PRETORIA-MARANATA, 10 April 2016 AD, 10:15
Votum
Seën
Ps 133:1,2
Wet
Ps 119:61
Gebed
Skriflesing:
1 Korinthiërs 12-13
Sb 21:1-4
Teks: 1
Korinthiërs 12:12-27
Preek
Ps 48:1,5
Gebed
Kollekte
Ps 122:1,2
Seën
Preek: 1 Korinthiërs 12:12-27
Toe ek ‘n
jong seun was, het ek ‘n keer my toon oopgestamp.
Ons het
altyd kaalvoet skool toe geloop.
Maar ‘n seun
kerm mos nie.
Dit maar net
‘n toon.
‘n Bietjie
bloed is mos nie erg nie.
Ek het nie
eers vir my ma ‘n pleister gevra nie.
Na ‘n rukkie
het die toon egter begin swel en sweer.
Dis toe dat
ek agtergekom het dat jou liggaam ‘n eenheid is.
Jy kan nie
‘n deel verwaarloos, sonder gevolge vir die hele liggaam nie.
Tema: Die liggaam vorm ‘n eenheid
-
Dit is ‘n feit
-
Dit is ‘n opdrag
-
Dit is ‘n feit
1
Korinthiërs 12 staan as ‘n tussenpouse binne ‘n ander gedeelte.Paulus
behandel naamlik die vraag oor die praat in tongetaal, iets wat die Korinthiërs
baie besig gehou het.En breër
behandel Paulus die gawes van die Heilige Gees.Ook hoofstuk
13, oor die liefde, is ‘n intermezzo binne hierdie onderwerp.Met as
bedoeling om klem te lê op die gelykwaardigheid van die gawes.Binne
hierdie konteks behandel Paulus die gawes van die Gees.Iemand wat
nie in tonge kan praat nie, maar wat wel elke oggend haar bejaarde buurvrou
help om aan te trek, daardie iemand is net so onmisbaar as die persoon wat in
tonge spreek.Hulpvaardigheid,
bereidheid om onopvallende werkies te doen, is net so belangrik as om in tonge
te praat, of watter ander opvallende Geestesgawe dan ook.Elkeen is
gelykwaardig voor Christus.Elke gawe is
ook gelykwaardig.Die
vergelyking van ‘n gemeenskap van mense met ‘n liggaam was algemeen in die
antieke literatuur.Paulus
gebruik dus bekende beeldspraak.Maar die
apostel doen nog meer.Hy betrek
die verhouding van die gemeente tot Christus ook daarby.Nie net
horisontale verhoudings, maar ook die vertikale band met Christus in die hemel.Christus die
Hoof, die gemeente die liggaam.Tot een
liggaam gedoop, lees ons in vers 13.Die doop is
nie net teken dat Christus die sondes
afwas nie, maar die doop was ook alle verskille af.Elkeen is
gelykwaardig.Jood of
Griek, slaaf of vry, dit is in die kerk nie meer bepalend vir jou identiteit
nie.Bepalend is
dat jy van Christus is, ‘n nuwe skepping in Hom.Dit is iets
waarmee nie net die kerk in Korinthe destyds moeite gehad het nie.Maar deur
die eeue heen vele kerke.Naamlik dat
daar ontereg onderskeid gemaak word op grond van jou afkoms, of jou stand, of
jou beroep, of wat ook al.Bekend is
dat in die 18e eeu die Gereformeerde Kerk in Stellenbosch op so ‘n wyse nagmaal
gevier het, dat die swart lidmate slegs aan die laaste tafel mog aangaan.Later, in
die 19e eeu, het daar ‘n volledige skeiding gekom en het wit en swart apart
begin nagmaal vier.In Nederland
het dit in die verlede soms gebeur dat net boere deel uitgemaak het van die
kerkraad, en hulle het daarvoor gesorg dat geen arbeider op tal gekom het nie.Maar,
gemeente, vir sulke praktyke het ons teks dus geen enkele simpatie nie.Die doop was
alle verskille af.Die bloed
van Christus maak geen onderskeid tussen wit en swart, boer en arbeider nie.In Christus
gelykwaardig!En so mog
dit in die gemeente in Korinthe ook nie gebeur het, dat die Jodechristene gesê
het: ons soek geen heidenchristene in die kerkraad nie.Want ons ken God al vanaf ons jeug, en hulle
nie.Natuurlik
kan ‘n pasbekeerde geen ampsdraer word nie, lees ons elders in die Bybel.Maar die
Griek-wees op sig, eks-heiden wees op sig, dit is geen verhindering nie.Want in
Christus is julle almal gelykwaardig!‘n
Heidenchristen wat al jare lid van die kerk is, wat die Bybel grondig ken en
daagliks ywerig daarmee besig is, hy is ook ‘n gawe van God vir die gemeente,
hy mag ook ampsdraer word!Gedoop tot
een liggaam.Gelykwaardig!
In vers 13
gebruik Paulus in die Grieks ‘n opvallende woordspeling, wat as mens dit
vertaal, nie meer opval nie.Ons lees: “Want
ons is almal ook deur een Gees gedoop ... en ons is almal van een Gees
deurdronge ...”Die Griekse
woord vir doop en vir deurdronge lyk soos twee druppels water
op mekaar.Daar is
slegs een lettergreep verskil.Doop is ba(p)tizoo.
Deurdronge
is potizoo.Vir Jood en
Griek, vir slaaf en vryman geld dat hulle dieselfde doop ontvang het, óók in
die naam van die Heilige Gees.En dat hulle
nou deur dieselfde Gees steeds gevorm word in ‘n Christelike lewe – d.w.s. van
dieselfde Gees deurdronge.Deurdronge –
die oorspronklike woord – potizoo –
is ‘n term vir irrigasie, waterleiding.Dit beteken
dat die grond deurdrenk word met water.So deurdrenk
die Heilige Gees ons bestaan van elke dag meer en meer.En dit
gebeur met elkeen wat gedoop is.Dus
nogmaals: gelykwaardig.Nie net in
die begin, dat almal dieselfde doop ontvang het nie.Maar ook in die
voortgang.Die steeds
deurgroei in ‘n geestelike lewe.Ook wat dit
betref put die gemeentelede uit dieselfde bron: gedrenk of deurdrenk deur
dieselfde Gees.Dit wil nie
sê dat elkeen ewe vinnig groei nie.Daar is
helaas ook mense wat steeds bly vashou aan ou gewoontes, sondige gewoontes, wat
nie loskom van bepaalde vorme van wêreldgelykvormigheid nie.Dit rem die
groei in die Gees af.Maar
gelukkig is daar ook baie wat kragtig deurgroei.Tog wil dit
nie sê dat elkeen tot dieselfde in staat is nie.Dit is
dieselfde Gees, maar die gawes is verskillend.Die een word
steeds meer gemotiveer om sy bejaarde buurvrou die nodige versorging te bied,
of om vir sy bejaarde ma of ouma vervoer te verskaf kerk toe.Die ander
leer om steeds beter ‘n liefdevolle pa vir sy gesin te wees, aan sy gesin die
voorbeeld te stel dat hy self uit vergewing leef, dat hy in staat is om te sê
hy is jammer, dat hy die gesin lei in die bely van sy sondes.Die ander
leer steeds beter om die Bybel uit te lê, en gaan so maar voort.Die gawes is
verskillend, maar dit is dieselfde Gees.En daarom is
alle gawes gelykwaardig.Of dit nou
is om die vloer te skrop, vervoer na die kerk te voorsien, in die kerkraad te
dien, ‘n gemeentedag te organiseer of wat ook al.In hierdie
verband is dit belangrik om te besef dat Paulus hier oor die gewone doop skryf.Die doop
soos ons dit ken.Ons noem dit
die gewone doop.Maar eintlik
is dit tog baie besonder.Want jy word
gedoop in die naam van Vader, Seun en Gees.Dit is dus
in die sin ‘n driedubbele doop.Doop met die
Vader.Doop met die
Seun.Doop met die
Heilige Gees.In daardie
tyd was die doop van mense nie heeltemal onbekend nie.Daar was die
doop van Johannes die Doper.Hierdie doop
was ‘n voorbereiding op die doop in die naam van Jesus.Die verskil
was dat by Jesus se doop jy ook gedoop is met die Gees.Verder het
die Jode verskillende rituele wassinge geken met water, wat ook op die doopsritueel
gelyk het.Deur hierdie
Joodse rituele handelinge is die onderskeid tussen Jood en Griek juis
uitgebeeld en versterk.Die Jode was
kulties rein, danksy hierdie handelinge.Die heidene
was onrein.Die Jode het
hulle nie met die heidene gemeng nie, maar het juis deur hierdie rituele
handelinge hulle van die heidene afgesonder.Maar dit is
nou so besonder by die doop, skryf Paulus, dat die doop van Jesus geen
onderskeid maak tussen Jood en Griek nie.Die doop
bring geen verwydering teweeg nie.Die doop
bring juis mense bymekaar.Die doop
skep ‘n nuwe eenheid in Christus.‘n Eenheid
wat verdeeldheid tussen volke, rasse, kulture, tale, stande en wat ook al
oorstyg.Gedoop om
een liggaam te gaan vorm!Ons noem die
doop gewoon.Maar as jy dit besef, kyk mens met nuwe oë na ons
gewone doop.Hierdie doop
is eintlik geweldig besonder, geweldig kragtig!Hierdie doop
het as resultaat: eenheid en gelykwaardigheid.Die Jood en
die Griek neem saam plaas in dieselfde kerkband.Die slaaf en
die vryman vou saam hande.Die miesies
en die bediende sit saam aan dieselfde nagmaalstafel.So ook die
baas en sy tuinboy.Geweldig
kragtig, dat die doop dit regkry!Hierdie
dinge is te danke aan die doop.Die doop
bring geen verdeeldheid nie, maar juis eenheid en gelykwaardigheid.Deur een
Gees is ons almal tot een liggaam gedoop.Maar soos
hierdie voorbeelde al aandui, die doop en die Gees maak van die kerk nie ‘n
eenderse grys massa nie.Binne die
eenheid van die liggaam kom die uiteenlopende verskeidenheid juis pragtig tot
sy reg.Oor, oog,
neus, mond, arm, hand, been, voet, toon, almal hoort hulle by mekaar.Tog het
elkeen ‘n eie funksie.Almal is ons
nodig.En elke
funksie, elke gawe, is belangrik.Die voet
hoef hom nie minderwaardig te voel, omdat hy nie die hand is nie.Die oog mag
ook nie die houding hê dat die liggaam ook wel sonder gehoor kan regkom nie.Die oor hoef
hom nie minderwaardig te voel, omdat ander altyd ‘n mens in die oë kyk, en nie
na die ore nie.Dit is God
wat aan elke lid persoonlik sy plek aangewys het in die liggaam, soos Hy
besluit het.Dit was die
wens van God om ‘n volledige liggaam te vorm, nie net een groot oog of een
groot voet of wat ook al nie.En dit is
dus God wat alle funksies onderling op mekaar afgestem het.Wie dus
enige op- of aanmerkings het oor sy plek of die van ‘n ander, is by God aan die
juiste adres.Maar wat sal
ons eintlik vir God sê?Wie sal met
God in diskussie gaan?Kan die
pottebakker op lyn gestel word met die klei? (Jes 29:16)God skenk sy
Gees.Dit is die
Gees wat in elkeen persoonlik die gawes ontwikkel waarvoor hy of sy aanleg
ontvang het.En of die
een meer aanleg het as ‘n ander, niemand van ons het vir alles aanleg nie.God skakel
ons almal in.Ons is almal
gelykwaardig.Ons sit aan
mekaar vas in dieselfde liggaam.Ons behoort
dus onderling op mekaar betrokke te wees.Dit bring
ons by die tweede punt van die preek.(Tema: Die
liggaam vorm ‘n eenheid
-
Dit is ‘n feit)
-
Dit is ‘n opdrag
Betrokkenheid
op mekaar.Paulus wys
die gemeente in Korinthe op die feit hoe ‘n liggaam funksioneer.Verskillende
ledemate, sintuie en organe, elkeen met sy eie funksie.Oog, oor,
neus, voete, hande, almal is hulle noodsaaklik vir die liggaam.Geen lid is
gelyk aan ‘n ander.Dus is
elkeen onmisbaar.Die
bedoeling is dat elkeen vir homself daarom ook die vraag beantwoord:wat is my
funksie, hoe kan ek in die kerk diensbaar wees?Wat is my
opdrag?Deesdae, in
ons supermarkera, is ons vinnig geneig om te vra: wat bied die kerk vir my?Die klant is
koning, en as hierdie kerk nie vir my bied wat ek soek nie, dan gaan soek ek ‘n
‘kerk’ wat beter by my behoeftes pas.Maar 1
Korinthiërs 12 leer ons om die vraag om te draai.Nie, wat
bied die kerk my nie.Maar: wat is
my taak, my funksie, my opdrag in die liggaam?Dink net hoe
onsinnig dit sou wees as die arm sou beweer: God het my op die verkeerde
liggaam aangeskroef.Ek gaan
myself amputeer, ek gaan ‘n ander ligggaam opsoek wat beter by my pas.ONSINNIG.
Inderdaad.
Met hierdie
beeldspraak van die liggaam wil Paulus die gemeente in Korinthe wakker skud.En ook
vandag ons.Hoe gaan jy,
hoe gaan u met die liggaam om?Die liggaam
waarin God jou geplaas is, waarvan jy ‘n ONAFSKEIBARE deel uitmaak.Niemand kan
sê: ek het nie ‘n funksie nie.En niemand
hoef skuldig te voel, as hy nie dieselfde kan doen as ‘n ander nie.Daar is mense
wat maklik voor ‘n groot groep kan praat, daar is mense wat ‘n nag wakker lê as
hulle dit moet doen.Daar is
mense wat nie eers ‘n stukkende gloeilamp kan vervang nie.Daar is ook
mense wat per maand meerdere huise kan bou.Die beeld
mag dus nie ontstaan dat jy nie ‘n goeie lid is, as jy daarteen opsien om die
gemeente toe te spreek, of om leier of leidster van ‘n Bybelstudie te wees nie.Net so min
as mense, skryf Paulus, in Korinthe hulle skuldig hoef te voel as hulle nie in
tonge kan praat nie.Nie dat dit,
omdat hulle dit nie kan doen nie, as ‘n verskoning kan dien om nou maar
agteroor te sit en alles aan ander oor te laat nie.God roep jou
juis om goed en ywerig te doen wat jy wel kan.As jy nie
die persoon is om ‘n Bybelstudievereniging te lei nie, doen dan wel ywerig mee
as lid van die Bybelstudie.Soek mekaar
op, as gemeente, as LIGGAAM, ook deur die week.Jy kan moes
nie Sondag in die kerk sit, aanstaande Sondag aan die nagmaalstafel, asof ons
‘n hegte liggaam is, maar deur die week is jy glad nie betrokke by die gemeente
nie.Dit sal dalk
beter wees om eers betrokke te raak, voordat jy weer die skyn aan die
nagmaalstafel ophou dat jy wel ‘n hegte eenheid vorm met die gemeente.Ons het
mekaar nodig.Elkeen lewer
gewillig sy bydrae.Met bydrae
bedoel ek nie in die eerste plek geld nie, dit ook.Die diakens
het ons opgeroep om ekstra te skenk vir die hulpbehoewendes.Het u al aan
daardie oproep gehoor gegee?Maar nie net
geld nie.In die
allereerste plek jouself, jou tyd.Jou tyd is
soveel meer werd as jou geld.Soms hoor ek
mense sê: dominee, deur die week het ek nie tyd nie.Mens sou
hierdie opmerking ook anders kon verwoord:Dominee,
deur die week is die kerk nie vir my belangrik nie.Maar ons is
mos EEN LIGGAAM!Sewe dae per
week!Die eerste
Christelike gemeente het elke dag bymekaar gekom (Hand 2:46).Ook daardie
lede waarvan mense dink dat hulle geen funksie in die kerk het nie – miskien
dink hulle dit ook van hulleself – ook hulle het hulle plek van God ontvang.Is dit nie
ook so in die menslike liggaam nie?Daar is
organe wat jare lank ‘n sluimerende bestaan het, voordat hulle aktief raak.Daar is
organe waarvan ons die nut nog nie eers ken of ten volle verstaan nie.Tog wil dit
nie sê dat hulle vir spek en bone onderdeel van die liggaam is nie.Daar is
miskien gemeentelede wat – byvoorbeeld as gevolg van hulle ouderdom – ‘n
onopvallende bestaan lei.Hulle kan
nie meer die kerk gereeld besoek nie, hulle kan nie meer in kommissies dien nie,
hulle kan nie meer Bybelstudie toe kom nie.Tog is dit
vir hulle geen rede om as bejaarde hulle afsydig te hou van die kerklike lewe
nie, en nog minder vir ander om te maak asof bejaardes nie meer saamtel nie.Miskien het
die gemeente hulle meer as ooit nodig.Dat deur
hulle daaglikse gebed – nie gehaas, soos dit so dikwels by gesinne en werkende
mense gebeur – maar dat hulle in alle rus die gemeente aan die Here kan opdra.Het die
Israeliete in die woestyn nie die oorlog gewen omdat Moses sy arms die hele tyd
in gebedshouding omhoog gehou het nie?Miskien het
ons dit aan hulle volhardende gebed te danke, dat die gemeente desondanks nog
‘n eenheid vorm, dat daar jongmense is wat deurgroei tot belydende lede.Ja ons is
vir mekaar onmisbaar.Oud en jong.
Gesond en
siek.Ja, skryf
Paulus, veel eerder is daardie lede van die liggaam, wat die swakste lyk,
noodsaaklik.En, lees
ons, daardie lede van die liggaam wat vir ons minder eerbaar lyk, beklee ons
met oorvloediger eer.Ons minder
edele dele word daarom met groter eer behandel, en die meer edele dele het dit
nie nodig nie.God het die
liggaam so saamgestel dat hy aan die mindere meer eer gegee het, sodat daar in
die liggaam geen verdeeldheid sou wees en al die liggaamsdele eensgesind vir
mekaar sou sorg.Wat Paulus
presies met hierdie redenasie bedoel, word duidelik as mens besef dat hy hier
oor die geslagsorgane praat.Dit is die
dele van die liggaam wat ‘n ander nie hoef te sien nie.Maar dit wil
nie sê dat hulle minder belangrik is nie.Juis intern
sorg die res van die liggaam goed vir hierdie lede, deur byvoorbeeld – skryf
Paulus – hulle behoorlik te klee.Die gebrek
aan aandag wat hulle ontvang van ander, word gekompenseer deur die aandag en
versorging wat die liggaam self aan hierdie lede skenk.Daar is
gemeentelede wat jy nooit sal hoor in die erediens, op ‘n gemeentevergadering
of Bybelstudie nie.Tog, hoe
onopvallend hulle ook is en hoe weinig aandag hulle vir hulleself opeis, weet
elke ander lid hoe onmisbaar hulle ook vir die liggaam is.En dus sorg
die meer opvallende lede met ekstra liefde en aandag vir hulle.Hierdie
onderlinge sorg, gemeente, berus op die feit dat ons een liggaam is.Iets
waarvoor ons nie self gekies het nie, maar waarin God ons geplaas het.Ons eie wil
of voorkeure mag nie die botoon voer nie.Ons word
aangestuur deur die Hoof.Dit is die
Here Jesus Christus.Wat een lid
ondergaan, ondergaan almal.Pyn aan een
ledemaat of orgaan werk deur in die hele liggaam, al is dit die kleintoontjie.Maar ook die
omgekeerde: as een lid geëer word, is al die lede saam met hom bly.Gemeente,
daar is nog een saak wat ek nie onaangeroerd wil laat nie.Dit is die
onderwerp van 1 Korinthiërs 13.Dit is
weliswaar die volgende hoofstuk, maar tog kan mens ons teks nie los lees van
hoofstuk 13 nie.As jy na die
gemeente kyk, die kerklike gemeenskap, dan is daar ‘n enjin wat alles aan die
gang hou, wat elkeen motiveer.Daardie
enjin is die liefde.Jy kan ‘n
groep mense bymekaar sit, met allerlei talente en gawes, maar as hulle nie wil
nie, as daar geen onderlinge liefde is nie, dan kom daar nooit ‘n hegte eenheid
nie.Daardie wil
tot iets word aangedryf deur die liefde.Die liefde
wat ons van Godsweë mag ervaar, straal ons uit na mekaar.Dit is soos
die bloedsomloop in die liggaam.Daardeur bly
die hele liggaam warm.Die liefde
sorg dat alle gawes aangewend word om die gemeenskap op te bou, nie af te breek
nie.Te dien, nie
jou eie eer te soek nie.Hierdie
liefde moet die botoon voer.Deur die
liefde word die foute en gebreke wat ons almal het, vergewe.Deur die
liefde kry ons dit reg om nie die heeltyd mekaar te bekritiseer nie.Deur die
liefde word daardie dinge wat elke lid wel goed doen, nog mooier en
invloedryker, omdat die ander lede ook daarvan profiteer.Volgende
week, DV, word die eenheid in hierdie gemeente weer sigbaar aan die
nagmaalstafel.Die
verbindende element is die liefde van Christus.Berei u
daarop voor.Is die
liefde van Christus die bloedsomloop in jou persoonlike lewe?Staan jy as
persoon bekend as ‘n liefdeVOLLE mens?Is die
liefde van Christus ook die bloedsomloop in hierdie gemeente?Die liggaam
vorm ‘n eenheid.Dit is ‘n
feit.Dit het ons
in hierdie preek gesien.Dit is ook
‘n opdrag.Die
voorbereiding op die viering van die nagmaal bepaal ons hierby.Gaan jy in
die komende week jou gang, al op jouself, sonder belangstelling vir die
gemeente?Vir die
gemeente aktiwiteite?Funksioneer
jy op die rand?Sien jy jou
broers en susters net op Sondag?Dan is daar
iets fout.Gaan jy in
die komende week bid vir die gemeente?Bid vir die
kerkraad, vir die diakens, vir die dominee, en veral ook: bid vir die
onaansienlike lede?Of gaan jy
hierdie week veral kritiek lewer op die liggaam waarin God jou geplaas het?Kla, fout
soek, aan die kantlyn staan?Dan is daar
iets fout.As jy dan
volgende week nagmaal toe kom, is dit ‘n skyneenheid.As jy ‘n lid
aan die kantlyn is, aan die rand van die liggaam, waar die bloedsomloop nie
goed uitkom nie, gaan jy dalk ‘n keer afsterf.Die liggaam
vorm ‘n eenheid, waarvan jy ‘n lid is.Dit is ‘n
feit.Dit is ook
vir jou ‘n opdrag.Amen.
(kyk in preek)