PRETORIA-MARANATA, 24 Januarie 2016 AD, 17:30
Voorsang: Ps
10:1-3,8,10
Votum
Seën
Ps 31:1,2
Gebed
Skriflesing:
Jesaja 51:1-16
Ps 16:1,2
Skriflesing:
Romeine 8:31-39
Ps 16:3,4
Teks:
Heidelbergse Kategismus Sondag 1
Preek
Sb 10:2-6
Gebed
Geloofsbelydenis
(sing)
Kollekte
Ps 23:2,3
(2e beryming)
Seën
Preek: Heidelbergse Kategismus Sondag 1
As mens
iemand troos, doen jy normaalweg twee dinge.
In die
eerste plek laat jy blyk dat jy medelye het.
In die
tweede plek sorg jy dat die oorsaak van die verdriet weggeneem word.
As jy as
kind huilende die huis instorm omdat jy geval het, en jou hand byvoorbeeld vol
bloed is, dan wil jy getroos word.
In die
eerste plek dat jou mamma ook dink dat dit baie erg is, en dat sy jou
gerusstel.
Maar in die
tweede plek moet mamma ook iets daaraan doen.
Byvoorbeeld
‘n pleister plak, sodat die oorsaak
van die verdriet weggeneem kan word.
As mens ‘n
volwasse persoon troos, geld dieselfde.
In die
eerste plek laat sien dat jy medelye het.
Maar in die
tweede plek wil mens ook die oorsaak van die verdriet wegneem.
Nou is dit
nie altyd ewe maklik nie.
Sê nou maar
iemand het in ‘n motorongeluk albei sy bene verloor.
Of sê nou
maar iemand moes sy geliefde aan die dood afstaan.
Dan kan mens
in die eerste plek wel laat blyk dat jy medelye het.
Jy kan na
die verdriet luister, jy kan ‘n kaartjie stuur, jy kan daaroor praat, jy kan
probeer om die persoon op te beur.
Ja kan alles
doen om jy medelye te laat blyk.
Maar die
tweede aspek, die oorsaak wegneem, daarteenoor staan jy net so magteloos as die
persoon self.
En dit besef
almal ewe goed, al word dit nie altyd gesê nie.
Daarom is
die verdriet, die gemis ook so groot.
Die
gebrokenheid van hierdie wêreld, en die dood is iets wat ook volwasse mense nie
kan regmaak nie.
Mens kan 101
teorië ontwikkel oor hoe om die dood van ‘n geliefde te verwerk, hoe om met die
gemis, met die gebrokenheid verder te leef.
Maar die
troos bly wel beperk.
Mens besef
op sulke oomblikke dat daar ‘n ander troos nodig is.
Hoe
bevoorreg is ons nie dat ons hierdie ander troos ken, hierdie enigste troos in
lewe en sterwe.
Hierdie
troos wat nie net medelye toon nie, maar ook die oorsaak van die ellende
aanpak.
Dit is
waaroor die preek vanaand handel.
Tema: Die Christelike troos
-
My lewe is duur gekoop
-
My lewe het ‘n doel
-
My lewe is duur gekoop
Die kerkraad
het dit noodsaaklik gegag om weer by Sondag 1 van die Kategismus te begin.So gaan dit
al jare, beter gesê eeue.Die eerste
kategismuspreek is al meer as vier eeue gelede gehou.En nog
steeds gaan dit deur.Waarom
eintlik?Want in die
Kategismus kom die belangrikste onderwerpe uit die Bybel aan die orde.Dit is goed
as die belangrikste sake uit die Bybel reëlmatig in die eredienste aan die orde
kom.Vandaar die
prediking uit die Kategismus, en dit geld uitaard ook vir die prediking na
aanleiding van die ander belydenisgeskrifte, soos die NGB wat ons nou agter die
rug het, en die Dordtse Leerreëls.Die feit dat
die Kategismus met Sondag 1 begin, is nie toevallig nie.Want in
Sondag 1 gaan dit oor die belangrikste boodskap uit die Bybel.Mens kan dit
noem: die Christelike troos.Hierdie
onderwerp was in die 16de eeu, toe die Kategismus geskryf is, die belangrikste
boodskap van die Bybel, en dit is nog steeds so.Dit is dus
nie toevallig nie dat die Kategismus met die vraag begin: wat is jou enigste troos
in lewe en in sterwe?Ook in die
16de eeu was hierdie troos ‘n omstrede saak.As jy dit
wil verstaan, moet mens bietjie meer weet oor die leer van die Roomse kerk in
daardie dae.In daardie
tyd was daar naamlik meerdere Kategismusse.Trouens, dis
vandag nog steeds so.So was daar
byvoorbeeld ook ‘n Roomse Kategismus, wat genoem is die Kategismus van Trente.As dit oor
troos gaan, vertel hierdie kategismus iets heel anders as ons kategismus.Daar was nog
‘n ander Roomse kategismus, spesifiek geskryf in Nederland, deur ‘n Nederlandse
priester met die naam Martin Duncanus.Soos u dalk
weet, is die Heidelbergse Kategismus, hoewel dit in Duitsland geskryf is, ook
baie in Nederland gebruik.Die Roomse
priester Duncanus het toe ‘n eie sogenaamde Katolieke Kategismus geskryf om die
Heidelbergse oftewel Gereformeerde Kategismus te weerlê.Uit sy
Kategismus blyk dat hy nie saamgestem het met die enige troos van Sondag 1 nie.As daar in
Sondag 1 staan: daarom gee Christus my deur sy Heilige Gees ook sekerheid van
die ewige lewe’, skryf Duncanus daaroor in sy Kategismus:‘As daar
sekerheid omtrent die ewige lewe is, dan weet slegs God dit. Moenie voor die
tyd oordeel nie.’Dit wil sê,
sekerheid oor of jy gered word, kry jy nie hier op aarde nie.Ook al doen
jy jou hele lewe lank boete en goeie werke.Die rede
hoekom die Heidelbergse Kategismus dus met Sondag 1 begin, is omdat die
Gereformeerdes nie saamgestem het met die Roomse leer nie.Die Roomse
leer was: dit is juis vroom en ‘n bewys dat jy ernstig is oor die geloof, as jy
voortdurend twyfel of jy wel salig sal word.Maar, al was
dit die leer van die magtige Roomse kerk, dit was glad nie die boodskap van die
Bybel nie.En daarom
het die Heidelbergse Kategismus tot stand gekom.Om die
boodskap van die Bybel weer in ere te herstel in die kerk.Om die mens
weer die enigste egte troos te bied.Troos, dit
is die hoofdoel van die Kategismus.En dan nie
net die eerste aspek van troos – dat jy laat blyk dat jy medelye het nie.Maar ook
troos deur die oorsaak van die ellende weg te neem.Daaroor
handel Sondag 1.Wat is die
Christelike troos?Sondag 1
begin direk daarmee: dat ek, as mens, as volledige mens – siel en liggaam,die eiendom
is van Jesus Christus.Ek is nie
die baas oor my eie liggaam nie.Jesus
Christus is Baas oor my.Hy is my
betroubare Heiland.Heiland, dit
wil sê: die een wat my gesond maak.My
betroubare Dokter.Nou klink
dit dalk teenstrydig.Hoe kan dit
vir jou ‘n troos wees dat iemand anders jou Baas is?Dat jy nie
vry is om te doen wat jy wil nie?Dit klink
teenstrydig.Maar Sondag
1 help ons van ‘n illusie af.Die illusie
dat, as jy nie aan Jesus Christus sou behoort nie, dat jy vry sou wees.Want as ons
nie aan Hom behoort nie, dan sit ons in die mag van die duiwel.Hoe weet jy
of jy in die mag van die duiwel is?As jy sondig
is.En mense wat
dink dat hulle nie so sondig is nie, dat dit meeval, dat Christene dikwels
oordryf met al hulle klem op die sonde, sulke mense merk wel dat hulle sterflik
is.Die Bybel
leer ons dat die dood die gevolg is van die sonde.Elke mens is
‘n slaaf van die sonde, ‘n slaaf van die verganklikheid, ‘n slaaf van die ...
duiwel.Slaaf wees
beteken: jy kan nie ontsnap nie aan die feit dat jy sondig is, dat jy gaan
sterf.Dit geld vir
elke mens.Daarom kan
dit nie anders nie of Sondag 1 het ongekend goeie nuus vir elke mens!Sondag 1 sê
dat daar ‘n troos is in lewe en
sterwe.Daardie
troos is dat jy die eiendom mag wees van Jesus Christus.In
teenstelling tot die duiwel, wil Hy nie dat jy aanhou sondig, en dat jy
doodgaan nie.In
teenstelling tot die duiwel is Hy ‘n Heiland, ‘n Dokter.Hy wil dat
jy leef.Hy wil dat
jy bly is.Hy troos
jou, nie net met medelye, met die verwerking van jou verdriet nie.Hy bied ook
‘n oplossing.Hy verwyder
die oorsaak van die probleem.Ons het
vanaand ‘n gedeelte gelees uit Jesaja 51.Hierdie
gedeelte is gerig aan die volk Israel toe hulle in ballingskap was.Hulle was
verban uit hulle eie land en het as slawe in ‘n vreemde land gewoon.Hulle het
hulleself afgevra hoe hulle ooit getroos kon word.En dan nie
net troos in die sin van dat iemand medelye met hulle sou hê nie.Ook troos
deur die oorsaak van hulle verdriet weg te neem.Naamlik dat
hulle weer kon teruggaan na hulle eie land.Vir hulle sê
die HERE: Ek is dit wat julle troos!En wie is
jy?Jy is ‘n kind
van my.Hoekom is jy
dan bang?Hoekom is jy
bang vir mense?Ek, die HERE
jou Verbondsgod, is die Een wat hemel en aarde gegrondves het.Ek sal sorg
dat jy nie sterf nie.Jy sal nie
in die graf neerdaal, voordat jy jou eie land weer gesien het nie.Geliefdes,
leer die volgende uit hierdie gedeelte:Die HERE sê:
Ek is dit wat jou troos.Of anders
gesê: jou troos lê buite jouself.Op die
grootste en moeilikste lewensvrae bied God ‘n antwoord.Daarom het
ons ook Romeine 8 gelees.“As God vir
ons is, wie kan teen ons wees?” (vers 31)As God ons
troos, God wat nie net ‘n medelydende God is nie, maar ook die oorsaak van ons
ellende en verdriet wegneem, wie of wat sal dan nog ons vreugde, ons sekerheid,
kan wegneem?En as jy jou
miskien afvra: Is God regtig wel vir ons?Of as iemand
dalk sou twyfel: bestaan God ooit wel?As hierdie
vrae jou besighou, dan is die antwoord daarop kort en kragtig.As jy die
antwoord nie oortuigend vind nie, lê dit nie aan God nie.As jy jouself
afvra of God regtig wel vir ons is, en of Hy ‘n lewende, aktiewe God is, kyk na
die feite uit die verlede.Die verlede
spreek duidelike taal.Uit die
verlede weet ons, en dit is feite wat jy kan nagaan:God het sy
eie Seun nie gespaar nie!Hy het Hom
gekruisig vir ons.Christus is
gekruisig.Christus het
opgestaan uit die dood.Dit het God
alles vir ons mense gedoen.Om die oorsaak van ons ellende en verdriet weg
te neem.As God dus
vir jou is, as God wil dat jy lewe, ewig lewe;as God wil
dat jy sonder sonde is, eerder as met sonde bevlek,hoe is dit
moontlik – skryf Paulus in Romeine 8 – dat iemand jou nog sal kan veroordeel?En waarom
sou jy jouself veroordeel?Waarom sou
jy twyfel aan die doel van jou lewe?Waarom sou
jy aarsel om te glo?Jou troos lê
dus buite jouself.Danksy
Christus is ons oorwinnaars.Danksy
Christus weet ek seker, dat nog dood nog lewe, of engele, of magte, of hede of
toekoms, of kragte, hoogte, diepte, verdrukking, benoudheid, vervolging, honger,
naaktheid, gevaar, swaard, wat ook al, niks sal ons kan skei van die liefde van
God, wat daar in Christus Jesus, onse Here, is nie.Dit is die
enigste troos, die enigste toekomsverwagting vir hierdie wêreld, vir elke mens.Dis of
hierdie troos, hierdie toekomsverwagting, of geen nie.Sonder Jesus
Christus is daar geen toekomsvooruitsig vir geen enkele mens nie.Sonder Hom
is jy hopeloos verlore.Dit is
daarom met reg die belangrikste boodskap van die Bybel.Die blye boodskap.
Die
evangelie.Met hierdie
boodskap begin die Heidelbergse Kategismus.Hierdie
troos mag ek u verkondig, aan die hand van hierdie eerste Sondag.Hierdrie
troos mag die katkisante hierdie week leer, die katkisante wat hierdie jaar vir
die eerste keer met katkisasie begin het.Ons enigste
troos.Ons troos
wat buite onsself lê.‘n Troos wat
nie verdwyn as ons sterf nie.Hierdie
troos is teen die dood bestand.Die prys wat
God hiervoor moes betaal was ontsettend duur.Verskriklik
hoog.Soms hoor
mens in die nuus van ‘n gyselingsdrama.Die kind van
‘n miljoenêr word ontvoer en dan word ‘n yslike bedrag gevra om die kind weer
terug te gee.Nou kan mens
dit wat Sondag 1 skryf nie in alle opsigte met ‘n gyselingsdrama vergelyk nie.Maar wat wel
geld, is dat Jesus met sy kosbare, sy duur bloed vir ons sondes betaal het.Dat Hy ons
so weggekoop het uit die heerskappy van die duiwel en ons weer aan ons
regmatige Eienaar teruggegee het.God, ons
Skepper.Vir jou lewe
is duur betaal.Petrus skryf
in sy eerste brief (1 Petr. 1:18-19):Julle is nie
“deur verganklike dinge, silwer of goud, losgekoop ... uit julle ydele
lewenswandel wat deur die vaders oorgelewer is nie, maar deur die kosbare bloed
van Christus”.Dit gee ‘n
veilige gevoel.Dit is ons
troos, wat vasstaan.Ja vasstaan
selfs onafhanklik van jou gevoel.God het ‘n
baie hoë prys vir my lewe betaal.En nou is
jou lewe kosbaar in God se oë.Soos iemand
‘n keer gedig het: ‘selfs daardie een haartjie op jou kussing, so lig in gewig,
weeg swaar by God.’Hy het dit
vrywillig gedoen, ek het dit nie vir Hom gevra nie.God skenk my
nuwe lewe, terwyl ek oppad was na die ewige dood.Dit gee my
‘n troos wat bo my gevoel uitgaan.Dit gee my
ook sekerheid.As God so
duur vir my lewe betaal het, sal Hy my ook in die toekoms bewaar.Danksy
Christus, danksy die feit dat Hy ons Baas is, is ons nou vry.Soos daar in
Johannes 8 staan: elkeen wat die sonde doen, is ‘n slaaf van die sonde. Maar as
die Seun julle vrygemaak het, sal julle waarlik vry wees (vers 34-36).Jou lewe is
kosbaar in God se oë.Hy wil dat
jy deel in die duur betaalde vryheid.Ja jou lewe
is duur gekoop.Dit was die
eerste punt van die preek.(Tema: Die
Christelike troos
-
My lewe is duur gekoop}
-
My lewe het ‘n doel
Ek het
nounet al genoem: jy het nou ook sekerheid oor die toekoms.Die Christelike
troos geld nie net vir vandag nie.Die
Christelike troos staan vas, onafhanklik van die tyd en kultuur waarin jy leef.Vier eeue
gelede, toe die Heidelbergse Kategismus opgestel is, kon die mense danksy
hierdie Christelike troos ‘n sinvolle lewe leef.Hulle het
geweet waaraan hulle toe was, hulle was nie bang nie, ook nie vir wat na die
dood sou volg nie.Net so kan
baie mens ook vandag danksy hierdie Christelike troos ‘n sinvolle lewe lei.En in die
toekoms sal dit ook so wees.Toekomstige
generasies, so lank die wêreldgeskiedenis nog voortgaan, sal ook ‘n sinvolle
lewe kan lei op die basis van hierdie enigste troos.Dit staan
vas, onafhanklik van die tyd, onafhanklik van die kultuur.Hierdie
troos gee sin vir jou lewe.Die feit dat
jy aan Jesus Christus behoort, dat jy sy eiendom is.Hierdie feit
gee jou lewe ‘n doel.Jy wil dan
ook slegs vir Hom lewe.Soos daar in
Romeine 14:8 staan: “Want as ons lewe, leef ons tot eer van die Here; en as ons
sterwe, sterf ons tot eer van die Here; of ons dan lewe en of ons sterwe, ons
behoort aan die Here.”Broer,
suster, as jy vandag al sou weet dat die toekoms nie vir jou rooskleurig lyk
nie, dan verval ook die motivering om vandag jou bes te doen.Om dit met
‘n voorbeeld te verduidelik: as jy weet dat jou motor môre in ‘n ongeluk
afgeskryf gaan word, waarom sou jy dit vandag nog laat diens?Dan maak dit
nie meer sin om geld aan jou motor te spandeer nie.Dieselfde
geld vir mense.As jy tog weet
dat jy gaan sterf, waarom sou jy belê in jouself?Dit klink
dalk snaaks, maar in ons kultuur is dit eintlik ‘n baie algemene houding.Ons leef in
‘n sinloosheidskultuur.Solank hulle
kan geniet, wil mense leef.Maar as die
pyn kom, verdriet, ouderdom, ongeneeslike siekte, dan het dit geen sin meer om
te lewe nie.Gemeente, te
midde van hierdie sinloosheid leef ons met die
Christelike troos.Die sin van
jou lewe is soveel dieper as van mense wat Christus nie ken nie.En daarom
kan en moet ons ook in ons lewens belê.Die
Kategismus sê: Christus verseker ons deur sy Heilige Gees van die ewige lewe.As ons te
sterwe kom, is ons nie afgeskryf nie.Ons verwag
die vernuwing van ons liggaam, die opstanding, ons verwag ‘n nuwe lewe, ons
verwag ‘n nuwe hemel en aarde.Dit is ons
troos.Die
Christelike troos.Die Heilige
Gees verseker ons daarvan.Hierdie
troos gee sin aan ons lewe.Ons lewe nie
vir niks nie.Ons mag saam
met God bou aan die nuwe aarde.Ons mag saam
met Christus stry teen die duiwel, die dood, die sonde.Die enigste
troos is die rots waarop ons ons lewe bou, waarop ons ‘n toekoms bou.En gemeente,
hierdie troos word vir elke mens aangebied.Die
Christelike troos is nie net vir bekeerde mense nie.Die blye
boodskap is gerig aan alle mense.Vir elke
mens geld, daar is slegs ‘n toekoms as dit in Jesus Christus gevind word.Sondag 1 kom
met ‘n betroubare boodskap.Betroubaar,
omdat dit die Bybel naspreek.Vir jou lewe
is duur betaal.Jou lewe het
‘n duidelike doel.Jou lewe is
veilig in God se hand.En daarom,
sê Christus, mag julle weet dat God alle dinge sal laat meewerk ten goede,vir hulle
wat Hom liefhet.Amen.
(kyk in preek)