Vertaalde preek van Dr. R H Bremmer oor Sondag 45 H. K.
Van die Gebed
Lees: Daniel 9: 1 - 19
Teks: Sondag 45 H. K.
Sing: Sb. 28: 1
na wet Ps. 147: 2
na belydenis Ps 103: 11
Ps 145: 1, 8, 10, 12
Sb. 24: 2
Ps. 130: 1 en 4
Geliefde broeders en susters in onse Here Jesus Christus!
Het julle weleens van 'n gebedsmeul gehoor? Julle sal nou vra wat se ding is daardie gebedsmeul? Wel gemeente, 'n gebedsmeul word by die Boeddhiste gevind. Dis 'n silindervormig voorwerp wat kan rond draai. Dis van papier of karton gemaak, die boeddhis plak op die gebedsmeul baie briefies waarop gebede geskryf is. Deur dan die gebedsmeul te draai, kan hulle baie gebede tegelyk bid. In Boeddhistiese tempels word selfs gebedsmeule van klip aangetref, waarin baie gebede gegrif is. Die Boeddhistiese monnikke trek dan die gebedsmeul met sterk toue rond. Dis dan hulle gebedsmeules.
Verstaan ons die grondgedagte daaragter? Dis hoe meer gebede tegelyk vir Boeddha gebid word, soveel te meer voordeel die bidder daaruit kry. As 'n mens die gebede moet uitspreek, kan hulle net die een na die ander bid. Maar as hulle op die gebedsmeul ronddraai, word baie gebede tegelyk gebid. By die roomskatholieke rosekrans, kry ons iets soortgelyks. Die rosekrans, 'n snoer met krale, word deur die roomskatholieke gebruik om telkens tien "Ons Vaders" en vyftien "Ave Marias" te bid.
Ook daarby gaan dit om die hoeveelheid van die gebede, meer gebede meer verdienste! Die reformasie het radikaal met daardie siening gebreek. Die oorweging dat gebed 'n saak van die hart moet wees, het daarby ook swaar geweeg. By die Christene van die middeleeue was daardie voorwaarde vir die gebed, amper nie meer bekend nie. Bid het die uitspreek van 'n serie formulier gebede in eindelose herhaling geword.
Luther en Calvyn het hulle sterk daarteen verset. Die verset kan ons ook in vraag 117 van ons kategismus beluister, as gevra word wat tot so 'n gebed behoort wat God welgevallig is. Dit moet ons skok, want dit beteken dat daar gebede is wat vir God onwelgevallig is. Tegelyk word ons geleer dat die gebed 'n saak van geloof, van die hart, is.
Om dit goed by ons tuis te bring word, deur die kategismus, nie direk tot die bespreking van die 'Onse Vader' oorgegaan nie. 'n Volle sondag word oor die waarom, hoe en wat van die gebed gespreek. Eers daarna word bede vir bede uit die volmaakte gebed afsonderlik verklaar. Dit is mooie en heerlike sondae wat oor die gebed handel. Daar is alle rede om met 'n opmerksaam hart daarna te luister. Ons spreek oor:
DIE GEBED WAT VIR GOD AANGENAAM IS.
Ons hoor:
- Waarom ons bid;
- Hoe ons bid;
- Wat ons bid.
1 Gemeente is vraag 116 eintlik nie 'n vreemde vraag nie? Waarom is die gebed vir die Christene nodig? Maar om te bid is mos wat voor die hand le, moet christene nog vertel word dat om te bid noodsaaklik is?
Waarom word nie eers die hoe en wat van die gebed bespreek nie? Baie mense het daarmee moeite en ook die verhoring van ons gebede het vir ons sy probleme, waarom word daarmee nie begin nie? Verdien dit nie eerder aandag, as die noodsaaklikheid van die gebed nie?
Ons kan die vraag verstaan gemeente, maar let daarop hoe die kategismus ons aanspreek. Daar word gevra: Waarom is die gebed vir die CHRISTENE nodig? In ons belydenis word die naam christene enkele male meer gebruik, om ons daarmee as gelowiges aan te dui. Dink aan vraag 32: Maar waarom word jy 'n christen genoem? Dan verwys die antwoord na die noue band wat daar met ons Heiland bestaan. Ons is na Christus vernoem! In antwoord 98 word dit weer gebruik, as gese word: dat God sy christene nie deur stomme beelde nie, maar deur die lewende verkondiging van sy Woord wil laat onderrig.
Nou word in hierdie sondag weer die noue verband tussen ons Heiland en ons vorentoe geskuif. Ons is as christene met die Heilige Gees gesalf. Dit moet ook ons gebedslewe raak. Juis vir ons as christene wat aan Christus behoort, is die gebed noodsaaklik. Opnuut, is dit geen vanselfsprekende saak nie? Is dit vir die christen geen lewensbehoefte nie? Is die gebed nie onlosmaaklik met die christen wees verbind nie?
Gemeente, was dit maar so. Onder christene is daar partykeer biddeloosheid, soos ons vaders hierdie tipiese swakheid aangedui het. Dit ontstaan nie net deur onverskilligheid nie, maar ook omdat daar moeite om te bid ontstaan het. Ons wil wel bid, maar ons kan nie daartoe kom nie. Ons het met ons gebed vasgeloop.
Ons wil enkele moeites wat die biddeloosheid veroorsaak, noem. Eerste is daar dan die vraag: help dit wel om te bid, wat word daardeur uitgewerk? Veral hulle wat met die uitverkiesing moeite het, worstel daarmee. God se self in Jesaja 46: 10 " My raad sal bestaan, en al wat My behaag, sal Ek doen" Maar wat help dit dan om te bid as alles al in die raad van God vasstaan? Jy kan wel om geloof bid, maar as die Here klaar besluit het om dit nie vir jou te gee, help die gebed glad nie.
'n Ander moeite, wat voorkom, is dat voortdurend gebid word, om van 'n bepaalde sonde, of verkeerde karaktertrek verlos te word, maar sonder resultaat. Die sonde kom terug en die sondaar ly daaronder. Of daar word om herstel van 'n siekte gebid, maar genesing bly uit. Het dit dan wel sin om te bid? Waarom sal 'n mens vir sy kos bid, dis mos normaal, as jy werk kan jy kos koop en eet. Dis amper soos 'n natuur wet. Wat sal jy met jou gebed daar nou aan verander?
Hierdie moeites toon dat die vraag 'waarom bid' vir 'n christen noodsaaklik is, glad nie 'n oorbodige vraag is nie. Die vraag dwing ons om ons te realiseer waarom die gebed nodig is. Weet ons dat daar ou mense is wat moeite met die gebed het? Dis soos met presentjies vir jou verjaardag, hoe ouer jy word, hoe swaarder word dit om 'n verlanglys op te stel. Want alles wat moontlik op so 'n verlanglys pas, het hulle al.
So is dit ook met die gebed as jy jonk is, is daar baie om te bid. Om goed deur 'n toets op skool te kom. Dat jou aansoek vir 'n bepaalde pos mag slaag. Dat jy jou regte lewensmaat vir 'n huwelik mag ontmoet. Maar oueres het baie om vir te dank, maar waarvoor sal hulle nog bid?
Kyk nou na die antwoord wat ons op al die vrae mag bely. Antwoord 116 se bid is noodsaaklik, eerstens omdat dit die vernaamste deel van die dankbaarheid is. Ja, wonderlik ne. Ons sou dink dat om te dank die vernaamste deel van ons dankbaarheid sou wees. Maar die gebed is die vernaamste. Dit kan nie wees nie. En dan nog iets, ons is al weke in die deel van die dankbaarheid en dan kom die kategismus nou eers met die belangrikste. Hoe moet ek dit verstaan?
Gemeente, vir 'n antwoord op daardie vraag moet terugdink word aan wat oor die struktuur van die kategismus gese is. Dit gaan daarom, om die drie hoofpunte van die christelike geloof te verklaar. In die eerste plek wat ons omtrent die drieenige God sal glo, naamlik die twaalf artikels Daarna hoe ons die Here sal dien, die wet van die tien gebooie. En tenslotte: hoe ons God sal bid, die 'Onse Vader' Die laaste twee, gebod en gebed, word in die deel van die dankbaarheid bespreek.
Wel gemeente, die tien gebooie is reeds een vir een verklaar. In die land van die dankbaarheid word ons die pad, deur die gebooie van God, gewys. Nou moet volgens die gebooie gelewe word. Om so te se, se die Here vir ons: Bewys nou dat julle My dankbare kinders is. Maak die verlossing wat julle van My in Christus ontvang het, in jou lewe sigbaar. Dink aan die laaste vraag uit sondag 44 wat reguit tot ons hart gerig was: Waarom laat God die tien gebooie dan so skerp vir ons verkondig as tog niemand dit in hierdie lewe kan onderhou nie? Gemeente, deur hierdie skerpe vraag word ons tot die gebed aangedryf dat ons tot die ewebeeld van Christus vernuwe mag word. Hoe sal ons die gebooie van God ooit in eie krag kan volbring?
Dis juis die gebooie wat ons na God toe dwing, om van Hom krag en hulp te vra wat ons vir die onderhou van die gebooie nodig het. Hoe kan ons die eerste gebod om God alle eer te gee anders onderhou as deur die gebed: Laat u Naam geheilig word? Hoe sal ons die dag van God waaragtig heilig, anders as deur te bid: Laat u koninkryk kom, ook deurdat ons u dag heilig? Hoe sal ons hart volgens die tiende gebod suiwer gehou kan word, anders as deur daagliks te bid: lei ons nie in versoeking nie, maar verlos ons van die bose? So kom die gebod van God in ons gebed tot rus.
Christus kom met 'n skat van beloftes na ons toe. Daaruit mag ons in gebed krag put, om die gebooie van God uit dankbaarheid te volbring. Is dit nie heerlik nie? Ons mag ons lewenspad met ons God bespreek, en dit aan Hom voorle. Daarin mag ek toon dat ek van harte dankbaar is vir die verlossing wat Hy ons in Christus skenk. Die digter van Psalm 116 het dit so gesing: "Wat sal ek die Here vergeld vir al sy weldade aan my? " Hy het geen moontlikheid om dit te vergeld nie, daarom sing hy: "Ek sal die beker van verlossing opneem en die Naam van die Here aanroep. " Ja dis wat hy kan doen die Naam van die Here loof, aanbid en in dank aanroep. Dis hoe die digter sy dankbaarheids-antwoord gee.
Wanneer 'n prokureur ons met 'n saak goed en vinnig gehelp het, loop ons met 'n volgende saak tog nie na 'n ander prokureur nie. Dit sou hoog ondankbaar wees. Sou ons dan ons dankbaarheid jeens die Here nie in gebed toon deur aan Hom ons hele lewenspad voor te le nie? Waar sou ons anders om hulp en krag kan vra? Hoe die Here op die betoon van dankbaarheid aandring kan ons ook in Psalm 50 sien.
Daar vra die Here vir sy volk: "Sou Ek vleis van stiere eet of bloed van bokke drink? Offer dank aan God, en betaal jou geloftes aan die Allerhoogste; en roep My aan in die dag van benoudheid: Ek sal jou uithelp, en jy moet My eer. " So word die waaragtige dankbaarheids-betoon in ons gebed vanuit ons verlossing gebore.
Daar is nog 'n rede waarom die gebed die vernaamste deel van die dankbaarheid is wat ons aan God verskuldig is. Sondag 45 spreek voortdurend in die meervoud. Dit gaan nie om die gebed van 'n christen nie, maar van christene. Die gebed is nie maar net 'n persoonlike saak nie, dis ook 'n opdrag vir die gemeente. Elke sondag kom ons voor die aangesig van God saam. Die voorganger spreek namens almal die gebed uit. Daardie gebed vind sy verlengstuk in die gebede in ons gesinne en die persoonlike gebed.
Nie iedereen kan finansieel baie vir die kerk beteken, of baie tyd aan kerkwerk afstaan nie. Ook is nie iedereen geskik om te evangeliseer, of in kerklike kommissies te dien nie. Elkeen kan egter wel tot God bid! Soos Dawid in Psalm 25 sy gebed so mooi karakteriseer met: "Tot U o Here, hef ek my siel op. My God, op U vertrou ek;" Nou dis wat ons jeug kan doen en ook ons senior kerklidmate, dit kan siekes en gesondes doen. In die gebed tot God kan ons almal verenig wees, ons almal kan daardie offer van dankbaarheid bring. Hoe kan ons ontroer word deur die konkrete en spontane gebed van 'n kind. Wat kan 'n eenvoudig gemeente lid partymaal in 'n kragtig gebed tot God ons voorgaan. Dis hierdie gebede, die offers van dankbaarheid wat vir die Here aangenaam is, wat as 'n lieflike geur tot voor die troon van God opstyg.
Eintlik is daarmee die vervolg van antwoord 116 al verklaar. Want daar volg nou: en omdat God sy genade en die Heilige Gees alleen aan diegene wil gee wat Hom met hartelike sugte sonder ophou daarom bid en daarvoor dank. Gemeente dis Goue woorde wat Ursinus en Olevianus hier gekies het. Met enkele woorde word hierdie heerlike en daaglikse verbondsverkeer tussen God en ons bloot gele. Die twee woorde: Sy genade en die Heilige Gees, bevat alle skatte wat God ons in sy verbond wil skenk. Sy genade dit is vryspraak van skuld. Die Heilige Gees, is ook die heiliging wat die Gees in ons lewe wil bewerk.
Natuurlik kan so 'n kosbare sin met spitsvondigheid van sy krag beroof word. As gevra word, hoe kan om die genade en die Heilige Gees gebid word as jy dit nog nie ontvang het, ons kan mos van onsself niks goed doen nie. Sulke redenerings ontkrag die kategismus en gaan aan die Skrif verby. Saam met die kategismus moet ons die Woord van Matt. 7: 7 bely, naamlik: "Bid, en vir julle sal gegee word; soek, en julle sal vind; klop, en vir sal oopgemaak word. " Almal wat werklik bid sal in die ryk van God geen soekende siel bly nie, maar hy sal een word wat vind. So het God dit belowe!
Dink hier ook aan Matt. 25: 29: "want aan elkeen wat het, sal gegee word, en hy sal oorvloed he; maar van hom wat nie het nie, van hom sal weggeneem word ook wat hy het. " Ons mag onsself in twyfel nooit afvra of ons wel tot die kinders van God behoort nie. Kwel jouself nie met daardie vrae, dit het al baie mense in nood en ellende gebring. Dis vrae van ongeloof wat uit die hel aangeblaas word. Ons kategismus se deursigtig en duidelik: God wil sy genade en die Heilige Gees alleen - hoor ons dit ALLEEN - aan die gene gee wat Hom met hartelike sugte sonder ophou daarom bid. Sekerlik gemeente ons moet daarom bid! God beveel dit, in hierdie sondag is dit tot driemaal toe gese. In antwoord 116: Omdat God dit as die vernaamste deel van die dankbaarheid van ons vorder In antwoord 117: dat ons God van harte moet aanroep vir al die dinge wat Hy ons beveel het om voor te bid. In vraag 118: Wat het God ons beveel om van Hom te bid?
Laat dit goed tot ons deurdring gemeente: God het die gebed vir ons beveel. God weet van ons biddeloosheid, daarom deurbreek hy dit met hierdie drievoudige bevel. 'n Verklaarder van die kategismus skryf by hierdie bevel: Die bevel van God om te bid is ten diepste 'n bevel tot opstaan uit die dood. Daarin het hy mos geen ongelyk nie?
Gemeente, dink nog eens aan die gebedsmeule van die Boeddhiste en die rosekrans wat die roomses bid. Hoe staan dit nou met ons gebede? Het hulle tot 'n outomaties sleur verval? Ly ons aan biddeloosheid? Vra dan die Here om sy Gees sodat ons gebed opnuut lewendig word. Die gebed van die gemeente van God is vir die lewe in hierdie tyd van die grootste belang. 'n Biddelosekerk is 'n magtelose kerk, dis 'n kerk wat versteen. Maar 'n kerk wat besef watter krag die gebed gee en dit dageliks tot God opsend, is 'n kragsentrale in die koninmkryk van God.
II Daarom is ons bly dat vir ons konkreet aangewys word, hoe ons moet bid. Die kategismus vra reguit: Wat behoort by so 'n gebed wat God welgevallig is en deur Hom verhoor word? Die minste wat van die gebed geweet moet word wil ons kategismus se.
In die begin van die preek het ons al gesien dat daar 'n kritiese gedagte in vraag 117 le, naamlik: Nie elk gebed is vir God aangenaam nie daar moet aan bepaalde voorwaardes voldoen word! In antwoord 117 word daar drie vir ons genoem. Eerstelik dat ons alleen die enige ware God wat Hom in sy Woord aan ons geopenbaar het, van harte aanroep. Daarin word kragtig teen die roomse bidgewoontes stelling ingeneem. Nee, wil die kategismus se: geen heiliges, geen Maria aanroep nie.
Tegelyk is daar vir ons protestante die waarskuwing in: Nie 'n vae godsidee, 'n grote onbekende aanbid nie. Om te bid is nie in 'n lotery saamspeel nie! Tot Hom wat Hom helder en duidelik is sy Woord aan ons geopenbaar het, as ons Vader in Jesus Christus, moet ons bid. Dis heerlik om so 'n God te he en dat ons Hom in gebed mag aanroep. Die adres is oor die hele wereld bekend gemaak: Dis onse Vader wat in die hemel is.
Dan volg die tweede voorwaarde vir die gebed: dat ons ons nood en ellende reg en grondig moet ken, sodat ons ons voor die aangesig van sy majesteit sal verootmoedig. Ons kan nie as 'n grootprater met eise tot die Here kom nie. Ons moet ons voor Hom verootmoedig. Dit wil se ons weet van ons nikswaardigheid voor Hom. Daar is niks om te eis nie, maar ons mag nederig vra. Proe ons die verskil met die moderne mens van ons dae wat eis. Hy organiseer protesaksies. Hy staak. Hy blok paaie en boikot winkels.
Gemeente die ware bidder eis nie, hy smeek. In besef van sy nood en ellende, hef hy sy siel tot God op. Hoor die bidder van Psalm 130: "Uit die dieptes roep ek u aan, o Here! Here hoor na my stem; laat u ore luister na die stem van my smekinge. As U, o Here, die ongeregtighede in gedagtenis hou, Here, wie sal bestaan? " Hoor ook die slot van die smeekbede van Daniel waar hy se: "nie op grond van ons geregtigheid werp ons ons smekinge voor u aangesig neer nie, maar op grond van u grote barmhartigheid. " dan volg die aangrypende woorde: "Here, hoor! Here, vergeef! Here merk op en doen dit, vertoef tog nie, om U ontwil, my God; want u Naam is oor u stad en u volk uitgeroep. "
Dit is gebede wat God welgevallig is. Opnuut wil ek daarop wys dat die kategismus duidelik in die meervoud spreek. Ons moet ons nood en ellende ken. Ons moet ons voor die aangesig van God verootmoedig. Die gebed wat God welgevallig is, is 'n saak wat die hele kerk van God raak. As kerk moet ons ons nood en ellende reg ken.
Wat is ons nood en ellende? Is dit nie juis die biddeloosheid wat ons partymaal oorkom? Ons tekort aan waar geloof, dat ons verslap in die diens van God op sondag en in die week. Is die nood van die christenheid nie ook die nood van ons kerke nie? Is kerkverlating 'n sonde wat net buite die Vrye Gereformeerde kerke gevind word? Gemeente, ook vir ons is daar alle rede om ons voor God te verootmoedig.
Dan volg die derde eis vir die gebed: dat ons hierdie vaste grond het dat Hy ons gebed, nieteenstaande ons dit onwaardig is, tog ter wille van die Here Christus sekerlik wil verhoor, soos Hy dit in sy Woord beloof het. Dink nou weer terug aan die gebedsmoeilikheid waaroor in die begin gespreek is; Bid help nie, se baie mense en stop dan om te bid.
Aan die raad van God kan tog niks verander word, se ander mense, en dit verlam sy gebed. Kyk nou wat ons met die woorde van hierdie sondag bely: God wil ter wille van die Here Christus sekerlik ons gebed verhoor! Dis die vaste grond vir ons gebed wat ons het, want God het dit ons in sy Woord belowe.
Gemeente kyk na die manne, die getuies van die geloof, God het vir Abraham gese: Hy gaan Sodom vernietig Wat doen Abraham? Se Hy Dis die raadsbesluit van God daar kan niks aan gedoen word nie? Sekerlik nie, hy smeek God of Hy self ter wille van tien regverdiges die stad wil spaar. God sou die stad gespaar het as daar tien regverdig sou gewees het. Die koning van Nineve het van sy troon opgestaan en sy mantel afgehaal en in rougewaad gehuld in die as gaan sit. Toe Jona die ondergang van die grote stad aangekondig het. Toe het God berou gehad oor die onheil wat Hy Nineve sou aandoen.
In Genesis 25 lees ons dat Isak die Here gesmeek het met die oog op sy vrou Rebekka wat onvrugbaar was, en die Here het hom verhoor. In sy raad het die Here ons gebed en sy verhoring aan mekaar verbind. Ons hand wat ons tot Hom ophef, ons roep tot Hom, het God reeds in sy ewige raad opgeneem. Daarom kan die kategismus se, dat God ons gebed om Christus ontwil, seker wil verhoor. Dink ook aan die gebed van Josua in die stryd teen die Kanaaniete, dat son en maan sou stil staan. Daar was geen dag soos hierdie dat die Here na die stem van 'n man geluister het nie, lees ons dan in Josua 10: 14. Hierdie verhoring van gebede mag ons bemoedig. Veral as daaraan toegevoeg word dat ons gebed om Christus ontwil sekerlik verhoor word.
Christus is ons Voorbidder by God, ons Voorspraak wat agter ons swakke en kwesbare gebede staan. Vir God kom ons gebede, om so te se, uit die mond van Christus na Hom toe. Christus neem ons gebed, suiwer dit en le dit aan die Vader voor. Op sy volbragte werk het Christus 'n pleitgrond by die Vader wat nie oorgesien kan word nie. Vir sy dissipels het Hy self gese: Al wat julle in my Naam bid sal die Vader vir julle gee. Dis maar enkele woorde waar ons ons gebed mee afsluit. Om Christus ontwil, of in die Naam van Jesus ons Here. Met hierdie woorde staan ons gebed egter op vaste grond. In die slotwoorde van ons gebed le beloftes opgesluit. Ons mag seker wees dat ons vrae aan God deur die voorspraak van Christus gedra word.
III So kom ons tot die laaste: wat ons van die Here sal bid. Kort en kragtig word dit in antwoord 118 gese: Alle geestelike en liggaamlike behoeftes. Soos in die volmaakte gebed, hoor die liggaamlike behoeftes daarby, moontlik moes hulle in hierdie antwoord voorop gaan, want ons is geen engele nie, maar mense wat voedsel nodig het om die Here te kan dien. Ons werkkring waardeur ons ons gesinne kan onderhou. Herstel van siekte om ons amp en beroep te kan beoefen. En vernuwing van ons lewe. 'n Christen bid nie om luuks te kan lewe nie. Ook nie om welvaart bo die maat, maar mag regtig wel om 'n mooie vakansie vra.
Tenslotte word na die onse Vader verwys. Heel mooi word dit die gebed genoem wat Christus ons geleer het. Dis daarom ook 'n onoortrefbaar gebedsmodel. Opvallend is dat ons vaders wat, teen sleur en gewoonte in die gebed, gestry het, amper elk formulier gebed met die Onse Vader afgesluit het.
Dr. Abraham Kuyper het met reg opgemerk dat daar geen sondag verby mag gaan waarop in die kerk die Onse Vader nie gebid is nie.
Gemeente met 'n laaste apostoliese vermaning wil ons afsluit, naamlik: "Bid sonder ophou" (1 Thes. 5: 17) Daar bedoel Paulus nie mee dat ons dag en nag moet bid nie. Nee, dis 'n apostoliese vermaning om reelmatig en volhardend te bid. Bid by die huis by die maaltye, begin en sluit die dag met gebed. Bid in gesonde en in dae van siekte. Bid as gemeente van Jesus Christus. As daar moeites is om te kan bid, as in ons hart tog nog die gedagte opkom: het dit wel sin om te bid, lees dan met aandag hierdie sondag 45 en ook die Skrifplekke waarna verwys word. Steeds meer sal ons daaruit leer, hoe en wat ons sal bid.
Amen.
(kyk in preek)