PRETORIA-MARANATA
& PRETORIA, 25 Desember 2014 AD, 9:30
Voorsang: Sb 5:1,2
Votum
Ps 2.1,2
Gebed
Skriflesing: Numeri 24
Ps 83.1,3,4
Teks: Numeri 24:17
Preek
Ps 2.3,4,6
Gebed
Geloofsbelydenis (lees NGB art. 17 & 18)
Sb 2:1,2,4,5
Kollekte
Sb 3.1,2
Seën
Preek: Numeri 24:17
In hierdie
dae rond Kersfees ontvang die wyse manne uit die Ooste weer die nodige aandag.
Mens sien
prentjies van meestal drie ryk en vername manne, op die rug van hulle kamele,
en saam met hulle dra hulle kosbare geskenke vir die Messias.
Ons ken
hierdie geskiedenis waarskynlik goed.
Hoe hulle
die ster gevolg het rigting Judea, hoe hulle eers in Jerusalem navraag gedoen
het, en hoe hulle uiteindelik in Betlehem aangekom het.
Die wyse
manne word dikwels as helde vereer.
Hulle het
die Messias eer bewys nog voordat God se eie volk dit gedoen het.
Tog moet ons
nie vergeet wie hierdie manne eintlik was nie.
Dit was nie
aan hulleself te danke, dat hulle die Here Jesus kom vereer het nie.
Self was
hulle magiërs, oftewel waarsêers, in Afrika sou ons sê sangoma’s, toordokters.
Onder andere
deur die bestudering van die sterre het hulel probeer om kontak met die gode te
maak.
So het hulle
probeer om die toekoms te voorspel.
Selfs om
indien moontlik die gode te manipuleer.
Daarom pas
nie soseer bewondering vir die wyse manne uit die Ooste nie, maar eerder
bewondering vir God.
Wat hulle
as’t ware aan hulle nekvel beetgepak het en gelei het na die grootste wonder
van die wêreld.
Nou gaan die
preek vanoggend oor ’n gebeurtenis, baie eeue vroeër, maar wel met baie
ooreenstemming.
Want ook
Bileam was ’n wyse man uit die Ooste, of beter gesê, ’n waarsêer uit die Ooste.
Bileam is
ingehuur deur Balak, die koning van Moab.
Maar as mens
dit van nader bekyk, blyk ook hier dat God ’n waarsêer uit die Ooste as’t ware
by sy nekvel beetgepak het en na die beloofde land gelei het,
om slegs dit te doen wat Hy in gedagte
gehad het.
Tema: Die Engel van die HERE laat Bileam profeteer oor sy eie koms
Die
Israeliete was op hierdie oomblik met hulle laer opgeslaan ten ooste van die
Jordaan, naby ’n bekende oorsteekplek van hierdie rivier by Jerigo.
Probeer
bietjie indink watter indruk dit op die inwoners van daardie gebied gemaak het.
Sê nou maar
daar sou iets volledig mis gaan in Mosambiek, en in ’n maand se tyd sou
miljoene mense hier in Suid-Afrika instroom.
Geen wonder
dat die bevolking, sowel oos as wes van die Jordaan, vervul was met skrik en
bewing.
Soos daar in
Exodus 15 al voorspel is:
“bewing het
die magtiges van Moab aangegryp. Al die inwonders van Kanaän het gebewe.
Verskrikkng en vrees het op hulle geval...” (v15-16)
Van al
hierdie volke het op daardie oomblik die Moabiete die mees bedreigd gevoel.
Baie logies.
Want die
volk Moab het kort daarvoor nog die onderspit gedelf teen Sihon die koning van
Hesbon.
Dit was die
Amoriete.
Daardie volk
het daarin geslaag om ’n groot gebied van Moab se land in te palm.
En wat die
volk Israel nou?
Beter gesê:
wat doen die God van Israel?
Die Moabiete
het dit voor hulle oë sien gebeur hoe die God van Israel nie net die ryk van
koning Sihon, maar ook die magtige ryk van koning Og in een vlaag verslaan en
voor die Israeliete uit verdryf het.
Weg was
ineens die gevreesde Amoriete.
En nou het
Israel dus in die velde van Moab laer getrek.
Of meer
presies: in voormalige Moabitiese gebied, wat hulle dus afgestaan het aan die
Amoriete.
Die
triomfantelike uittog van Israel as bevryde volk uit Egipte op pad Kanaän toe
was vir die omliggende volke goed bekend.
Heel logies
dus dat die Moabiete met skrik en bewing dit sien gebeur het.
Die Engel
van die HERE het die volk gelei, en die skrik van die HERE het Hy op alle
omliggende volke laat val.
En wat doen
Balak, die koning van Moab, nou?
Balak is
slim, hy is ’n strateeg wat sy kans van slaag nugter bereken.
As dit vir
die God van Israel so maklik was om die Amoriete te verdryf, watter kans he ons
dan om Israel in ’n gewapende konflik te verslaan?
Geen katse
kans nie.
Nee, pleks
van ’n gewapende konflik kies Balak vir ’n ander aanpak.
Heel logies.
Vandag sien
mens dat hierdie soort strategiese afwegings nog steeds plaasvind.
’n Land wat
nie ’n skyn van ’n kans het om in ’n gewapende konflik die oorlog te wen nie,
wend hom tot ander middele.
Daar word
byvoorbeeld ’n oorlog in die media gevoer.
Met
propaganda word daar probeer om die publieke opinie te wen, of om
bondgenootskappe met ander magtige lande te sluit, en om so die gevaar van
vernietiging te ontloop.
Koning Balak
kies vir ’n baie duur troefkaart.
Maar een wat
wel beskou is as buitengewoon effektief.
Balak stuur
in totaal twee gesantskappe na Bileam.
En moet u
goed besef dat Bileam nie om die draai gewoon het nie.
Bileam was
’n wyse man uit die Ooste.
Die
delegasie van Balak moes minstens 600 km aflê om by hom uit te kom.
Waar het
Bileam eintlik gewoon?
Ons lees dat
Bileam te Petor by die Eufraat gewoon het (Num 22:5).
Ja Bileam
was ’n waarsêer uit die Ooste.
’n Baie
beroemde waarsêer.
En reken
maar dat ’n konsultasie, ’n afspraak met hom, sakke vol geld gekos het.
Maar Balak
was bereid om dit te betaal.
Hy was
bereid om baie te bied, as hy maar van hierdie volk Israel ontslae kon raak.
Balak se
bedoeling was dat die waarsêer Bileam ’n spreuk oor die volk Israel sou
uitspreek.
’n Spreuk
wat sê maar sou werk soos ’n slangbyt.
Verlam deur
die spreuk moest dit dan vir Balak en sy leër dan moontlik wees om Israel
sonder moeite uit die weg te ruim.
Wat opval in
hierdie geskiedenis is dat sowel Balak, die Moabiete, en ook Bileam goed op die
hoogte was wie Israel se God is!
En veral ook
dat Israel dit juis aan hulle God te danke gehad het dat hulle so ingehinderd
kon voorttrek.
Juis daarom
soek Balak nou sy heil by so ’n beroemde waarsêer uit die Ooste.
’n Waarsêer
wat kontak kan lê met die gode, wat die gode beter as enige ander mens ken.
Juis so ’n
waarsêer soos Bileam sou dan in staat moet wees om op een of ander manier
daardie sterk verbond tussen die volk Israel en hulle skynbaar so magtige God
te deurbreek.
Want dit was
wel duidelik.
Israel as
volk op sigself was nie so indrukwekkend nie.
Hulle geluk
het daarin gelê dat hulle ’n verbond gehad het met hierdie almagtige God.
En aan
Bileam die taak om op Balak se kostes hierdie verbond te kom deurbreek.
Gemeente,
mens proe hierin die oortuiging by hierdie heidene dat die een mens ’n ander
met ’n vloek kon tref.
Dat jy die vloek
of onguns van een of ander god oor iemand kon afroep.
As Christene
hou ons soiets dikwels vir onmoontlik.
So ’n
denkbeeld hoort tuis in die ryk der fabels, dink ons dan.
Dat ons so dink, is ’n rykdom op sig.
Want ook
vandag nog dink die meerderheid vna die aardbewoners nie so nie.
Maar is dit
nie juis danksy die kragtige verbond met die almagtige God dat alle ander gode
en hulle bedreigings soos mis voor die son verdwyn het nie – ook vir ons?
Tog waarsku
Paulus ons byvoorbeeld in 1 Korinthiërs 8 om nie te naïef te wees nie.
Inderdaad,
afgode bestaan glad nie.
Maar bose
geeste en demone bestaan wel deeglik.
En hulle kan
jou lewe binnedring juis deur die diens aan die afgode.
Dink dan nie
net aan afgode soos die afgode van vroeër, Baäl en Astarte, of die afgode van
die swartmense, die voorvaderaanbidding nie, dink ook die afgode van die
Westerse samelewing: verslawing aan alkohol, seks, dwelms, verslawing aan
sport, aan jou loopbaan, aan geld, aan skoonheid, iets wat op sigself goed is
as dit met mate gebruik word, maar wat beheer oorneem as dit ‘n verslawing
geraak het.
Voor jy weet
regeer God nie meer in jou lewe nie, maar die verslawing, dws die afgode, die
demone.
En so kan
mens Bileam ook ’n instrument noem in die hande van die demone, die bose geeste,
die trawante van die duiwel.
Daarvoor
waarsku die Here Jesus ons in Openbaring 2:14, waar ons lees:
“Maar Ek het
enkele dinge teen jou: dat jy daar mense het wat vashou aan die leer van Bileam
wat Balak geleer het om ’n struikelblok voor die kinders van Israel te werp,
naamlik om afgodsoffers te eet en te hoereer.”
Hier is,
eerlik gesê, dus veel meer aan die hand.
Dit gaan nie
net oor ’n geskil tussen Moab en Israel oor grondgebied nie.
Hier is ’n
stryd tussen God se Seun en die satan.
God se Seun,
Christus, in sy Ou Testamentiese verskyningsvorm, as Engel van die HERE, en die
satan, wat hier verteenwoordig word deur sy trawante, die demone en waarsêers.
Soos Paulus
later ’n keer sou sê:
Dit is ’n
stryd tussen die geeste in die lug.
’n Stryd wat
gaan oor wie invloed het op die volke.
En veral:
wie invloed het op daardie een volk Israel, deur God uitgekies om draer van sy
belofte te wees.
Die kos en
seks waarmee Balak Israel uiteindelik verlei het, was maar net die invalspoort
van die satan, om God se volk in sy greep te kry.
Net soos
verslawings vandag nie gaan oor die dinge op sig nie – kos, alkohol, geld,
loopbaan, skoonheid, dis almal dinge wat op sigself nie verkeerd is nie – maar
die satan en sy magte kan deur die misbruik daarvan mense in sy mag lok, en
reken maar dat hy dit baie graag met kerkmense wil regkry, net soos hy destyds
so graag God se eie volk Israel in sy mag wou kry.
Wie het
invloed op die volk deur God uitgekies en bestem om draers van die belofte te
wees?
Daar het ’n
hewige stryd gewoed, tussen die geeste in die lug, om seggenskap oor hierdie
klein volke wat daar gelaer was naby die Jordaanoewer.
Kom ons kyk
verder na die afloop van hierdie geskiedenis.
Dat mens nie
so positief moet dink oor Bileam as ’n wyse uit die Ooste, en ook nie oor die
wyses uit die tyd van Jesus te geboorte nie, blyk veral uit hierdie
geskiedenis.
Bileam was
’n waarsêer, iemand wat skynbaar met ’n heldersiende blik die toekoms kon
voorspel.
Maar in
hierdie geskiedenis sien mens hoe die Engel van die HERE die spot dryf met
hierdie sogenaamde heldersiendheid van Bileam.
Selfs die
donkie het beter oë as Bileam gehad!
Tot drie
keer toe moes die donkie Bileam red van die swaard van die Engel van die HERE.
Hoe ’n
vernedering was dit vir Bileam, moontlik in aanwesigheid van Balak se
gesantskap, toe die donkie hom op iets moes wys wat hy self nie gesien het nie.
Nou was dit
dus vir hulle duidelik dat Bileam nie kon gaan en staan net waar hy wou nie.
En dat
Bileam ook nie maar niet kon waarsê dit wat hy wou nie.
Bileam kon
slegs sê dit wat die HERE spreek.
Vir die res
is hy ’n blinde siener, nog blinder as sy donkie.
Hoeveel
sakke goud en silwer nie as beloning staan en wag het nie, Bileam was nie in
staat om die regie in eie hande te neem nie.
Met vaste
hand word hy deur die Engel van die HERE gelei.
Tot drie
keer toe het hy die volk geseën.
Die eerste
twee keer kon Balak sy eie ore waarskynlik nie glo nie.
Maar by die
derde keer was dit vir hom genoeg.
Pak jou goed
en trek, sorg dat jy wegkom.
Hiervoor het
ek jou nie ingehuur nie!
Hiervoor kry
jy nie ’n sent uitbetaal nie.
Maar hoe
Balak ook aangedring het, nog steeds het Bileam nie vertrek nie.
Om dit maar
so te sê: die Engel van die HERE het Bileam stewig aan sy nekvel beetgehad.
En ongevraag
kry Balak nog ’n vierde spreuk te
hore.
Hierdie
vierde spreuk gaan nog veel verder as die eerste drie.
Nie net
ontvang die volk Israel hier ‘n skitterende belofte nie.
Maar ook
word God se straf oor drie volke aangesê.
Hierdie
volke word by name genoem, waaronder dus in die eerste plek Moab!
Dit was ‘n
spreuk wat nie doekies omgedraai het nie.
En pas na
hierdie spreuk het Bileam omgedraai, sy donkie opgesaal, en die pad gevat terug
Ooste toe.
Vanoggend se
teks vorm die begin van die vierde spreuk.
Noudat God
self deur Bileam praat, is Bileam wel heldersiende.
In die verre
toekoms sien hy ‘n koning opstaan.
‘n Ster kom
te voorskyn uit Jakob; ‘n septer kom op uit Israel.
Hierdie twee
woorde, ‘n ster en ‘n septer, laat mens dadelik aan ‘n koning dink.
In daardie
tyd was dit heel gebruiklik om die koning ‘n ster te noem.
Ook vandag
het mens nog die gewoonte om beroemde persone te assossieer met ‘n ster aan die
hemel.
‘n Filmster,
of ‘n sportster, of ‘n popster, ensovoorts.
So sien
Bileam die ster van hierdie groot koning te voorskyn kom, in die verre toekoms.
“Ek sien
hom, maar nie nou nie, ek aanskou hom, maar nie naby nie”
Nie vir niks
lui die tema van hierdie preek.
Die Engel van die HERE laat Bileam profeteer oor sy eie koms.
In die verre
toekoms sien Bileam ‘n baie magtige koning in Israel opstaan.
Nou het ons
– agteraf gesien – die neiging om al die eeue tussen Bileam en die geboorte van
die Here Jesus uit die oog te verloor.
Tog moet ons
besef dat daar na hierdie spreuk van Bileam nog ruim duisend jare verby moes gaan,
voordat daar opnuut wyse manne uit die Ooste rigting die beloofde land gekom
het.
10 eeue
waarin die God wat met hierdie volk ‘n verbond gehad het, nie stilgesit het
nie.
Hierdie
profesie wat Bileam uitspreek, en wat die Engel van die HERE hom in die mond
lê, handel naamlik oor die tydperk van al hierdie eeue.
Dink
byvoorbeeld hoe hierdie profesie in koning Dawid ten dele ook al vervul is.
Ook Dawid
was ‘n ster wat uit Jakob te voorskyn gekom het.
Dawid se
septer het oor heel Israel regeer.
Meer nog, as
hier in ons teks staan dat Moab sy welverdiende straf sal ontvang, kan ons
veral dink aan Dawid se veldtogte teen Moab.
Dit was in
opdrag van God dat Moab gestraf is.
God het die
straf al hier via die mond van Bileam aangekondig.
Hierdie ster
verbrysel die slape van die hoof van Moab en werp al die oorlogsugtiges omver.
Hierdie
laaste sinsnede is moeilik om uit Hebreeus te vertaal.
‘n Beter
vertaling is volgens my pleks van “werp al die oorlogsugtiges omver”:
“verpletter die skedel van al die seuns van Set”.
Dit vorm ‘n
parallelisme met die eerste sinsnede.
‘n
Parallelisme is ‘n stylvorm waarby dieselfde in twee sinne gesê word, maar dan
op bietjie verskillende wyse.
Die
parallelisme hier lui dus:
Hy verbrysel die slape van die hoof van Moab, en hy verpletter die skedel
van al die seuns van Set.
Seuns van Set is dan sinoniem vir Moab.
Dit gaan
hier dus oor die toekomstige straf wat Moab sal ontvang.
‘n Straf, so
sien Bileam, wat in die toekoms sal
plaasvind.
Waarby ons
onder andere dink aan die veldtogte van Saul en Dawid.
En selfs nog
breër, as mens Balak en sy volk Moab hier sien in die hoedanigheid van
teenstanders van die koms van die Messias, dan dui dit ook op almal wat die
koms van die Messias teenstaan, hulle almal staan hierdie straf te wagte.
Bileam se
boodskap aan Balak was heeltemal duidelik.
Uit die volk
Israel sal ‘n magtige heerser opstaan, en wee jou gebeente as jy hierdie volk
hinder op hulle deurtog na die beloofde land.
Niet dat
hierdie volk op sig so iets besonders is nie.
Israel was ‘n
gewone volk, ook ‘n deur en deur sondige volk, net soos alle ander volke.
Dink vir ‘n
oomblik aan die beskamende geskiedenis wat volg in die volgende hoofstuk.
Israel se
afgodery by Baäl-Peor.
Die
eerlikheid gebied om te sê dat hierdie pragtige toekoms wat Bileam vir die volk
Israel voorspel, nie danksy maar eerder ondanks Israel waar geword het.
Dus nie
omdat Israel, die kerk van destyds, beter was nie.
As dit tot
‘n glorieuse toekoms vir Israel gaan kom, dan is dit nie aan Israel self te
danke nie.
Maar aan die
ster!
Al daardie
duisend jare wat nog moes volg voordat die ster van Betlehem verskyn het, al
daardie jare vorm een lang verhaal oor God se eindelose genade met die volk
Israel.
God se
liefde vir ‘n volk wat niks beter was as die ander volke nie.
“die HERE
jou God wou nie na Bileam luister nie; maar die HERE jou God het vir jou die
vloek in ‘n seën verander, omdat die HERE jou God jou liefgehad het.”
(Deurteronomium 23:5)
Mens vra
jouself soms af.
Hoekom het
God eintlik so baie geduld met die volk Israel gehad?
Hoekom het
God sy Engel so intens oor daardie volk die wag laat hou?
Hoekom het
die Engel van die HERE Hom soveel minder met ander volke bemoei, en was Hy
heeeltyd in die buurt van hierdie volk?
Gemeente,
die profesie uti Bileam se mond gee ons die antwoord.
Uit Israel
sou naamlik die ster te voorskyn kom!
Die ster wat
my sy septer die hele wêreld sou gaan regeer.
Hierdie ster
wat nie net vir Israel, maar vir die hele wêreld vrede sal bring!
Dit is wat
God se plan was.
En daarom
het Hy soveel geduld met Israel gehad, ter wille van die hele wêreld!
Die HERE
bewaar die sondige kerk vir ondergang.
Hy doen dit
met die oog op die heil van toekomstige geslagte.
Dit is dan
ook die boodskap uit die spreuk van Bileam.
Let op wat
die HERE doen!
Sy plan tot
heil van hierdie wêreld staan vas, en Hy voer dit uit.
Hy skakel
daarvoor ‘n gebrekkige en sondige volk in.
Hy skakel
daarvoor selfs wyse manne, ek bedoel waarsêers, uit die Ooste in.
Hy gebruik
hulle om ons aandag te rig op die ster.
Die ster van
Betlehem.
Die Engel van die HERE laat Bileam profeteer oor sy eie koms, sê die tema.
Die Seun van
God berei hier al, ruim duisend jaar voor
Kersnag, sy koms voor.
En as Hy dan
sover is om as baba gebore te word, en in doeke gewikkel te word en in ‘n krip gelê
te word, dan skyn daar ‘n ster bo Betlehem.
Tot meerdere
glorie van Hom.
Amen.
(kyk in preek)