewe, bemoei God Hom met jou.
Met sy seën,
maar ook met sy straf.
Agter alles
is ’n bedoeling.
Probeer dit
raaksien, wees daarvan bewus.
Dit sal jou
help om in teëspoed geduldig, en in voorspoed werklik dankbaar te wees.
En vir die
toekoms vas op God te vertrou.
Niks of
niemand kan ons van sy liefde skei nie.
Amen.
(kyk in preek)