PRETORIA-MARANATA, 7 Februarie 2016 AD, 17:30
Votum
Seën
Ps 14:2,3,4
Gebed
Skriflesing:
Romeine 5:12-21
Ps 4:1-2
Skriflesing:
Efesiërs 4:17-24
Ps 4:3-4
Lees:
Nederlandse Geloofsbelydenis art. 15
Teks:
Heidelbergse Kategismus Sondag 3
Preek
Ps 14:5-7
Gebed
Geloofsbelydenis
(Apostoliese)
Ps 144:2,4,5
Kollekte
Ps 118:7,10
Seën
Preek: Heidelbergse Kategismus Sondag 3
Soms vra
jong ouers hulleself af hoe dit moontlik is dat hulle kind so egoïsties kan
wees?
Hulle kind
vir wie hulle as ouers bontstaan.
Waar kry die
kind dit vandaan?
Soos ‘n
liberale teoloog ‘n tydjie gelede opgemerk het: sedert my vrou en ek ‘n kind
het, glo ons weer in die erfsonde.
Inderdaad,
jong ouers kom agter dat die leer van die erfsonde nie net ‘n abstrakte
teologiese begrip is nie, maar dat dit heel konkreet is, ja dit is presies soos
mense is.
Niemand hoef
sy kind te leer om te sondig nie.
Niemand hoef
sy kind te leer om egoïsties te wees nie.
Dit sit
gewoon in die kind.
Wie ‘n kind
kry, kry nie ‘n onbeskrewe skoon vel papier nie.
Wie ‘n kind
ontvang, ontvang nog ‘n nakomling van Adam en Eva - ons stamouers, wat in sonde
geval het.
Ek verkondig
u vandag God se Woord oor die erfsonde.
Tema: Die erfsonde
-
Die stamboom van Adam
-
Die stamboom van Jesus Christus
-
Die stamboom van Adam
Die eerste
deel van die Kategismus handel oor ons ellende.Hoe groot
die skade is.Die
wederopbou is nou nog nie in sig nie.Die
wederopbou, wie dit sal doen en hoe dit sal moet gebeur.Mens kan dit
vergelyk met ‘n huis wat afgebrand het.Jy sien die
afgebrande huis voor jou.As jy
daaromheen loop, die ruïne sien, die brandlug ruik, dan is dit net asof dit
skreeu om herstel te word, weer opgebou te word.Maar,
voordat jy kan begin met die heropbou, moet eers nugter die skade bereken word.Eers daarna
kan gekyk word hoe die wederopbou moet plaasvind, en wie dit sal doen, en waar
die geld vandaan sal kom.En,
gemeente, vir die ellendige toestand van die mens geld dit dus ook.Ons het in
die Kategismus gelees oor die sondeval in die paradys.Adam en Eva
het van die boom geëet.Dit was die
sondeval.Eet van die
boom van kennis van goed en kwaad was ‘n simboliese handeling.As iemand
byvoorbeeld weier om voor die koning te buig, wil dit sê: daardie persoon het
geen respek vir die koning nie.Buig is ‘n
simboliese handeling om respek te toon.Of dalk
bietjie nader aan ons leefwêreld:As ‘n kind soggens
in die kombuis ingeloop kom en nie vir sy ma groet nie, dan sê ma dalk: is ek
dan só onbelangrik, dat jy my nie hoef te groet nie?Groet is ook
‘n simboliese handeling wat dui op ‘n goeie verhouding.Net so was
die boom in die paradys ‘n simbool vir die verhouding tussen God en mens.Die boom het
‘n simboliese funksie gehad.Toe die mens
op ingewing van die duiwel ‘n vrug van die boom geëet het, het hy daarmee te
kenne gegee dat hy God se instruksies nie meer noodsaaklik gevind het nie, dat
hy voortaan sy eie wil sou volg.Dat hy self
baas wou wees oor sy lewe.Dit was dus
die sondeval.Ongehoorsaamheid,
opstand teen God se gesag oor die mens.Nou het ons
in Romeine gelees dat ons in Adam
voor God skuldig staan.Ons staan,
as nakomelinge van Adam, voorgesorteer as God se vyande.Vir hierdie
feit gebruik ons die woord: erfsonde.Nou is
hierdie woord, erfsonde, nie die beste woord nie.Dit klink
asof ons ‘n porsie sonde erf van Adam.En dat ons
daardeur, saam met die sondes wat ons self doen, voor God skuldig staan.Dit is egter
nie soos dit werk nie.Ons erf geen
sonde van Adam nie.God is te
regverdig dat Hy ons sou straf vir die sondes van Adam of Eva.Maar wat ons
wel van Adam erf is ons geaardheid, ons natuur.Dit hou ook
in die aanleg, of beter gesê, die afwyking om te kan sondig, en dit wat daarmee
saamkom, naamlik om dus sterflik te wees, en selfs onderworpe aan die ewige
straf.Pleks van
erfsonde sou mens eerder kon praat oor: die wortel
van die sonde.As ons deel
uitmaak van Adam se stamboom, word ons gevoed uit dieselfde wortel.En dus staan
dit vas dat elkeen wat gebore word, as mens, die wortel van die sonde in hom
het.Vandaar dat
die Bybel sê: sedert die sondeval staan die hele menslike geslag, in Adam
verteenwoordig, skuldig voor God.Mens kan dit
vir ‘n deel met die volgende voorbeeld vergelyk:Sê nou maar
daar is tydens die koue oorlog tussen Rusland en Amerika ‘n baba gebore in die
Sowjet Unie.Dan was so
‘n baba al vanaf sy geboorte ‘n vyand van Amerika.Die rede is
omdat Rusland as geheel in staat van oorlog met Amerika was.Sou daar nie
iets buitengewoons met daardie baba gebeur het nie, en sou daardie baba gewoon
opgegroei het soos alle ander Russe in daardie tyd,dan sou
daardie baba outomaties ook ‘n vyand van Amerika geword het.Dus, om
terug te kom by Sondag 3, sou daar nie iets uitsonderliks met ons gebeur het
nie, dan sou ons opgegroei het as vyande van God.Maar
gelukkig het daar iets uitsonderliks met ons gebeur, in die tweede punt sal ons
nader daarop ingaan, dit is wat in v/a 8 genoem word ons wedergeboorte deur die
Gees van God.Maar vanaf
ons geboorte het ons dus deel aan die erfsonde.Vanaf ons
geboorte sit die wortel van die sonde met sy giftige sappe in elkeen van ons.Uit onrein
ouers word onrein kinders gebore.Alle
nakomelinge van Adam en Eva lyk wat dit betref op hulle stamouers.Sodra ‘n
kind opgroei, blyk uit sy doen en late dat hy ook sondig is.Dat hy, net
soos Adam destyds, self baas oor sy lewe wil wees.En elke kind
sal, as daar niks verander nie, vroeër of later aan sy eie egoïsme ten onder
gaan.Daarom sê
die Bybel dat alle sonde, wat hoogmoed as oorsprong het, uiteindelik die dood
tot gevolg het.En geen
mens, geen Adamskind, ontkom daaraan nie.Soos daar in
Romeine 5 staan: soos deur een mens die sonde in die wêreld ingekom het en deur
die sonde die dood, so het die dood tot alle mense deurgedring, omdat almal
gesondig het.Die wortel
van die sonde sit dus in elke mens.Dawid sê in
Psalm 51:Kyk, in
ongeregtigheid is ek gebore, en in sonde het my moeder my ontvang (Ps 51:7).En in die
boek Job vind ons dieselfde boodskap.Job 14: Ag,
kon maar ‘n reine voortkom uit ‘n onreine – nie een nie! (vers 4)En Job 15: Wat
is die mens, dat hy rein sou wees? En hy wat uit ‘n vrou gebore is, dat hy
regverdig sou wees? (vers 14)Die
erfsonde, die wortel van die sonde, sit in ons van geboorte af.So het ons
dit ook in die Nederlandse Geloofsbelydenis (art. 15) gelees:Dit is
hierdie wortel wat in die mens allerhande sondes laat uitspruit. Dit is daarom
so afskuwelik en gruwelik voor God dat dit rede genoeg is om die menslike
geslag te verdoem. Dit word selfs nie deur die doop geheel en al tot niet
gemaak of volkome uitgeroei nie.Die doop
staan hier vir die afwassing van ons sondes.Dit is die
teken wat ons daarop wys dat God die sondes van sy kind sal afwas, elke keer as
hy dit van God vra.Maar die wortel van die sonde word deur die doop
nie verwyder nie.Mens sou kon
sê: die giftige bron bly.Die giftige
wortel.Elke keer
kom daar weer nuwe giftige sappe boontoe.Hoe dikwels
ons dus ook gewas word, hoe dikwels ons vergewe word, ons bly sondig.Mens kan dit
vergelyk met die onkruid wat tussen jou gras op die grasperk groei.Elke keer as
jy met die grassnyer daaroor heen gaan, word die wortel van die onkruid nog nie
uitgeroei nie.Elke keer
sal die onkruid dus weer opkom.Die doop
roei die wortel dus nie uit nie.Daarvoor het
ons iets anders nodig, naamlik wedergeboorte,
bekering, vernuwing deur die Heilige Gees.Die
Kategismus stel die diagnose vas.Die skade is
aansienlik.En die
oorsaak van alle skade is die feit dat ons deel uitmaak van die stamboom van
Adam.Ons natuur
is so verdorwe, dat ons almal in die wêreld inkom as sondige mense.Die
oorspronklike Duitse woord wat in die Kategismus gebruik word ‘verdorwe’ is die
woord ‘vergifftet’.Ons is vergiftig deur die wortel van die sonde.
Mens sou nog
baie ander beelde kon gebruik om dit te verklaar.Soos: Adam
het ‘n genetiese afwyking opgedoen, wat ‘n impak gehad het op sy hele nageslag.Dit is alles
beelde om die reikwydte van die sondeval te verduidelik.En as ek en
jy die balans opmaak, dan geld ook vir jou en my dit wat Sondag 3 skryf:Ek word in
‘n staat van vyandskap met God gebore, as ‘n vyand van alles wat goed is.Die feit dat
dit so is, is nie God se skuld nie.Hy het die
mens goed geskape, maar die mens het vyandskap teen God verklaar.Die mens het
die groot verantwoordelikheid wat hy van God gekry het, misbruik.Ook ek is
dus as vyand van God gebore.En dit bly
so, tensy dat die Heilige Gees in my kom.Die Gees van
Christus, wat my, om dit heel letterlik te sê, van die stamboom van Adam
afsaag, en my inent op die stamboom van Christus.So kom ons
by die tweede punt van die preek.(Tema: Die
erfsonde
-
Die stamboom van Adam)
-
Die stamboom van Jesus Christus
In baie
kerke en onder baie Christene word die leer van die erfsonde bietjie as ‘n
verleentheid ervaar.Kan mens
deesdae so ‘n leer nog hardop verdedig?Dit is mos
totaal ouderwets?Dit rym mos
nie met die basiese uitgangspunte van die psigologie, en van die sosiologie
nie?Inderdaad,
hierdie leer van die erfsonde druis in teen die opvatting van die moderne mens,
en van elke moderne wetenskap, wat God nie as vertrekpunt kies nie.Dit druis
ook in die teen die opvatting van die postmoderne mens wat vol spiritualiteit
is.Die
Christelike geloof begin naamlik deur die mens eers op sy plek te sit.En dit ook
effens hardhandig en konfronterend.Die diagnose
is hard en draai nie doekies om nie.Die diagnose
is onvermydelik.Maar ‘n
eerlike diagnose is wel die eerste stap op weg na genesing.En nou ons
tog praat oor die opvattings van die gemiddelde moderne of postmoderne mens,
daar is nog ‘n saak waarmee baie mense moeite het.In vraag 6
van die Kategismus staan: die oorspronklike doel van die mens is om God te loof
en te prys.Ewig sing
tot God se eer.Word mens
nie moeg daarvoor nie?Baie mense
wil liewerste dood wees as om ewig vir God te moet sing.Gemeente, u
verstaan hooplik dat hierdie ewig vir God sing ‘n versmalling is – miskien goed
bedoel – maar tog ‘n versmalling van wat hier in die Kategismus staan.Daar staan:
God loof en prys.Dit hou
natuurlik veel meer in as sing.Dit is
allesomvattend.Want
byvoorbeeld: ook blomme loof en prys God.Deur ‘n blom
te wees.Ook bome
loof en prys God.En berge, en
oseane, en alle diere.En so loof
en prys die mens God deur gewoon mens te wees soos God hom bedoel het.Sonder
sonde, sonder om dood te gaan, sonder om moeg te word vir die lewe saam met
Hom.Dit hou dus
heelwat meer in as dat ons op die nuwe aarde net die heeltyd gaan sing.Op die nuwe
aarde, as jy ‘n boer is, gaan jy miskien weer die land bewerk.As jy
musikant is, gaan jy musiek maak.As jy kunstenaar
is, dit spreek vir homself.Uiteraard
kan ons ons baie dinge nog nie voorstel, hoe dit op die nuwe aarde gaan wees
nie.Maar geen
mens moet afgeskrik word deur ‘n versmalde opvatting van wat dit beteken om God
te loof en te prys nie.Tot sover, gemeente,
dinge waaraan moderne of post-moderne mense kan twyfel.Te midde van
veranderende tye mag ons as Christene vashou aan die Bybel.Daarin vind
ons ook die leer oor die erfsonde, oor die wortel van die sonde.Hierdie leer
aanvaar ons ook as Godsopenbaring.En as ons na
die praktyk kyk, dan blyk ook inderdaad dat hierdie leer klop, dit slaan die
spyker op die kop, alle eeue was mense al so, en vandag nog steeds.Ons en ons
kinders word in sonde ontvang en gebore.Ons hoef
sonde nie aan te leer nie, ons doen dit uit onsself.Die leer van
die erfsonde is nie deur teoloë uitgedink nie, ons vind dit in die Bybel.Sowel in die
Ou as Nuwe Testament.In die Ou
Testament moes byvoorbeeld ‘n reinigingsoffer gebring word by die geboorte van
‘n kind.Die bedoeling
daarvan was om aan te dui dat vanaf die eerste lewenslig die kind al aangewese
is op versoening.En in die
Nuwe Testament sê Jesus byvoorbeeld vir Nikodemus in Johannes 3:Wat uit die
vlees gebore is, is vlees; en wat uit die Gees gebore is, is gees (vers 6).Met vlees
het Jesus bedoel: sondige mens.Met hierdie
uitspraak het Hy gewys op die noodsaak van wedergeboorte.Want deur
ons natuurlike geboorte sit ons vas op die stamboom van Adam.Maar deur
die wedergeboorte word ons ingeënt op die stamboom van Jesus Christus.Die stamboom
van Adam is gedoem tot ondergang.Soos ons
gelees het in Romeine 5: “Daarom dan, net soos dit deur een misdaad vir alle
mense tot veroordeling gekom het, so ook is dit deur een daad van geregtigheid
vir alle mense tot regverdigmaking van die lewe. Want soos deur die
ongehoorsaamheid van die een mens baie tot sondaars gestel is, so sal ook deur
die gehoorsaamheid van die Een baie tot regverdiges gestel word.” (vers 18-19)Geliefde
gemeente, wat doen Chrsitus dus volgens hierdie teks vir jou?Hy wil jou
terugbring by God se bedoeling vir jou lewe.Die nuwe
mens wat jy in Christus word, is in feite dat jy weer word soos Adam destyds
was, voor die sondeval.Die
Kategismus sê:Adam was
geskape na God se beeld in ware geregtigheid en heiligheid (v/a 6).En in
Efesiërs 4 staan dieselfde oor die nuwe mens: julle word beklee met die nuwe
mens, wat na God geskape is in ware geregtigheid en heiligheid (vers 24).In Christus
word ons nuwe mense.Ons word
herstel in die toestand van voor die sondeval.Christus
stort sy Heilige Gees in ons uit, waardeur ons nuut word.Vir die
stamboom van Adam geld: ons is verdorwe, vergiftig, heeltemal onbekwaam tot
iets goeds en geneig tot elke kwaad.Vir die
stamboom van Christus geld: wedergebore deur die Heilige Gees.Die Heilige
Gees wat ons harte deur die Woord verander, om ‘n Godvresende lewe te begin
lei.Ja, hierdie
stamboom van Adam en die stamboom van Christus staan volledig teenoor mekaar.Paulus gee
dit in Romeine treffend weer:
-
deur een mens die dood; deur een mens die genade en geregtigheid;
-
een daad van oortreding (dink aan die sondeval); een daad van
geregtigheid (dink aan Golgota); -
ongehoorsaamheid van een, gehoorsaamheid van Een;
-
in Adam het die sonde as koning geheers (en as bewys daarvoor: die
dood, die sterflikheid van die mens); in Christus heers die genade as koning
(en as bewys daarvoor: die nuwe en ewige lewe in Christus).Broer en
suster, die Heilige Gees is besig om die wortel van die sonde uit jou lewe te
trek.Die gevolg hiervan
is dat jy nie meer ‘n slaaf van die sonde is nie.Is is
afgekap van die sondige stamboom van Adam.Jy groei nou
verder op die stamboom van Christus.Jy groei nie
meer na jou dood toe nie, maar na die ewige lewe.En die Here
vra daarom van jou: maak dit nou ook waar in jou lewe!Dat jou eie
wil sy medewerking verleen aan die Heilige Gees.Doen elke
dag jou bes!En jy kan
ontsettend dankbaar wees, en selfs ook trots.Ons is geen
slawe meer van die sonde nie.God sy dank!
Ons is
kinders van Hom.Koningskinders.
Ons straal
iets koninkliks uit.Nie die
sonde, maar die genade heers in ons lewens!O Vader, ons
dank U!O Seun, op u
stamboom wil ons deurgroei!O Heilige
Gees, ons kan u inspirasie nie meer mis nie!Amen.
(kyk in preek)