Gaan en doen jy net so

Predikant: 
Ds PG Boon
Gemeente: 
Maranata
Datum: 
2014-11-30
Teks: 
Lukas 10 : 37b
Preek Inhoud: 

PRETORIA-MARANATA, 30 November 2014 AD, 10:15

(doop & bevestiging ampsdraers)

Voorsang: Ps
27:1,4

Votum

Seën

Ps 20:1,2

Wet

Gebed

Doopsbediening

Ps 105:5

Dankgebed

Skriflesing:
Lukas 10:25-37

Ps 41:1

Teks: Lukas
10:37b

Preek

Ps 125:1-3

Bevestiging
ampsdraers

S: Ps 134:4
(nadat hulle ‘ja’ geantwoord het en seën ontvang het)

Gebed (uit
formulier) en daarna sing van Onse Vader

Kollekte

Ps 108:4

Seën

 

Preek: Lukas 10:37b

 

As jy by die
ingang van die supermark sien daar word ‘n fiets deur die wind omgewaai, maar
dit is nie jou fiets nie, sit jy hom dan weer regop?

As jy op die
parkeerterrein sien iemand probeer ’n motor steel, maar dit is nie jou motor
nie, stap jy net aan asof jy dit nie gesien het nie?

Dink jy by
jouself: dit is nie my probleem nie.

Of dink jy:
sy probleem is ook my probleem, en jy bel die polisie of sekuriteitsmaatskappy?

Ons leef
saam op God se aarde.

Hierdie
lewenshouding leer die Here Jesus ons in die gelykenis van die barmhartige
Samaritaan.

Dat jy so ’n
lewenshouding het: jou probleem is ook my probleem.

Hierdie
boodskap geld ook vir kerkmense, ons moet net so goed na hierdie gelykenis
luister as ongelowige mense.

Vir
kerkmense is dit ook dikwels moeilik om sonder aansien des persoons in die lewe
te staan.

Hoe kry mens
dit reg, om op hierdie punt te verander?

Hierdie
gelykenis, veral as mens dit in die konteks plaas van waarmee ons Heiland besig
was, op daardie stadium, help ons verder.

Want dit
gaan nie net oor, wat mens kan noem, filantropie nie, algemene medemenslikheid
nie.

Filantropie
is dikwels nog steeds baie egoïsties.

Hierdie
gelykenis leer ons om in die eerste plek ons verhouding met Christus, die
Messias, in orde te kry.

Jesus sê aan
die einde van die gelykenis: gaan en doen jy net so.

Net soos
wie?

Dit sal ons
in hierdie preek naderby bekyk.

Tema: Gaan en doen jy net so.

1                  
Erken dit
was die samaritaan

2                  
Volg die
Samaritaan (hoofletter)

1      
Erken dit
was die samaritaan

Jesus is
hier in gesprek met ’n wetgeleerde.

’n
Vooraanstaande man in die sinagoge.

’n Man wat
baie kennis van die Bybel gehad het.

Hierdie
wetgeleerde het ’n vraag aan Jesus gevra met die bedoeling om Hom te versoek.

Oppervlakkig
gesien was daar niks fout met die vraag nie.

Maar die
vraag het ’n lelike ondertoon gehad.

Die
wetgeleerde wou met die vraag die naam van die Here Jesus skade berokken.

Hy het ’n
bybedoeling met hierdie vraag gehad.

Hy wou Jesus
laat struikel.

Hy het
gevra: “Meester, wat moet ek doen om die ewige lewe te beërwe?”

Hy het dit
nie gevra omdat hy heilbegerig was nie.

Skynbaar
onderdanig het hy Hom ook as Meester aangespreek.

Dan sien ons
dat die Here Jesus in sy groot wysheid op die vraag ingaan.

Hoewel Jesus
hom nie tot ’n dispuut wil laat verlei nie, en hoewel Hy goed besef het dat die
wetgeleerde nie uit onkunde die vraag gevra het, maar omdat hy ’n probleem met
Hom gehad het.

Met Jesus,
wat vir die skare gesê het:

Ek is die
deur vir die skape.

Niemand kom
tot die Vader behalwe deur My nie.

Dit is dus
hoe jy die ewige lewe beërwe, deur Jesus.

Jesus
beantwoord die vraag met ’n wedervraag.

Wat staan
hieroor in die wet geskrywe?

Die
wetgeleerde gee vervolgens ’n samevatting uit Deuteronium 6:5 en Levitikus
19:18: Jy moet die Here jou God liefhê uit jou hele hart en jou hele siel en
jou hele krag en jou hele verstand, en jou naaste soos jouself.

Dit is die
mees kernagtige samevatting van al God se gebooie.

Met hierdie
antwoord het Jesus uiteraard heeltemal saamgestem, en Hy gee die advies:

Jy het reg
geantwoord; doen dit , en jy sal lewe.

 

Maar hiermee
was die wetgeleerde nie tevrede nie.

Hy wou mos
vir Jesus op ’n verkeerde woord betrap.

Sy poging
het nou bietjie misluk, deurdat Jesus in sy wysheid direk na die Skrif
terugverwys het.

As die
wetgeleerde nou sou ophou vra, sou die mense dalk dink hy is baie dom.

En daarom
het hy nog ’n vraag gevra.

In vers 29
staan: Hy wou homself regverdig.

Hy wou
homself handhaaf.

En daarom
die tweede vraag: wie is my naaste?

Hoekom vra
hy dit eintlik?

Nie omdat hy
self nie geweet het nie.

As
wetgeleerde het hy baie goed geweet wie sy naaste was.

Hierdie was
ook ’n strikvraag.

Hy wou
natuurlik die mening van Jesus hoor.

In Jesus se
woorde was hy op soek na ’n stok om Hom mee te kan slaan.

Maar Jesus
vra weer ’n wedervraag.

Hy begin met
die vertel van ’n gelykenis.

Nie net om
inhoudelik die vraag te beantwoord nie, maar om by die kern uit te kom.

In sy
gelykenis verander Hy eintlik die fokus, die blikrigting van die vraag.

Dis nie meer
soseer die vraag: wie is my naaste nie.

Maar: hoe
word ek ’n naaste vir ’n ander?

 

Die
gelykenis wat Hy vertel, was vir alle aanwesiges herkenbaar.

Almal het
gweet dat die pad van Jerusalem na Jerigo onveilig was.

Dit het
geloop deur ’n deel van Judea, waar daar genoeg klowe en rotse was vir rowers
om agter weg te kruip.

Die van u
wat al in Israel was, sal weet dat hierdie pad ook steil ondertoe loop.

Jerusalem is
ongeveer 800m bo seespieel, en Jerigo is 350m onder seespieel.

Jerigo lê
naby die Dooie See, wat een van die diepste punte op aarde is.

Dus, vanaf
Jerusalm na Jerigo daal mens met meer as ’n kilometer.

 

Toe die
rowers die man uitgeskud het en halfdood agtergelaat het, het daar drie keer
iemand verbygekom.

Die eerste
was ’n priester, die tweede ’n Leviet, die derde ’n Samaritaan.

Die eerste
twee het hulle nie met die slagoffer bemoei nie.

By die plek
van onheil aangekom, het hulle aan die ander kant van die pad begin loop en hom
sodoende op ’n afstand verbygesteek.

Maar die
Samaritaanse reisiger het na hom toegegaan en aan hom eerste hulp verleen.

Hy het sy
wonde met wyn skoongemaak.

Dit klink
dalk snaaks, maar dit was ’n gewone behandeling toe.

Ook vandag
word alkohol nog gebruik om wonde te reinig.

Verder het
hy die wonde versag met olie.

By olie moet
mens nie aan enjinolie dink nie, maar ’n soort olie wat gebruik is vir
medisinale doeleindes.

Om siek
mense mee te behandel.

Ek dink
byvoorbeeld aan ’n Bybelteks uit Jakobus 5:14, waar daar staan:

“Is daar
iemand siek onder julle? Laat hom die ouderlinge van die gemeente inroep, en
laat hulle oor hom bid nadat hulle hom in die Naam van die Here met olie gesalf
het.”

Hierdie met
olie salf is nie ’n soort ritueel nie, dit is ’n medisinale behandeling.

 

Daarna het die
Samaritaan die slagoffer op sy pakdier gehelp en hom na ’n herberg geneem om
hom verder te versorg.

Die volgende
oggend, toe hy verder reis, het hy twee pennings vir die eienaar gegee.

Dit was ’n
bedrag van ongeveer twee daglone, ’n behoorlike bedrag.

En, het die
Samaritaan bygevoeg, enige onkoste wat jy nog meer mag hê, sal ek jou betaal as
ek terugkom.

In feite het
hy dus ’n blanko tjek agtergelaat.

Na hierdie
gelykenis het Jesus toe aan die wetgeleerde gevra, wie van die drie – die
priester, Leviet of Samaritaan, homself as ’n naaste teenoor die slagoffer
gedra het.

En as die
wetgeleerde dan antwoord, is dit eintlik raar dat hy nie eers die woord Samaritaan oor sy lippe kon kry nie.

Maar hy het
tog wel erken, dat dit hy was wat aan die arme man barmhartigheid bewys het.

Hoe die
wetgeleerde sy antwoord ook formuleer het, hy moes erken dat dit die Samaritaan
was.

Ek vermoed
dat die wetgeleerde die antwoord bietjie onduidelik gemompel het.

Maar vir
Jesus was dit genoeg.

’n Goeie
verstaander het ’n halwe woord nodig.

En al wat
Jesus toe nog kon sê is: Gaan en doen jy net so!

 

(Tema: Gaan
en doen jy net so.

1 Erken dit
was die samaritaan)

 

 

 

2      
Volg die Samaritaan
(hoofletter)

Nou is dit
belangrik om te onthou, soos ek in die inleiding gesê het, dat hierdie
gelykenis meer is as net ’n filantropiese verhaal.

Meer as net
die boodskap dat jy jou medemens moet help, dat jy altyd gereed moet staan vir
’n ander.

Dit is
natuurlik so, dubbel en dwars.

Maar hierdie
gelykenis bied nog meer.

Dit is nie
net ’n boodskap om op jou eie krag medemenselikheid te bewys nie.

In hierdie
gedeelte gaan dit veral oor die persoon van die Here Jesus.

Want die
wetgeleerde het juis groot moeite gehad met die persoon van Jesus.

Die
wetgeleerdes en Fariseërs wou nie aanvaar dat Hy deur God gestuur is nie.

Hulle het
Hom gehaat.

Hulle het
Hom selfs gespot, hulle het gesê Hy is ‘n Samaritaan.

Samaritaan was ’n skeldwoord vir die Jode, soiets soos die k-woord
vandag.

’n
Samaritaan was eintlik ’n heiden, die Samaritane was nie deel van God se volk
nie.

Hulle was
minderwaardig.

Jesus was ’n
Samaritaan, ’n vervloekte Samaritaan.

Hulle wou
nie erken dat Jesus se prediking van God kom nie.

En hoeveel
mense het Jesus nie gehelp nie?

Hoeveel
siekes het Hy nie genees nie?

Hoeveel
mense het Hy nie kos gegee nie?

Deur Jesus
se voorbeeld het die volk by uitstek geleer wat dit is om ’n naaste te wees.

Maar die
wetgeleerde wou dit nie erken nie.

Hy het sy oë
toegeknyp vir al die goeie dinge wat Jesus gedoen het.

En saam met
die ander wetgeleerdes het Hy geskel teen Jesus.

Jy is van
die duiwel besete! Jy is ’n Samaritaan!

Dink maar
aan Johannes 8, waar Jesus dit opgeneem het vir ’n sondares.

Toe het die Jode
rigting Jesus geskel, Johannes 8:48:

“Sê ons nie
met reg dat U ’n Samaritaan is en van die duiwel besete is nie?”

 

En,
gemeente, juis hierdie skeldwoord – ’n
Samaritaan
– gebruik Jesus nou in sy gelykenis.

Dit het die
wetgeleerde ongetwyfeld laat nadink.

Die
Samaritaan was ’n naaste vir die slagoffer.

Die
Samaritaan.

Watter
Samaritaan?

Inderdaad,
Jesus, die Samaritaan!

Dus als
Jesus aan die einde van die gelykenis die wetgeleerde oproep: gaan en doen jy
net so.

Dan roep
Jesus hom in feite op om te doen soos hierdie Samaritaan.

Watter
Samaritaan?

Hy, Jesus, dat
die wetgeleerde Hom moet erken en navolg!

Dus, in
sekere sin het Jesus se antwoord ’n dubbele bodem.

Eintlik roep
Hy die wetgeleerde op: Kom en volg My.

Leer van My
hoe om ’n naaste te word.

Erken die
goeie dinge wat Ek in julle midde verrig.

Erken my
prediking dat dit van God kom.

Erken al die
wondertekens wat daarmee gepaard gaan.

 

 

Gemeente,
hoe pas ons hierdie gelykenis dan vandag toe op ons eie lewens?

Ek het begin
met ’n voorbeeld, ’n fiets wat omwaai by die supermark, of dat jy sien iemand
se motor word gesteel op die parkeerterrein.

Nou is
hierdie voorbeelde inderdaad ’n duidelike en praktiese toepassing van die
gelykenis.

Jou probleem
is ook my probleem.

Dat ons ’n
etiese besef moet hê.

Wat jy graag
wil, dat die mens aan jou moet doen, doen dit ook aan ander.

Maar tog,
gemeente, wil ek u nog bietjie verder neem in die toepassing.

Want ons
teks, “Gaan en doen jy net so” is nie net ’n uiting van algemene
medemenslikheid nie.

Die Here
Jesus gaan dieper.

Ek het
verduidelik dat Hy met hierdie woorde ten dieptse die selfingenome wetgeleerde
oproep om Hom te volg.

Hom, die
Messias, wat deur God na sy volk gestuur is.

Dat hulle
Hom erken vir wie Hy is.

Dat hulle Hom navolg.

 

En hierdie
selfde oproep moet dan vandag ook tot u klink.

Erken die
Messias, volg Hom, die Here Jesus, na.

Medemenslikheid
in die algemeen is wel mooi.

Maar dit is
baie oppervlakkig, en kortstondig, dit kan skielik ook omslaan in egoïsme.

Hoekom?

Omdat dit
nie diep wortels het nie.

Medemenslikheid
word in ons samelewing natuurlik aangemoedig.

Jy mag die
regte van jou medemens nie skend nie.

Maar, as
algemene medemenslikheid nie diep wortels het nie, kan dit net so verdamp.

Hoe kom dit,
dat in ons land wat skynbaar so ’n humane en regverdige grondwet het,

dat in ons
land daar so baie geweld is teen buitelanders?

Xenofobiese
geweld.

Die regering
sluit sy oë daarvoor, preek dat ons almal dieselfde is,

Batho pele – is die slagspreuk,

Mense
eerste.

Maar in
werklikheid het al hierdie medemenslikheid nie diep wortels nie, en sien ons in
die praktyk weinig daarvan.

Vandaar dat
dit so belangrik is dat medemenslikheid veranker moet wees.

Dit moet
veranker wees in ’n lewende verhouding met die Here Jesus Christus.

Veranker in
die navolging van Christus.

Wie Hom
navolg, kruisig sy eie ek, en is ook nie vatbaar vir alle invloede van die tyd,
die mode van die dag nie.

 

Nogmaals, ek
sê niks verkeerd oor algemene medemenslikheid nie.

Maar feit is
wel dat algemene menslikheid in die praktyk weinig voorstel.

As dit nie
in God se Woord veranker is nie.

Leer die
jeug om die Here Jesus te dien, Hom na te volg.

Dit is die
opdrag waarop Mirja se ouers vandag ja geantwoord het.

Hulle het
belowe om haar te onderrig in die leer van die kerk, in God se Woord, sodat ook
sy haar Heiland mag leer ken, en Hom met ’n opregte geloof sal navolg.

Op daardie
wyse sal sy ook, soos sy opgroei, leer om ’n naaste te word vir haar medemens.

Eers vir
haar boetie en sussies en ouers, en later as sy groot word vir almal met wie sy
in aanraking gaan kom.

 

Hier in die
kerk leer ons mense nie ’n humanistiese medemenslikheid nie.

Deur die
evangelieverkondiging roep ons op om Christus na te volg.

Dat mense
hulle lewens veranker in die Woord van God.

Dit is ook
die roeping van ’n ampsdraer.

Die
ouderlinge sal julle oproep, in huisbesoeke of wanneer ook, nie net tot
algemene medemenslikheid nie, maar in die eerste plek dat jou verhouding met
Christus reg moet wees.

Dat elke
gemeentelid sal kniel voor Hom, wat op die troon sit.

Leer die
mense om Christus na te volg, in woord en daad.

Dit is net
so die taak van elke diaken.

Deur hulle
eie voorbeeld is hulle in die eerste plek Samaritane, volg hulle Christus na in
sy opoffering en dienswerk.

En in die
tweede plek spoor hulle u ook aan tot so ’n lewenswyse.

Ons lewe nie
vir onsself nie, ons lewe vir Christus.

Hy spoor ons
aan tot onbaatsugtige liefdediens.

Gaan en doen
jy net so.

 

Amen.

 

Liturgie: 

(kyk in preek)