Drie geslote deure en een geopende deur

Predikant: 
Ds PG Boon
Gemeente: 
Maranata
Datum: 
2016-02-21
Teks: 
Heidelbergse Kategismus (Sondag 1-52) Sondag 5
Preek Inhoud: 

PRETORIA-MARANATA, 21 Februarie 2016 AD,
17:30 (nagmaal)

Votum

Seën

Ps 121:2

Nagmaalsformulier
(kort)

Gebed
(afgesluit met sing van Onse Vader)

Ps 121:3
(tafel in gereedheid)

1e tafel:
Hebreërs 7:11-28, sing: Ps 36:2

Lofverheffing
& Gebed

Teks:
Heidelbergse Kategismus Sondag 5

Preek

Ps 70:1,2

Gebed

Geloofsbelydenis
(Nicea)

Ps 36:3

Kollekte

Ps 121:4

Seën

Preek: Heidelbergse Kategismus Sondag 5

Die tema van
die vorige Kategismuspreek was:

God se
regspraak boesem ontsag in.

Waar jou eie
regsgevoel vasloop, maak God se reg nuwe deure oop.

Vandag kyk
ons verder.

Stap vir
stap gaan die Kategismus verder.

Tema: Drie geslote deure en een geopende deur

1         Ek
kan nie vir myself betaal nie

Met Sondag 5
het die tweede deel van die Kategismus begin: oor ons verlossing.

In deel 1
het ons sonder omhaal van woorde ons vonnis te hore gekry.

Die mens is
skuldig, ellendig, daar moet betaal word, daar hang ‘n straf bo ons koppe.

Deel 2 begin
nou met die vraag:

Hoe kan ons
tog nog van hierdie straf vrykom?

Bestaan daar
nog êrens ‘n plan of ‘n uitweg om te ontsnap aan die vonnis?

Maar, dit
val dadelik op, ongelukkig is die toon hier
aan die begin van Deel 2 nog nie anders as in Deel 1 nie.

In deel 1
het die toon nogal hard en onverbiddelik
geklink.

In deel 2
bly dit so, daar kom nie ineens ‘n ander toon
nie.

So in die
trant van: ja, dit is alles wel heel erg, maar moenie worry nie.

Ons liewe
Vader in die hemel sal wel ‘n plan maak...

In deel 2
vind u geen goedkoop antwoord op die probleem nie.

En dit is
vanaand ook nie bedoeling nie.

Dit word nie
‘n goedkoop oppervlakkige boodskap nie.

Om dit uit
te druk in die beeldspraak wat die Kategismus gebruik: hier word eerlik handel gedryf.

Geen skulde
word onder die mat ingevee nie.

Die Evangelie
ken geen goedkoop antwoorde nie.

Die
moeilikste lewensvrae word eerlik onder oë gesien.

En dan begin
die Kategismus deur een van die hardnekkigste wanpersepsies aan te spreek.

Naamlik dat
jy as mens tog op een of ander manier vir God kan terugbetaal.

Deur een of
ander enorme offer te bring.

In die Ou
Testament kan mens lees dat sommiges selfs hulle eie kinders aan die gode
geoffer het.

Ander mense
het gemeen dat hulle God kan betaal deur baie voorbeeldig te lewe.

Ander mense
het hulleself uitgesloof vir God en sy kerk.

Ander het sy
gebooie so noukeurig probeer nakom, tot in die fynste details.

Maar dit
help alles niks nie, sê die Kategismus.

Ons
regverdige God is slegs met die volmaakte tevrede.

En, soos ons
by Sondag 2 al gesien het, vir die mens, wat van nature nie sy sonde besef nie,
wat van nature dink hy is oraait, vir ‘n mens is die eerste stap op weg na
herstel die feit dat hy moet besef
dat hy ellendig is.

Een van die
hardnekkigste wanpersepsies van die mens dus: ek kan self wel betaal.

Sondag 5 is
duidelik: op geen enkele manier kan jy self betaal nie.

Jy maak die
skuld juis elke dag groter!

God is ‘n
betroubare Regter.

Hy verafsku
onbetroubare regters.

Dink aan wat
daar in Exodus 23:6-7 staan:

“Jy mag die
reg van jou arm mense in hulle regsaak nie verdraai nie. Hou jou ver van valse
sake af. En moenie die onskuldige en die wat reg het, ombring nie, want Ek sal
die skuldige nie regverdig verklaar nie.”

En soos in
Spreuke 17:15 staan:

“Hy wat die
goddelose regverdig verklaar en die reverdige skuldig verklaar, hulle altwee is
vir die HERE ‘n gruwel.”

God is en
bly volmaak regverdig.

Juis daarom
is Hy so betroubaar.

Sy eie reg
wil en kan Hy nie buig nie.

Daarom kry
ons as mense van Hom die waarheid te hore.

Jy kan nie
jouself red nie.

Hierdie
eerste deur bly toe.

As skuldige
bly jy in die beklaagdebank.

 

En die
proses gaan verder.

Die Regter
vra: is daar dan nie iemand anders wat vir jou kan betaal nie?

Ja as
aangeklaagde kyk hoopvol op.

So ‘n vraag
het jy nie uit die mond van die Regter verwag nie!

Die feit dat
juis die Regter met hierdie idee voorendag kom, skep die vermoede dat Hy begaan
is met jou lot.

Gespanne is
alle oë op die Regter gerig.

Is die
Regter nou self besig om ‘n uitweg te vind?

Dit gee die
aangeklaagde ‘n sprankie hoop.

Daar staan
jy dan.

Hulpelose
mens.

Sal daar
iemand opdaag wat jou skuld wil oorkoop?

Jy self is
heeltemal uitgetel.

Jy wag net
tot iemand dalk opdaag.

Jy het geen
flou idee waarvandaan nie.

Gemeente,
ons kom nou by die tweede punt.

2         Ook
‘n ander skepsel kan nie vir my betaal nie.

Die
aangeklaagde begin wanhopig om hom heen te kyk.

Kan ‘n ander
skepsel vir my betaal?

‘n Skepsel,
bv. ‘n dier, of ‘n plant, of ‘n engel?

Kan soiets
my dood voorkom?

In die Ou
Testament is daar baie diere geoffer.

Baie bloed
moes vloei om die sondes van die volk te bedek.

En nie net
in die Ou Testament by die volk Israel, was daar offers nie.

Oor die hele
wêreld is en word offers gebring.

Offers word
gebring om skuld te betaal, om te betaal vir sekuriteit.

Offers wat
die gode tevrede moet stel, wat ongeluk, ‘bad luck’, moet afweer.

Die idee van
‘n sondebok is wydverbreid, ook hier in Afrika.

Iemand wat
as skuldige aangewys word.

As die oes
misluk het, as daar geen reën vir ‘n seisoen is nie, dan is dit nie toevallig
nie.

Daar moet ‘n
sondebok wees.

Die gode wat
vir die reën sorg, is boos op iemand.

En dit is
die taak van die toordokter om die skuldige aan te wys.

Die skuldige
moet gedood word.

Dan is die
gode weer tevrede.

Soos ek
genoem het, vroeër is daar in Israel soms kinders geoffer.

Die
afvallige volk van God het hierdie gewoonte oorgeneem van hulle heidense bure.

Deur jou
kinders te offer, kon jy die gode tevrede stel.

Gemeente,
hierdie vloek natuurlik aan alle kante met God se regverdigheid.

Dit is pure
bygeloof.

Daar is geen
logika in nie.

So kan mens
nie die skuld vir iets op iemand anders skuif nie.

Nou is dit
goed om te besef dat in die wet van Moses daar geen sprake is van sulke soort
offers nie.

Die offers
van die Ou Testament verskil hemelsbreed van die heidense offers.

Die bloed
van diere het volgens die wet van Moses nie ‘n magiese werking gehad nie.

Die bloed het
die sonde nie weggeneem nie.

Die
diere-offer kon die skuld nie wegneem nie.

Dit was net
‘n simbool.

‘n Dier kan
nie vir die mens, wat skuldig is, betaal nie.

Daarvoor is
God te regverdig.

Soos die
Kategismus sê:

God wil nie
‘n ander skepsel straf vir die skuld wat die mens gemaak het nie.

Nou kan mens
jouself afvra:

Ja maar wat
maak dit uit?

Sê dat die
diere nie gestraf word nie, maar ondertussen is hulle wel op die altaar
doodgemaak.

Ondertussen
moes hulle tog in die Ou Testament geoffer word.

Dit bly tog
diskriminasie teen diere?

Gemeente,
wat diskriminasie teen diere presies is en wat nie, dit is ‘n onderwerp apart.

Wat vir
hierdie preek belangrik is, is die feit dat die offerwetgewing in die Ou
Testament nie op towery of magie berus het nie.

Die
offerswetgewing in die wet van Moses het berus op simboliek.

‘n Simbool
wat vooruitwys na iets wat nog moes kom.

Hierdie
simboliek hou verband met die werklikheid.

Die
werklikheid is dat ‘n dier nie vir ‘n mens kan betaal nie.

God se reg
vereis dat die skuldige party self moet boet.

As die
mensdom dus aangekla word, dan sal ook iemand uit die mensdom die straf moet
dra.

Samevattend,
die tweede deur bly dus toe.

Ook ‘n ander
skepsel kan nie vir my betaal nie.

Nou die
derde deur, die derde punt:

3 Selfs ‘n regverdige mens kan nie betaal nie

Ons het ‘n
gedeelte uit Hebreërs gelees, waarin dit gaan oor die hoëpriester.

Aan die
hoëpriester is in die Ou Testament streng eise gestel.

Hy moes as’t
ware ‘n heilige mens wees.

Hy mog geen
liggaamsgebrek hê nie.

Geen
liggaamlike of geestelike gestremdheid nie.

Daar was ook
baie streng eise vir sy lewenswyse.

Hy mog nie
met enigiemand trou nie.

Baie streng
eise vir sy huwelik.

En so was
daar nog meer eise.

Dan kom die
vraag by mens op:

Hierdie
hoëpriester, hierdie heilige mens, kon hy nou wel betaal, kon hy instaan en
versoening doen vir die volk?

Ons het dit
gelees.

Voordat hy
die rituele handeling uitgevoer het om die versoening vir die volk te
simboliseer, moes hy self eers vir sy eie sondes versoening doen.

Dit het hy
gedoen deur sy vinger in die bloed te doop en dit dan aan die horings van die
altaar te smeer.

Eers daarna
mog hy die offer vir die volk slag.

By elke offerplegtigheid
is die hoëpriester dus daaraan herinner dat hy self ook sondig was en gebly
het.

Dus selfs
die persoon van wie mens dit die meeste sou verwag, die hoëpriester, was nie
heilig nie.

Ook hy staan
voor God as aangeklaagde.

Soos daar in
Job 9 staan: “hoe kan ‘n mens regverdig wees by God?” (vers 1)

“As hy sou
begeer om met Hom te twis, nie een uit duisend sal hy Hom kan antwoord nie.”
(vers 3)

‘n
Regverdige mens is dus nie te vinde nie.

En sê nou
maar – teoreties gesproke – dat jy ooit wel ‘n regverdige mens sou ontmoet.

Sê nou maar
dat jy ooit ‘n volmaak heilige mens sou leer ken, en sê nou maar hy of sy sou
ook nog bereid wees om vir jou die straf te dra.

Is dit saak
dan opgelos?

Gaan die
derde deur dan oop?

Helaas,
geliefdes, is die Regter dan nog nie tevrede nie.

Sy reg doen
reg aan die werklikheid.

En die
werklikheid is altyd weerbarstiger as wat mens dink.

Want sê nou
maar dat die volmaakte persoon jou straf op hom sou neem.

Dit sou
beteken dat daardie persoon vir ewig in jou plek gestraf word.

Versoening
deur voldoening.

Dit beteken
dus ook dat jy ewig op jou vryspraak sou moes wag.

Dus, anders
gesê, vryspraak sal nooit vir jou kom nie.

Die
volmaakte persoon sal nooit uit die hel, uit die Godverlatenheid, terugkeer
nie.

Dat hy die
straf op hom sou neem, het dus nie sin nie.

Want sê nou
maar God se geregtigheid sou in daardie geval wel aan voldoen word, wat ek nog
betwyfel, dan is God se barmhartigheid nog nie tevrede gestel nie.

Dit het ons
juis gesien in Sondag 4.

God wil nie
‘n millimeter inlewer, nog op die gebied van sy geregtigheid, nog op die gebied
van sy barmhartigheid.

Ook die
derde deur bly dus toe.

As God die
skuld van alle mense sou wou straf deur dit op een mens te laai, dan sal so ‘n
mens nooit klaar kry om die opdrag te voltooi nie.

Ewig sal hy
moet boet.

Dus, in
prinsipe is daar bomenslike kragte nodig, as iemand dit sal wil voltooi.

Die derde
deur lei dus helaas nie na die vryheid nie.

Selfs ‘n
regverdige mens kan nie betaal nie.

Gemeente,
dit lyk dalk snaaks.

Want
aanvanklik het die Regter hoop gewek.

Hy het die
moontlikheid geopper dat dalk iemand anders sal kan betaal.

Maar
ondertussen is al die verskillende moontlikhede aan die orde gewees.

Die
aangeklaagde het geprobeer om al die deure oop te maak.

Maar almal het
gesluit gebly.

Vreemd kom
dit voor, met die die een hand bied die Regter hoop, met die ander hand lyk dit
of Hy dit weer wegneem.

Alle deure
bly toe.

En nou kom
ons by die 4e punt, en dit is:

4 Alleen Jesus Christus kan betaal

Die
aangeklaagde mens kyk om hom heen.

Hy sien geen
deur wat hy nog nie geprobeer het om uit te kom nie.

Die
aanvanklike hoop wat die Regter in sy hart gewek het, vloei weer weg.

Geliefdes, u
vermoed waarskynlik hoe die res van die preek nou gaan verloop.

Oor hoe tog
‘n deur oopgemaak word in Jesus Christus.

Maar ek gaan
nog vir ‘n oomblik daarvan uit dat die aangeklaagde dit nie weet nie.

Dit doen ek
nie om die spanning vas te hou nie.

U weet dit
tog al.

Maar wat ek
wel wil, is dat u opnuut onder die indruk kom.

Want die
feit dat in Jesus Christus ‘n deur oopgemaak word, is glad nie so
vanselfsprekend nie.

Dink vir ‘n
oomblik aan al die gelowiges wat in die Ou Testament gelewe het.

Hulle het
vir duisende jare gewag voordat dit duidelik geword het.

Voordat God
‘n deur oopgemaak het in Jesus.

In die Nuwe
Testament word daar gepraat oor ‘n geheimenis wat in Christus geopenbaar is.

Moet
asseblief nie te vinnig daaroor heen lees nie.

Eeue lank
het daar bloed gevloei van diereoffers.

Mense het
geweet dat dit vooruit wys na iets toe.

Maar geslag
op geslag het bly wonder, bly aftas.

En toe God
die geheimenis inees geopenbaar het, nou ongeveer twee duisend jaar gelede, toe
was dit so onvoorstelbaar dat die mense dit nie kon glo nie.

God het ‘n
deur na die vryheid oopgemaak waar geen mens nog ooit ‘n deur gesien het nie.

Ons vind dit
dalk deesdae gewoon.

Dat Christus
die deur is waardeur ons bevry word.

Maar
verplaas jou ‘n keer in die skoene van mense uit die Ou Testament.

Miskien dat
jy weer meer bewus word van jou rykdom.

Hoe ryk jy
is as mens van die nuwe bedeling.

Mens raak
gou gewoond aan luukse, maar dit bly wel luukse.

Maar nou
weer terug na die regsaal wat die Kategismus skets.

Ek, die
skuldige, sien geen deur meer nie.

Maar die
Regter wys ineens op ‘n deur wat ek glad nie raakgesien het nie.

Uit die
bloute opper die Regter die volgende moontlikheid:

Het u al
gedink aan iemand wat sowel regverdige mens en ook God is?

Nee,
natuurlik nie.

Hoe sou ek
weet dat so iemand bestaan?

En nou begin
God, die Regter, sy reddingsplan te openbaar.

Nou kom die
oneindig vindingryke God met sy voorstel.

‘n Voorstel
waarby Hy geen millimeter inlewer, nog op die gebied van sy reg, nog op die
gebied van sy genade.

Hy stuur sy
eie Seun na die aarde.

Liturgie: 

(kyk in preek)