Vertel aan die mense, dat Jesus leef

Predikant: 
Ds PG Boon
Gemeente: 
Maranata
Datum: 
2014-04-27
Teks: 
Matthéüs 28 : 1-15
Preek Inhoud: 

PRETORIA-MARANATA, 27 April 2014 AD, 10:15

Liturgie:

Votum

Seën

Ps 68.1

Wet

Ps
119:28,29

Gebed

Skriflesing:
Mattheüs 27.57-28.20

Ps
66.1,2

Teks:
Mattheüs 28.1-15

Preek

Ps
66.7,9

Gebed

Kollekte

Ps
68.9,13

Seën

Preek: Mattheüs 28:1-15

Ons het vanoggend
twee teenstrydige verhale gelees.

Ons sal in
die preek na albei van hulle kyk.

En aan die
einde van die preek, sal ek vra dat u, dat jy ’n keuse maak.

Watter een
gaan jy kies?

Watter een
gaan jy vir die mense vertel?

Wat glo jy
self?

Tema: Vertel aan die mense, dat Jesus leef

1 Die getuienis van die vroue

2 Die gerug van die soldate

1 Die getuienis van die vroue

Die
geskiedenis van Jesus se opstanding begin met dieselfde persone wat by sy
begrafnis betrokke was.

Twee vrou
met dieselfde naam:

Maria
Magdalena en die ander Maria.

Hulle was
die eerste oogetuies van Christus se opstanding.

In daardie
tyd het die ooggetuie verslag van ’n vrou nie as deurslaggewend getel nie.

’n Vrou kon
nie in die hof getuig nie.

Maar God het
in sy raadsplan Hom nie daaraan gesteur, wat mense as polities korrek of nie
beskou het nie,

en HY het
hierdie twee vroue, wat tot op die laaste hulle Heiland trou gebly het, die
eerste ooggetuies van sy opstanding gemaak.

Nie dat
hierdie vrou dit verwag het nie.

Ook hulle was
maar kleingelowig, net soos die dissipels en ander mense.

Nadat Jesus
aan die kruis gesterf het op Vrydagmiddag, het hulle speserye en mirre gereed
gemaak om sy gestorwe liggaam daarmee te behandel.

 

Maar toe
hulle by die graf aankom, het dit tot hulle verbasing agterkom dat hierdie
produkte oorbodig was.

Wat hulle
daar as ooggetuies meegemaak het, was asemrowend.

Mattheüs
skryf van ’n groot aardbewing as gevolg van die feit dat ’n engel van God uit
die hemel aangekom het.

Die engel
het na die grafsteen gegaan, dit opsy gerol asof dit glad nie swaar was nie, en
het toe daarop gaan sit.

Hoe die
engel presies gelyk het, word nie beskryf nie.

Wel lees ons
dat sy uiterlik baie indrukwekkend was.

Vergelykbaar
met hoe indrukwekkend ’n weerligstraal is.

En sy klere
was so wit soos sneeu.

Geen wonder
dat die wagte so geskrik het.

Hulle het
gebewe en soos dooies geword, verstyf van angs.

’n Bietjie
later, in die twee punt van die preek, gaan ons by hierdie wagte terugkom.

Nou fokus
ons eers op die vroue.

Die vroue het
dus, net soos die soldate, die wagte, dit alles sien gebeur.

Die engel
het met hulle begin praat.

Ons weet uit
die ander evangeliebeskrywings dat daar ondertussen meer vroue by die graf
aangekom het, wat hierdie asemrowende dinge ook meegemaak het.

Wat het die
engel eintlik gesê?

In die
eerste plek het hy die vroue gerusgestel.

Hulle hoef
nie bang te wees nie, in teenstelling tot die soldate, wat alle rede gehad het
om bang te wees.

Daarna het
die engel duidelik gemaak dat hy goed op die hoogte is oor hoekom hulle na die
graf gekom het.

Naamlik om
die liggaam van die gekruisigde te behandel.

Maar, en so
het hy vervolg, dit was nie meer nodig nie.

Want Hy het
opgestaan.

Het hulle
dan nie onthou, dat Hy dit al in Galilea voorspel het nie?

Dink aan wat
in Mattheüs hfst 20 staan (vers 18-19).

Jesus het
vir sy dissipels gesê toe hulle nog in Galilea, ver weg van Jerusalem af was:

“Kyk, ons
gaan op na Jerusalem, en die Seun van die mens sal oorgelewer word aan die
owerpriesters en skrifgeleerdes; en hulle sal Hom tot die dood veroordeel en
Hom oorlewer aan die heidene om Hom te bespot en te gesel en te kruisig; en op
die derde dag sal Hy opstaan.”

Hy kon dit
nie duideliker gesê het nie.

Dis net,
hulle het dit nie so begryp nie, want aan die moontlikheid dat Hy tereggestel
sou word, daaraan het hulle nie eers gedink nie.

Hulle het
almal daarvan uitgegaan dat Hy koning sou word, en dat Hy dus sou oorwin.

Maar die
engel het die vroue aan die Here Jesus se eie woorde herinner.

 

Vervolgens
het die engel die vroue die geleentheid gegee om sy boodskap te kontroleer.

“”Kom kyk na
die plek waar die Here gelê het” (vers 6).

Die plek was
leeg.

Ons weet uit
die ander evangelies dat die lykdoeke nog daar gelê het, waarskynlik in die
vorm van ’n liggaam, omdat die liggaam as’t ware daaruit gekruip het.

Van diefstal
was daar onmoontlik sprake.

’n Lyk kon
iemand onmoontlik op die manier uit die lykdoeke gehaal het.

Deur die
vroue se koppe het waarskynlik 101 gedagtes gemaal.

Maar die
engel was haastig, en het dadelik aangegaan.

Luister,
dames, gaan haastig en sê vir sy dissipels:

Hy het
opgestaan uit die dode en gaan voor julle uit na Galilea.

Daar sal
julle Hom ontmoet.

Dit was, het
die engel gesê, die boodskap wat ek vir julle moes kom bring.

 

Die vroue
het toe, aan die een kant bevrees, maar aan die ander kant oormeester deur ’n
ongekende blydskap, direk die pad gevat.

Hulle het
nie geweet wat hulle oorkom nie.

Hulle het
hulle hierdie dag, hierdie Sondag, die eerste dag van die week, totaal anders
voorgestel.

Maar ineens
was al die mirre en salf en spesery nie meer nodig nie.

Hulle het
vergete daar voor die graf gestaan.

Vandag sou
daar geen trane van verdriet meer vloei nie.

Vandag sou
hulle nie in ’n somber grafkelder deurbring nie.

Vandag sou
daar ander take op hulle wag.

God het vir
hulle nou ander werk gehad.

Hulle moes
gaan vertel wat Hy hierdie oggend gedoen het!

En hulle
moes vinnig en voortvarend handel.

Hierdie nuus
moes sou gou moontlik versprei word.

 

Ja,
gemeente, die tye het verander.

Vroeër het
die Heiland soms gesê: moenie dit vir die mense vertel nie.

Toe Hy die
dogtertjie van Jaïrus opgewek het, het die wonder vir die massas in
onduidelikheid gehul gebly.

Het sy net
geslaap of was sy regtig oorlede?

 

 

Net haar
ouers en drie van die dissipels het geweet wat daar in daardie kamertjie gebeur
het.

Asemrowend!

Maar Jesus
se advies was duidelik:

Moenie dit
vir die mense vertel nie.

Markus 5:43,
daar lees ons: “En Hy het hulle met nadruk beveel dat niemand dit moes weet
nie”.

Dit het ook
gegeld vir ’n melaatse man, wat deur Jesus genees is.

Ook aan hom
was Christus se advies duidelik:

“Pas op dat
jy dit aan niemand vertel nie” (Mattheüs 8:4).

Moenie met
die mense hieroor praat nie.

 

Maar nou het
die tye dus verander!

Destyds mog
die wonders nie uitgebasuin word nie.

Nou wel.

Destyds wou
die Heiland nie dat die mense Hom tot wonderkoning sou kroon nie.

Sy weg na
die troon moes eers voer deur ’n diep dal.

En dit het
die mense nie besef nie.

Hulle het
ook nie ’n oor daarvoor gehad nie, selfs nie sy dissipels nie.

Hulle het nie
daarvan gehou as Jesus oor lyde en sterwe praat nie.

Hulle wou
net van die suksesstorie hoor, en daarby behoort.

Daarom die
op eerste gesig rare advies van ons Heiland: moenie dit vir die mense vertel
nie!

 

Maar nou het
die tye dus verander.

Nou het Christus
opgestaan uit die dood.

Nou is alles
anders.

Nou kan die
berig nie gou genoeg die wêreld oor gaan nie.

Dis hoekom
die engel haastig was.

Gaan
haastig, vertel vir sy dissipels, Hy het opgestaan uit die dode.

Ja die tye
het nou verander.

En daarom:
vertel aan die mense, dat Jesus leef.

 

Die vroue
was nog maar net op pad, toe Jesus self daar aankom om die berig self te
bevestig.

Hulle het
nog maar net bygekom van hulle eerste skrik.

Hulle wange
was nog maar nie eers droog van die trane van verdriet, wat hulle die afgelope
dae die vrye loop gegee het nie.

Hulle was
nog maar net op pad – vyf minute, tien minute? – toe jesus hulle persoonlik
tegemoet kom.

Aan die een
kant was dit so gewoon.

Hy het hulle
gegroet net soos altyd: ‘Wees gegroet!’

Maar ander
die ander kan so ontsagwekkend anders.

Want hierdie
Here het nou aan die ander kant van die graf gestaan.

Aan die een
kant so gewoon.

Net soos
altyd het hulle voor Hom gekniel, sy voete gegryp.

Maar aan die
ander kant so ontsagwekkend anders.

Was dit dalk
die skrikreaksie wat hulle laat flouval het?

Hulle het sy
voete gegryp, wat koud en dood was, maar nou weer warm en lewendig.

Sy voete met
die wonde van die kruis nog daarin.

Meer as ooit
het hulle Hom aanbid.

 

Ook Jesus
het, net soos die engel, vriendelik en gerusstellend gepraat.

Moenie bang
wees nie.

En Hy het
die bevel wat die engel, sy boodskapper, nounet aan hulle gegee het, weer
herhaal.

“Gaan heen
en vertel my broeders dat hulle na Galilea moet gaan; en daar sal hulle My
sien” (vers 10)

Ja Jesus
noem hulle sy broers.

Hy die
verheerlikte, skaam Hom nie om ons sy broers en susters te noem nie.

Gaan vertel
dit aan my broers.

Gaan vertel
dit nie net aan hulle nie.

Vertel dit
aan alle mense.

Vertel aan
alle mense, dat Ek leef!

 

(Tema:
Vertel aan die mense, dat Jesus leef.

1 Die
getuienis van die vroue)

 

2 Die gerug van die soldate

In die verse
11-15 kom Mattheüs terug op die wagte, die soldate, wat so verskriklik geskrik
het.

En tereg
ook, want mens sien nie elke dat ’n blinkende engel wat met ’n aardbewing sy
opwagting maak nie.

Hulle het
soos dooies geword.

Totaal
lamgeslaan van skrik.

So het hulle
waarskynlik ’n rukkie gelê.

Hulle het
gesien hoe die engel die groot ronde klip asof dit ’n veertjie is, aan die kant
rol.

Die lyk was
hulle moes bewaak, het hulle toe gesien die graf verlaat, lewend en skitterend.

Hulle oë het
nie geweet wat hulle sien nie.

Alles wat
die engel vir die vroue gesê het, het hulle ook gehoor.

Daarna het
hulle soos gekke na die stad gehardloop om aan hulle opdraggewers, die owerpriesters,
te vertel wat gebeur het.

Hulle was
veels te bang om na Pilatus te gaan.

Ja want
hulle was deur Pilatus beskikbaar gestel om in opdrag van die owerpriesters die
graf te bewaak.

Die
owerpriesters, die Sanhedrin, was bang dat die dissipels die liggaam van hulle
oorlede Rabbi sou wegneem, verduister en dan vertel dat Jesus uit die dood
opgestaan het.

Dit was
naamlik algemeen bekend onder die volk dat hierdie Jesus wel ander mens lewend
gemaak het uit die dood.

Die
owerpiesters was doodsbenoud dat daar weer ’n volksoploop sou onstaan, soos wat
onlangs gebeur het met die opwekking van Lasarus.

Toe het die
mense in ellelange rye gestaan by Betanië naby Jerusalem, nie net om Jesus te
sien te kry nie, maar ook om vir Lasarus te kan sien, wat uit die dood deur
Jesus teruggeroep is.

Baie Jode
wat gekom het om hom te bewonder, het daar ter plekke tot geloof gekom.

Dit het so
erg geword – vanuit die oogpunt van die owerpriester welteverstaan – dat hulle
bymekaar gekom het, onderling beraadslaag het om Lasarus op ’n manier om die
lewe te bring, net om hierdie volksoploop te beëindig.

En hierdie
selfde owerpriesters en nou weer oorgegaan op soortgelyke metodes.

Ook nou wou
hulle iets totaal ongehoords, hierdie wonder, in die doofpot stop.

Ook nou het
hulle weer ’n massale volksoploop gevrees, noudat hulle die berig ontvang het,
dat Jesus leef!

Hoe is dit
moontlik?

Wie het dit
gedoen?

Sou Hy dan
tog die Messias wees?

Nee, het
hulle direk die gedagte verdring.

Dit MAG NIE
WAAR WEES NIE.

Dit MAG NIE.

DIT mag nie.

O wee ons!

O wee die
volk!

Jesus is
terug!

En daarom
dat hulle onmiddelik ’n dringende advies aan die soldate gee:

Vertel aan
die mense, julle moet sê, dat ...

sy dissipels
in die nag gekom het en Hom gesteel het, ...

en ... o ja,
ons het toe gelê en slaap.

Ja ons het
toe gelê en slaap.

Regtig waar!

Vertel DIT
aan die mense.

En..., hier
is vir elkeen van julle ’n sak geld.

Maak daarmee
wat julle wil, dis alles julle s’n.

Regtig waar,
dis BAIE geld.

Vat dit
saam.

Solank julle
net vir die mense vertel, dat Jesus ... NIE leef nie.

En, o ja,
ons al die saak in orde maak met die goewerneur, het die Sanhedrin hulle
versekering gegee.

Want vir ’n
Romeinse soldaat wat op sy wag geslaap het, was daar net een straf, en dit was
die doodstraf.

 

Agteraf
bekyk was die leuen nogal baie deursigtig.

Die soldate
het skynbaar geslaap toe die dissipels die lyk saamgevat het.

Hoe het
hulle dit dan geweet?

Het hulle
met hulle oë oopgeslaap?

Of het hulle
toevallig wakker geword toe die dissipels besig was om Hom uit die graf uit te
dra?

Hoekom het
hulle die dissipels dan nie agtervolg nie?

Hulle kon
hulle seker wel ingehaal het, seker as die dissipels ’n hele liggaam moes
saamdra?

Jy weet, so
gaan dit maar, geld maak reguit wat krom is.

Met baie
geld is dit nie moeilik om ’n ooreenkoms te bereik, waarmee beide partye
tevrede is nie.

Die
Sanhedrin het inderdaad baie geld gehad.

’n Paar dae
daarvoor het hulle nog vir Judas Iskariot omgekoop, om Jesus te verraai.

Nou swaai
hulle weer met hulle tjekboek, by wyse van spreke.

Soms kos dit
baie geld om die waarheid in toom te hou.

Om die
waarheid aan bande te lê.

Vertel maar
aan die mense ...

ja vertel
aan die mense ...

wel, dit
maak eintlik glad nie saak WAT julle vertel nie, as julle maar net nie aan die
mense vertel dat Jesus leef nie.

En Mattheüs
vermeld dan:

“en hierdie
verhaal is versprei onder die Jode, tot vandag toe.” (vers 15)

 

Geliefde
gemeente, ons is nou in die Paastyd.

Vir amper
tweeduisend jaar al word elke jaar opnuut weer die fees van die opstanding van
Christus gevier.

En vandag
wil ek vir u vra.

Wat gaan u
aan die mense vertel?

Welke
verhaal glo jy self?

Tot vandag
toe is daar twee verhale.

Die
getuienis van die vroue, aangevul met die getuienis van die dissipels, aangeval
met die getuienis van alle ooggetuies wat Jesus gesien, gehoor en gevoel het
die veertig dae tot en met sy hemelvaart, in totaal meer as vyfhonderd mense.

Of glo jy
die gerug van die soldate.

Die gerug
het deur die eeue verskillende vorme aangeneem, afhangende van die feit of dit
uit die mond van die Jode gekom het, of dalk moslems, of dalk liberale teoloë,

maar in
feite bly dit dieselfde gerug: Jesus het nie opgestaan nie.

Laat daar
nog een ding oor hierdie twee verhale gesê word.

Sê nou maar
die gerug van die soldate sou die korrekte weergawe wees, en die getuienis van
die vroue en dissipels ensovoorts net wensdenkery,

dan is dit
wel uniek vir die wêreldgeskiedenis dat so ’n misverstand vir twee duisend jaar
dit vol kan hou, en die einde is nog nie in sig nie.

Want nog
steeds wy mense hulle lewe aan die opgestande Christus.

In die
twintigste eeu was daar meer mense wat christen geword het as in enige
voorgaande eeu.

Van geslag
op geslag gaan dit verder.

Hoe is dit
moontlik, as dit alles net op ’n misverstand berus?

Ek weet nie.

Ek weet net
dat deur die eeue heen miljoene mense hulle lewe aan Christus gewy het, en dat
hulle getroos gelewe en gesterf het, in die geloof van die opstanding van die
liggaam.

Dit op sig
is ’n wonderwerk.

Dit is God
se werk op aarde, deur sy Seun, die opgestane Heiland.

 

Nogmaals
stel ek die vraag.

Wat glo u
self?

En wat gaan
u aan die mense vertel?

Vertel aan
die mense, dat Jesus leef!

Ek sluit af
met Jesus se eie woorde (vers 20):

“En kyk, Ek
is met julle al die dae tot aan die voleinding van die wêreld.

Amen.”

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Liturgie: 

(kyk in preek)