Lees: 1 Tim 6: 3-21
Teks: Miga 2: 1-5
Geliefde gemeente,
Elke mens wat jonk is het gewoonlik 'n sterk neiging tot idealisme. Jy het van die lewe groot verwagtings. Jy glo in jou ideale en jy is bereid om jouself heeltemal in te sit vir die verwesentliking van jou ideale. Daarom vind ons in aksiegroepe en protesoptogte 'n oorverteenwoordiging van jong mense. Die meeste mense raak by die ouer word gewoonlik 'n bietjie meer realisties. Deurdat jy langer leef het jy ook meer teleurstellende ervarings in die lewe ondervind. Jy het inmiddels kennisgemaak met die realiteit van die sonde. Ook het jy hopelik jouself 'n bietjie beter leer ken en besef jy van jouself dat jy ook maar jou beperkings het.
Die werklikheid van die sonde ervaar ons ook in die maatskaplike lewe. Geen samelewing van mense is ook maar enigsins volmaak nie. Ons maak self ook deel uit van die sondige samelewing. Of om dit met die Heidelbergse kategismus te se: ek is van nature geneig om God en my naaste te haat. So is ons almal as mense, en dit moet vir ons die realiteitsbesef gee dat wat ons ook al doen, watter planne ons ook maak om die wereld te verbeter, dit bly altyd maar pogings wat nooit heeltemal gerealiseer kan word nie. Watter organisasies ook al opgerig word, daar bly nood en pyn en haat en onreg. Om dit te erken is 'n vorm van bybelse nugterheid. Gesonde nugterheid.
Maar laat ons daarvoor waak dat ons hierdie bybelse nugterheid sou vervang deur iets wat daarop lyk maar wat tog iets heel anders is. Ek bedoel nou 'n houding wat ons skeptisisme noem. Iemand wat skepties is sal se: Ag die wereld sal nooit volmaak word nie, dus enige inspanning om iets aan die wereld te verbeter is tog maar verspilde energie. Die wereld le mos onder 'n oordeel. Dus hoekom sou ons ons druk maak oor onreg of verdrukking in die wereld? Laat ons maar liewers leer leef met die situasie en daar vir onsself die beste uit haal.
Wel, so'n houding sou baie onbybels wees. Die bybel kan ons baie realisme leer met betrekking tot die verbeterbaarheid van die wereld en die mense daarop, maar tegelykertyd is die bybel baie skerp in sy oordeel oor wat verkeerd is.
Daarom roep die Here steeds weer profete om sy gerig oor die sonde van mense aan te kondig. Miga is so'n profeet van die Here.
Ek verkondig u God se woord soos volg:
God se oordeel oor ongeregtigheid onder Sy volk
- hoe hulle die geregtigheid verbreek het
- hoe God die geregtigheid herstel
Wee die wat onreg uitdink! So begin die oordeelsaankondiging van Miga in die Naam van die Here. Uit die toevoeging, wat kwaad smee op hul bedde, weet ons om wie dit gaan. In die tyd is bedde nogal 'n weeldeartikel wat net die rykeres in die stede hulself kon veroorloof. Die gewone man van die platteland het nie 'n bed gehad om in te slaap nie. Hy het hom in sy kombers op 'n mat op die vloer uitgestrek. Beddens is vir stadsmenere. Daarby kan ons dan maar dink aan die hoofstede van Israel: Samaria en Jerusalem.
Om hierdie profesie van Miga te begryp sal ek vir U iets moet vertel van die maatskaplike situasie van daardie tyd. In die stede Jerusalem en Samaria het 'n groep van ryk mense ontstaan. 'n Maatskaplike elitegroep by wie baie mag gekonsentreer was.
Dit was die gevolg van 'n sekere kulturele ontwikkeling in Israel. Toe die volk Israel die land Kanaan in besit geneem het was hulle almal boere. Elke Israeliet het by die inbesitneming van die land sy eie grond gekry. Die stuk grond was jou wetlike erfdeel in die beloofde land. Die bedoeling was dat so 'n erfdeel vir altyd in besit sou bly van die familie aan wie dit oorspronklik toegewys is. En daarmee was die erfdeel iets heiligs vir 'n Israeliet. Dit het nl. 'n geestelike meerwaarde gehad, dit was jou deel in die beloofde land. Middels jou wetlike erfdeel het jy gedeel in die beloftes wat God aan die land gegee het. Jy het die seen van die Here veral ervaar in die besit van jou eie grond. Daar leef jy, daar werk jy vir jouself en vir jou nageslag. Jy is 'n vrye Israeliet wie se leefmoontlikhede gewaarborg is deur die Here self. Dit is wat die Bybel noem: Geregtigheid. Dus jy ontvang en geniet wat jou volgens God se beloftes toekom.
Die Here het in die verskillende sosiale wette heelwat reels gegee om hierdie situasie van geregtigheid te handhaaf, die bekendste daarvan is die sg. Jubeljaar. In die jaar moes aan elkeen sy skuld kwytgeskeld word en as jy deur omstandighede jou erfdeel verloor het dan moes dit weer teruggegee word. Want die Here wou 'n situasie van grootgrondbesit waarby enkelinge al die grong het en die res van die mense min of meer as slawe by die enkele bevoorregtes moet werk, voorkom.
Nou wil dit voorkom dat die wet ven die Jubeljaar in Israel nooit werklik uitgevoer is. En as daar al aandag aan gegee is dan is dit op so'n manier gedoen dat dit die arme in elk geval nie gebaat het nie.
Maar goed, as ons uitgaan van die beginsituasie van elke boer boer op sy eie stuk grond dan kan U wel voorstel dat die een beter geboer het as die ander. As gevolg van beter vakmanskap of groter ywer, of deur beter met personeel om te gaan of deur slimmer met geldelike middele te werk het daar langsamerhand tog verskille ontstaan tussen die een en die ander. Dit gaan nou maar so en dit is ook heeltemal nie verkeerd nie. Die O.T. beskou dit selfs as 'n seen van die Here as dit goed gaan met jou. Ywer en insig word beloon, dit is 'n heel natuurlike saak en 'n gelowige mag daarin die seen van God opmerk.
Maar ons kan ook voorstel as later die sameleweing meer ontwikkel, as daar amptenare benodig word vir bestuur van die land onder die koning, dan is dit die rykeres wat die beste kanse kry. Aanvanklik omdat hulle oor betere kwaliteite beskik as 'n ander. Dat die kwaliteite beloon word is nog steeds heeltemal in orde, die bybel preek nie 'n maatskaplik gelykheidsidesaal waarby elkeen presies eweveel besitttings of inkomste het nie. Daarvoor is die bybel veel te nugter-realisties.
Maar met die maatskaplike ontwikkeling kom wel 'n groot gevaar saam. Die gevaar nl dat sekere mense belangrike magsposisies gaan inneem. Nou is weereens met 'n magsposisie op sig niks verkeerd nie, maar die gevaar is baie groot dat jy die mag wat jy het sal misbruik vir jouself. Dat jy jouself bevoordeel en dit dan doen ten koste van 'n ander.
En dit is wat in Israel gebeur het en blykbaar op groot skaal. Die mense wat in die stede die magsposisies beklee het in die slaggat van die hebsug geval. Hulle het geval vir die mag van die begeerte. En daarteen protesteer Miga!
En nou lees ons nog 'n keer verse 1 en 2: Wee die wat onreg uitdink en kwaadsmee op hulle bedde;by die morelig voer hulle dit uit, want dit is in die mag van hulle hand. Ja, hulle begeer velde en roof dit;ook huise en neem dit. So pleeg hulle dan geweld teenoor die man en sy huis, teenoor die mens en sy erfdeel.
Hulle pleeg geweld se Miga. Dit hoef nie te beteken 'n vorm van liggaamlike geweld waarby jy iemand bedreig: Jou geld of jou lewe!, of soiets nie. Maar dit is 'n veel subtielere vorm van geweld, jy maak gebruik van 'n sekere magsposisie om iemand iets af te dwing. bv iemand wat 'n skuld gemaak het en dit nie kan terugbetaal nie word summier al sy land afgevat sogenaamd as betaling vir sy skuld, maar vir 'n prys ver benede die waarde van die grond. Dit is 'n vorm van geweld. Ekonomiese geweld sou jy dit kon noem. Of jy neem werkers in diens vir 'n veels te laag loon, en as hulle kla oos die swak beloning dan kan hulle maar loop want almal soek werk. Vir jou is daar tien anderes. Dan heers die reg van die sterkste. die ekonomies sterkste. En jy kan dit doen met al die wette van die land aan jou kant. 'n Skyn van reg noem ons kategismus dit. Jy bevoordeel jouself op koste van 'n ander.
Dit is nou wat in Israel gebeur het. Daar word geweld gepleeg teenoor die mens en sy erfdeel. En daarmee is die geregtigheid wat God daargestel het verbreek. As daar geregtigheid in die land heers dan kan elk in vrede leef op sy eie erfdeel, hy word nie bedreig deur mense wat oor 'n mag beskik wat hom skielik sy erfdeel kan laat verloor.
Dit is die situasie wat God vir sy volk in die land bedoel het. Hy het die beloofde land as 'n geskenk vir almal gegee. Sy hele volk mag deel in die vreugde daarvan.
Maar nou het daar in Israel 'n situasie ontstaan waarin die geregtigheid nie meer daar is nie. En daarmee word nie slegs mense in hul regte aangetas nie maar daarmee vergryp jy jou aan die reg van God.
Die beloofde land is van die Here, nie van die koning nie, nie van sy hofdienare nie, maar die beloofde land is van die Here self. En omdat op sy reg en geregtigheid inbreuk gemaak word kom Hy met 'n oordeel.
Nie omdat Hy altyd outomaties party kies vir die armes nie, maar omdat Hy in Sy reg party kies teen mense wat hul posisie misbruik. Oor hulle kom Hy met 'n gerig.
Nou moet ons ook onthou dat in die oordeel wat oor die land sal kom ook die armeres en swakkeres betrek sal word. Ook hulle sal nie die wegvoering in ballingskap vryspring omdat hulle arm is nie. Die koning van Assur sal heel die bevolking wegvoer.
Daarom is so 'n gerigsaankondiging eintlik ook 'n oproep tot bekering van almal. Slegs in die radikale terugkeer tot die Here is daar uitredding. Daar waar jy sy geregtigheid respekteer is uitsig op 'n beter toekoms.
Dit geld ook vandag nog. God het vir die lewe, ook vir die maat-skaplike lewe sy wette gegee. Daarby kan ons veral dink aan die tien gebooie. Hulle kan in die samelewing nie ongestraf verby gegaan word nie. In politieke opsig kan jy alleen maar seen verwag as jy jou steeds weer rig na hierdie tien gebooie. Natuurlik moet hulle in elke situasie weer opnuut konkreet gemaak word in hul betekenis vir die persoonlike lewe en in hul betekenis vir die politieke en ekonomiese lewe.
Daarin sal steeds die eis van geregtigheid in sy praktiese betekenis deurdink moet word.
Dus dan praat ons nie van die reg van die arme nie, dan verwag ons ook nie veel van iets soos stemreg vir almal nie, maar dan dink ons konsekwent vanuit die reg van God. Dan besef ons dat slegs gehoorsaamheid aan sy wette heil kan bring vir die land. Ook vandag. Dikwels hoor 'n mens vandag redenerings hou oor demokrasie soos: As elke inwoner van die land maar sy stem kan uitbring in 'n verkiesing dan sal dit vanself goedkom want die meerderheid weet wat goed is. Ek hoop dat U besef dat dit groot onsin is. Demokrasie is vir baie mense soos 'n afgod, dan verwag jy jou heil uit 'n verkeerde hoek.
Heil is slegs te verwag as steeds gevra word na die reg van God. Waar mense hulle by al hul handelinge laat lei deur liefde tot Hom, deur sorg vir Sy skepping en sorg vir sy skepsels, daar is toekoms. Daar kry die naaste ook die regte aandag.
Wie hom insit vir die reg van God sal ook sy naaste tot sy reg laat kom. Wie self besef dat jy van genade mag lewe, skep ruimte vir sy naaste. Dit kan nie anders nie.
En dit was waar dit in Miga se tyd verkeerd gegaan het. Die maghebbers het nie meer besef dat hulle in die land van die belofte lewe nie, in 'n land wat waarop hulle geen enkele reg het nie maar wat slegs 'n genadegeskenk van die Here was. Hulle het hulle soos eienaars begin gedra. En dan gaan dit verkeerd. Dan is daar nie meer die besef dat die lewe en al wat die lewe oplewer, genade van God is.
2. hoe God die geregtigheid herstel
In die die uitdink van onreg het die maghebbers dus die geregtigheid in die beloofde land verbreek. Onthou geregtigheid in Israel is dat elkeen in die land ontvang waarop hy kragtens die belofte van God reg het. DFie verbreking daarvan wil God as die handhawer van die reg nie aanvaar nie. Hy gaan die geregtigheid herstel. Dit doen Hy op die volgende manier:
Is daar mense wat onheil bedink vir hul naaste? (vs1), dan gee God dieselfde vir hulle terug, vers 3: Dan gaan die Here onheil teen hulle bedink.
Het julle van iemand eiendomme afgeneem? Ek sal julle jul besit ontneem.
Het julle huise en velde geroof? Ek sal die huise en velde vir 'n ander gee.
So kom God se oordeel. So bedink Hy onheil vir hulle wat hulself aan hul hebsug oorgegee het. Hulle het die volk 'n swaar juk opgele, dan sal God vir hulle 'n juk ople waaruit hulle hul nekke nie kan trek nie.
God kondig aan: In daardie tyd sal spotliedere oor julle gesing word. 'n Lied waarby die kabaretsanger in die huid van die ou maghebbers in die stede kruip en kla oor die groot verlies wat hulle gely het. Al die velde is aan die afvalliges uitgedeel. Die heidene wat vroeer nie in die seeninge van die beloofde land gedeel het nie, hulle sal nou 'n erfdeel ontvang. Daarop doel vers 5 as dit gaan oor die meetsnoer wat vir iemand gewerp word. Onthou wat ons vertel het van die verdeling van die beloofde land. Elke Israeliet het daarin sy erfdeel gekry. Deur 'n vorm van loting is bepaal wat presies jou erfdeel gaan wees. Onthou ook wat ek gese het oor die geestelike betekenis van jou erfdeel in die beloofde land. Middels jou erfdeel deel jy in die seeninge wat die Here vir sy volk beloof het. As iemand dus nie meer in die vergadering mag kom waar die erfdele verdeel is nie dan is jy uit die gemeenskap uitgesluit. En nie alleen uit die gemeenskao van mense nie maar ook uit die koninkryk van God. Jy is nie meer 'n erfgenaam van die ewige lewe nie.
Dit kan gebeur, gemeente, met mense wat eendag die bondgenote van die Here was. Jy kan dit deur jou sonde so bederf by die Here dat Hy met 'n oordeel van uitsluiting kom.
Dit is wat met Israel gebeur het. En dit het begin by die hebsug, by die feit dat mense aardse welvaart belangriker begin vind het as die seen van die Here. Hulle het in hul begeerte na meer eers hul naaste opgeoffer aan hul hebsug, en vervolgens het die Here hulle daaraan te gronde laat gaan.
Dit bring ons die woord van Paulus in die Timoteus-brief in herinnering: die geldsug is die wortel van alle kwaad.
Daar begin die afval van die Here. Die kern van die kwaad is dus nie dat welvaart ongelyk verdeel is nie, ook al sou oor die ongelyke verdeling heel wat gese kon word.
Maar die kwaad is in die hart van die mens. Dis sterk bene wat weelde kan dra, se 'n spreekwoord. Hou dit goed voor oe gemeente.
As dit met jou goed gaan in die lewe, as jy oor genoegsame finansiele middele beskik om al jou dinge te kan doen, wees maar dankbaar, beskou dit as 'n seen van die Here, 'n onverdiende seen.
Maar laat nie toe dat dit vir jou tot 'n valstrik word, want hebsug is in die hart van ons almal.
Ons leef in 'n tyd waarin die materialisme hoogty vier. Ons hoef regtig nie van 'n groot afstand na die rykes van Jerusalem te kyk nie. Ek is seker dat ons beddens nog heel wat geriefliker is as hulle s'n.
Onthou maar dat die Here Jesus geleer het: Aan wie baie gegee is, van hom sal baie gevra word. God sal van ons almal verantwoording vra hoe ons met ons besittings omgegaan het. Hy sal vra wat het jy gemaak met die gawes wat Ek vir jou op aarde gegee het, het jy daarmee My probeer dien of het jy uitsluitlik jou eie voordeel gesoek.?
Die geldsug is die wortel van alle kwaad, se Paulus en dan vervolg hy: deur daarna te haak het sommiges van die Here afgedwaal. Hulle het daarmee hul geestelik erfdeel verloor. Laat ons daarom voortdurend onsself beproef dat ons op hierdie pad nie sal gaan nie.
Nogmaals dit beteken nie dat jy die voorregte wat jy het nie mag geniet nie of dat jy jou skuldig moet voel oor elke uitgawe wat jy doen wat nie beslis nodig is nie. Maar gebruik jou welvaart as 'n geskenk van die Here. Besef dit is alleen maar genade, wat jou elke dag baie stof gee om te dank. Amen.
(kyk in preek)