Die tien gebooie is die wil van God in ’n neutedop

Predikant: 
Ds PG Boon
Gemeente: 
Maranata
Datum: 
2014-05-04
Teks: 
Heidelbergse Kategismus (Sondag 1-52) 34 vraag en antwoord 92 en 93
Preek Inhoud: 

PRETORIA-MARANATA, 4 Mei 2014 AD,
10:15

Voorsang: Ps 59:1,7,8,10

Liturgie:

Votum

Seën

Ps 90:1

Wet

Ps 86:3,6

Gebed

Skriflesing:
Exodus 23.1-12

                        Levitikus 18

Ps 119:51,59

Teks: HK
Sondag 34,92-93

Preek

Ps 119:60,62

Gebed

Kollekte

Ps 19:4

Seën

Preek: HK Sondag 34,92-93

Die meeste
mense in Suid-Afrika het waarskynlik al van die 10 gebooie gehoor.

Die 10
gebooie, the ten commandments, dit is ’n bekende benaming.

Hoeveel
mense weet wat die tien gebooie presies is, is ’n ander verhaal.

Toe ek in die
sending gewerk het, was dit een van die dinge wat nuwe toetreders tot die kerk
uit hulle kop moes leer: ’n samevatting van die 10 gebooie, soos mens dit vind
in Exodus 20.

Vandag wil
ons konsentreer op wat die wet presies is.

Hoe dit
ontstaan het.

Hoe oud die
wet is.

Hoekom die
wet nog nooit verander het nie.

Wat die
funksie van die wet is.

Ensovoorts.

Tema: Die tien gebooie is die wil van God in ’n neutedop

1 Die verskil tussen Exodus 20 en Deuteronomium 5 en die rede daarvoor

2 Die verband tussend ie 10 gebooie en die res van die Bybel

1 Die verskil tussen Exodus 20 en Deuteronomium 5 en die rede daarvoor

Hoekom is
daar ’n verskil tussen Ex 20 en Deut 5?

Het u dit al
agtergekom?

Ons vind in
die Bybel twee weergawes van die wet.

En in die
verlengde hiervan, het u al ooit gewonder:

Hoe sou ’n
hedendaagse vorm van die wet eitnlik lyk?

Ek bedoel:
dieselfde gebooie, maar dan wel toegespits op die samelewing waarin ons lewe.

Ek wil
vanoggend ’n voorbeeld daarvan gee.

Dit sal
hooplik help om beter sig te kry op wat die bedoeling van elke gebod is.

 

As ons elke
Sondag na die wet luister, is dit maklik dat die bekende woorde nie meer land
nie.

By die een
oor in, by die ander een uit, terwyl dit nie tot jou hart deurdring nie.

 

Dit geld vir
jong mense, dit geld ook vir ou mense.

Die HERE wil
dat ons oplet as die wet voorgelees word.

As dit vir
jou moeilik is, kan jy dalk in die Bybel saamlees, dit voorkom dat mens
makliker afgelei word as jou oë iets raaksien.

En voor jy
weet, is die dominee al weer met die 10e gebod besig, en kom jy tot
jou skrik agter dat jy niks van die voorgaande gebooie gehoor het nie.

 

Kom ons
luister nou na ’n hedendaagse weergawe van die 10 gebooie.

 

Ek is die
HERE jou God, wat jou bevry het uit alle vorme van slawerny, uit die hande van
Satan, en van alle sonde en ellende

1 Jy mag nie
ander gode vereer of aanbid nie, wie of wat of van watter aarde daardie ‘gode’
ook mag wees

2 Jy mag nie
van My ’n beeld, of selfs net ’n denkbeeld, of wat ook al maak, wat anders is
as wat hoe Ek myself aan jou in my Woord bekend gemaak het nie. Jy mag so ’n
verwronge voorstelling van wie Ek sou wees nie hê nie en onder geen
omstandighede dien nie. Ek is jou Verbondsgod, en ek verdra geen ander gode of
godsbeelde nie. Ek het vir jou gekies, en eis dat jy ook vir 100% vir My kies.
As dit tog gebeur dat jy kies om ongehoorsaam te wees, dan kan jy verwag dat
jou laksheid om My te dien ’n invloed gaan hê op jou kinders. Hulle en selfs
jou klein- en agterkleinkinders sal gebuk gaan onder jou slegte voorbeeld, wat
dit vir hulle baie moeilik gaan maak om My lief te hê, omdat jy hulle nie
geleer het wie Ek werklik is nie. Daarteenoorstaan dat ek tot in die duisendste
geslag barmhartig is oor hulle wat My opreg liefhet en my gebooie onderhou.

3 Jy mag die
Naam van die HERE, jou God, nie te pas en te onpas gebruik nie. Moenie dink dat
die HERE iemand ongestraf sal laat wat sy naam vir enigiets misbruik nie.

4 Jy moet
die Sondag ’n feesdag maak en dit heilig. Van Maandag tot Saterdag moet jy al
jou werk doen, maar die eerste dag van die week is ’n rusdag tot eer van die
HERE, jou God. Dan mag jy nie werk nie; jy nie, ook nie jou familielede, ook
nie jou werknemers nie, ook nie buitelanders wat weinig regte het in jou land
nie, selfs die diere mag rus. Want in ses dae het die HERE alles geskape, en Hy
het dit so beplan dat die skepping op die sewende dag sal rus. En op die eerste
dag van die week het jou Heiland uit die dood opgestaan, as ’n voorbode van die
ewige rus wat die aarde te wagte staan.

 

5 Eer jou pa
en ma en elkeen vir wie God gesag oor jou gegee het. As jy dit doen, mag jy
seën van die HERE verwag. Hy sal jou ’n lang, gelukkige en stabiele lewe en
samelewing gee in die land wat jy van Hom ontvang het.

 

6 Jy mag
geen mens van sy lewe beroof nie, op watter manier of hoe oud of jonk daardie
persoon ook al is.

 

7 Jy mag die
huwelik wat die HERE tussen ’n man en ’n vrou ingestel het, nie verbreek nie;
en jy moet die seksuele gawe wat HERE aan die mens geskenk het, gebruik op die
manier wat Hy voorgeskryf het.

 

8 Jy mag nie
steel nie. Jy moet die besittings wat die HERE aan jou toevertrou het, as ’n
goeie rentmeester beheer.

 

9 Jy mag nie
skinder nie. Jy mag nie onwaarhede of halwe waarhede vertel, met die doel om
jou naaste daardeur te benadeel nie.

 

10 Jy mag
nie die man, vrou, kinders, ouers, huis, motorkar, beroep, uiterlik of wat ook
al van jou naaste begeer nie. Jy mag nie iets begeer wat die HERE aan jou
naaste gegee het nie, al was dit maar sy hond. Jy moet dankbaar wees met dit
wat Hy aan jou toebedeel het.

 

Gemeente,
tot sover die 10 gebooie, toegespits op vandag.

Die tien
gebooie in ’n opgedateerde vorm.

Miskien
wonder u: is dit wel geoorloof om die 10 gebooie so aan te pas?

Is mens dan
nie besig om die Bybel te verander nie?

Dit is in
hierdie verband goed om te kyk na die verskille tussen die wet in Ex 20 en die
wet in Deut 5.

Daar is
naamlik enkele verskille.

Ek noem
hulle gou.

In Ex 20 lui
die 4e gebod soos volg

Gedenk die
sabbatdag, dat jy dit heilig. En dan volg die motivering hoekom jy dit moet
doen: Want in ses dae het die HERE die hemel en die aarde gemaak, die see en
alles wat daarin is, en op die sewende dag het Hy gerus.

In Deut 5
klink die 4e gebod se motivering bietjie anders.

Die gebod is
dieselfde, maar die motivering sê:

En jy moet
daaraan dink dat jy in Egipteland ’n slaaf was, en die HERE jou God jou
daarvandaan uitgelei het deur ’n sterke hand en ’n uitgestrekte arm...

 

Hoekom
hierdie verskil?

Die rede is
dat die wet in Deut 5 op datum gebring is, oftewel toegespits op ’n spesifieke
gebeurtenis wat die volk self meegemaak het.

 

Die volk kon
dankbaar terugkyk op die bevryding uit Egipte.

Hulle het ’n
lang woestynreis agter die rug gehad,

Baie jare van
omswerwinge in die woestyn,

en hulle het
nou op die drumpel gestaan om die beloofde land in te gaan.

Vandaar die
nuwe motivering by die 4e gebod.

Die HERE is
nie net jou Skepper, wat die aarde in 6 dae geskape het nie.

Hy is ook
die almagtige God, wat julle uit Egipte met sy sterk arm bevry het.

 

Op dieselfde
wyse kan ons vandag ook die wet aktualiseer, op datum bring.

 

Dit beteken
nie dat ons die oorspronklike weergawe van die wet in die asblik gooi nie.

Dit het ook
nooit met Ex 20 gebeur, nadat Deut 5 geskryf is nie.

Dit is wel
so dat Ex 20 toegespits is op ’n heel ander tyd en samelewing as ons eie s’n.

As ons
vandag na Ex 20 luister, moet mens dus dit in gedagte hou, as jy daarna
luister.

Ons begeer
vandag nie meer die os of esel van jou naaste nie.

Maar wel
dalk sy motor, of sy karavaan.

Hierdie
aktualisering van die wet beteken ook nie, dat die wet nou inhoudelik aangepas
word nie.

Die 10
gebooie bly aktueel en hulle bly van krag, in watter tyd of land mens ook is.

As ons na
ons hedendaagse samelewing hier in Suid-Afrika kyk, dan – ek veralgemeen nou –
sien mens dat dalk die sesde en agste gebod nog relevant is –

Jy mag nie
doodslaan nie;

Jy mag nie
steel nie.

Hoewel
hierdie twee gebooie baie aan devaluasie lyk.

Want in ons
land kan jy ongestraf ’n ongebore baba vermoor, en hoeveel diefstal vind daar
ook nie ongestraf in ons land plaas nie.

Maar ander
wette lyk heeltemal vergete.

Wie steur
hom nog aan die sewende gebod: jy mag nie egbreek nie?

Wie steur
hom nog aan die 9e gebod: jy mag nie skinder nie.

Wie steur
hom nog aan die 10e gebod: jy mag nie begeer nie.

In elke
geval steur die televisie en die mense van 7e Laan hulle nie daaraan
nie.

Maar vir sy
kerk, in watter samelewing die kerk ook is, bly die hele wet van God
onveranderd en onverkort van krag.

Elke Sondag
word dit weer voorgelees, die oorspronklike weergawes soos ons dit in die Bybel
vind.

Dit gaan nie
baie help as ons die geaktualiseerde weergawe wat ek nounet voorgelees het,
voortaan gaan gebruik nie.

Want oor ’n
paar Sondae gaan ons ook daaraan gewoond wees, en sal dit ook by die een oor in
en by die ander uit gaan, ten minste as mens nie goed oplet nie.

Maar op dag
soos vandag, as hierdie Sondag van die Heidelbergse Kategismus aan die orde is,
is dit ’n ideale geleentheid om ’n keer so ’n aktualiseerde weergawe te hoor.

 

2 Die
verband tussen die 10 gebooie en die res van die Bybel

Wat is die
verhouding tussen die 10 gebooie en die res van die Bybel?

Is die 10
gebooie die enigste gebooie uit die Bybel was ons moet nakom?

Of is daar
nog meer gebooie in die Bybel?

Miskien het
u al ’n keer die uitspraak gehoor:

Die 10
gebooie is ’n kort samevatting van God se wil.

En dit geld
nog veel meer vir die samevatting wat die Here Jesus weer van die 10 gebooie
gegee het.

Jy moet die
HERE jou God liefhê moet jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele
verstand en met jou hele krag. En jy moet jou naaste liefhê soos jouself.

Maar,
gemeente, die 10 gebooie is op sy beurt dus ook ’n samevatting.

’n
Samevatting van heel God se wil, soos ons dit in die Bybel vind.

 

Kom ons
konsentreer vir ’n oomblik net op die Pentateug, die eerste vyf boeke, van
Genesis tot Deuteronomium.

Hierdie
eerste 5 boeke is vroeër dikwels aangedui met die benaming: wet.

Die wet,
soos dit deur Moses opgeskryf is.

Die Here
Jesus het byvoorbeeld so gepraat.

As Jesus
praat oor die wet, of soms kortweg
net oor Moses, dan het Hy die eerste
vyf Bybelboeke bedoel.

Die Jode het
hulle Bybel, die Ou Testament, naamlik in 3 dele verdeel:

Die wet, die
Profete, en die Geskrifte.

Die weg was
dus die eerste 5 boeke, Genesis tot Deuteronomium.

Hulle vorm
die fondament van die Bybel.

Die ander
Bybelboeke, bou voort op hierdie fondament.

Soos die
Profete.

En ook die
Geskrifte, dan dink ons aan boeke soos Psalms, Spreuke, Prediker.

 

As ons nou
weer terugkom by die eerste vyf boeke, die Wet dus, dan kan mens hulle indeel
in sê maar konsentriese sirkels.

Die
binnenste sirkel is die kleinste, en daarom word elke nuwe sirkel bietjie
groter.

Nou die
binnenste sirkel van die Pentateug, die eerste vyf boeke, is wat ons vind in
Exodus 19 en 20.

Dit is die
verbondsluiting van God met sy volk en die 10 gebooie wat daarop volg, synde ’n
baie kort samevatting van God se wil.

Om hierdie
kern kring steeds wyer sirkels uit.

Want in die
Bybelboeke Exodus, Levitikus, Numeri en Deuteronomium word hierdie 10 gebooie
toegepas op allerlei verskillende situasies en allerlei lewensterreine.

Die wette
word toegespits op die sosiale lewe, die regslewe, die erediens, noem maa rop.

Ons het saam
’n gedeelte uit Ex 23 gelees.

Mens vind in
hierdie hoofstuk ’n aantal voorskrifte insake die verhouding tot die naaste, en
dan veral met die oog op die regspraak.

Hierdie
voorskrifte is konkrete toepassings van bv. die negende gebod, maar dar is ook
een in verband met die 6e gebod:

Dat jy ook
die lewe en die vreugde van ’n ander so veel as moontlik probeer te bevorder,
en dat jy in alles eerlik te werk gaan.

Verder vind
mens in verse 10-12 ’n uitwerking van die 4e gebod.

Hieruit blyk
dat die 4e gebod nie net met mense te make het nie, maar met heel
God se skepping.

Ook met
diere, met die akkerland, die bome, ensovoorts.

Hieruit blyk
dat God se skepping so ontwerp is, so geskape, dat daar na elke 6 dae, of na
elke 6 jaar, ’n periode van rus ingebou moet word.

 

Ons het ook
Levitikus 18 saam gelees.

Hierdie
hoofstuk fokus veral op die 7e gebod.

Jy mag nie
egbreek nie.

Jy mag die
huwelik wat die HERE ingestel het tussen man en vrou en verbreek nie.

Jy moet die
seksuele gawe, wat jy van jou Skepper gekry het, gebruik op die manier wat Hy voorgeskryf
het.

 

Waar die
sewende gebod in Ex 20 baie kort is, met die gevolg dat mens sou kon wonder:
gaan dit net daaroor?

Bedoel die 7e
gebod slegs dat jy nie mag skei nie?

Dan wys Lev
18 dat dit vir God oor veel meer gaan.

Die sewende
gebod – jy mag nie egbreek nie – is net ’n samevatting in ’n neutedop.

Maar daardie
enkele woord verwys na ’n hele terrein.

Dat God wil
dat elke mens sy seksuele moontlikhede, soos Hy dit geskape het, gebruik slegs
soos Hy dit voorgeskryf het.

’n Konkrete
uitwerking hiervan vind ons dus in hierdie hoofstuk.

Hoe die HERE
alle vorme van bloedskande verbied, hoe Hy los seksuele kontakte verafsku, hoe
Hy – dit is ’n oorvleueling met die 6e gebed – hoe Hy dit verafsku
soos mens in daardie dae omgang gehad het om kinders te kry, slegs om hulle
vervolgens te offer, te verbrand vir die afgod Molog.

 

Trouens, so
verafsku God vandag die praktyk as mense vandag ’n aborsie pleeg op ongebore
kindertjies.

Dit is ’n
offer aan die afgode van materialisme en selfbeskikking.

 

In Lev 18
word dus op al hierdie dinge gefokus.

Verder
verbied hierdie hoofstuk ook sonder omhaal van woorde ander afwykende gedrag op
seksuele gebied, wat nie met sy wil ooreenstem nie,

soos
homoseksuele omgang, of die omgang met diere.

U verstaan
dus die bedoeling.

Lev 18 is ’n
breë uitwerking van wat daar in die 7e gebod in ’n neutedop gesê
word.

Daar word
hier ook gewys op die ernstige gevolge, wanneer mense die leefreëls sou
oortree.

Wanneer die
samelewing die roer omgooi op een van hierdie punte, moet hulle besef dat hulle
nie meer op seën kan reken nie.

Wie so
deurgaan, kan verwag dat die land waarin het woon, die land wat hy van God
gekry het, hom vroeër of later sal uitspoeg.

Tot sover
Lev 18.

 

Geliefde
gemeente, wat u dus elke Sondag te hore kry, die 10 gebooie, is ’n samevatting
van heel God se wil.

Dit gevaar
dreig soms dat die 10 gebooie te veel geïsoleer word.

Dat mens nie
meer die totale prentjie, soos die in die hele Skrif na ons kom, in ag neem
nie.

Daar is en
bly dit belangrik dat ons voortdurend op daaglikse basis die Bybel bly lees,
ook die eerste vyf boeke van die Bybel.

Want aan die
hand van die bepalings wat ons daar vind, kry ons konkrete aanwysings hoe om
die 10 gebooie vandag hande en voete te gee.

 

En dit is
uiteraard nie om daarmee ons saligheid te verdien nie.

Ons
saligheid is al verdien, danksy Jesus Christus.

 

Maar die
Heilige Gees gebruik God se wet as rigsnoer om ons lewe in diens van Hom vorm
te gee.

 

Dit is die
funksie van die wet.

En dit mag
ons ook nie uit die oog verloor nie.

Anders dreig
daar moralisme.

As ons
onsself die heeltyd afvra: mag dit wel, mag dit nie?

Wat mag wel?
Wat mag nie?

Dan word ons
slawe van die wet.

Uiteindelik
gaan dit om ’n liefdevolle verhouding en diens aan die Here.

Hy wat ons
bevry het.

Nou dat ons
in ’n verbond met God mag lewe, ’n vertrouensband, verduidelik die wet hoe ’n
tipe lewe die Here bly maak, en hoe ’n tipe lewe vir ons self die beste is.

Dan praat
ons nou dus veral oor die positiewe kant van die wet.

 

Die 10
gebooie soos ons hulle ken, fokus meer op die negatiewe kant.

Dit is nie
ongewoon nie, dit is tipies die aard van elke wetboek.

Dit hoort
nou eenmaal by ’n wetboek om grense aan te dui.

Maar om te
sê dat die 10 gebooie daarom slegs negatief is, dit is nie korrek nie.

Daar is wel
deeglik ’n positiewe kant.

In die 10
gebooie kom dit al op sommige plekke ter sprake.

 

Dink bv. aan
die 2e gebod:

Ek bewys
barmhartigheid aan duisende van die wat My liefhet en my gebooie onderhoud.

En die 4e
gebod: Gedenk die sabbatdag.

En die 5e
gebod: eer jou vader en jou moder, dat jou dae verleng mag word.

 

Die ander
gebooie is egter negatief geformuleer.

Maar as mens
die res van die Bybel ook in ag neem, dan sien mens dat dit oorstroom van
positiewe instruksies.

Dink maar
bv. hoe positief Psalm 119 oor de wet praat, sing eintlik.

 

En gemeente,
u sal dit ook in die komende weke terugvind as ons die gebooie een vir een hoop
te behandel.

By elke
gebod konsentreer die Kategismus ook op die positiewe kant.

En hooplik
sal dit in die prediking ook ter sprake kom.

 

Die
verbod-kant aan die een kant, wat die HERE verbied,
en waarom.

En ook die
gebod-kant, wat die HERE ons gebied,
en waarom.

 

Die
bedoeling is dat ons steeds beter sig kry op wat God se wil is met ons lewe.

Aan die hand
van sy gebooie word ons lewe van dankbaarheid in die regte rigting gelei.

 

Amen.

Liturgie: 

(kyk in preek)