PRETORIA-MARANATA, 6 Maart 2016 AD, 10:15
Votum: Ps
121:1
Seën
Ps 118:13,14
Wet
Ps 119:15
Skriflesing:
Sagaria 9:9-17
Sb 7:4,5
Skriflesing:
Jeremia 7:1-14
Sb 7:6,10
Gebed
Kollekte
Ps 132:5-7
Teks: Mattheüs
21:1-17
Preek
Dankgebed
Ps 8:1-4
Seën
Preek: Mattheüs 21:1-17
In hierdie
preek fokus ons op die lydensweg van ons Here Jesus Christus.
Wat het
gebeur in die periode wat aan Goeie Vrydag voorafgegaan het?
Die paar dae
voor Goeie Vrydag is baie noukeurig deur die evangeliste beskryf.
Oor die Here
Jesus se geboorte skryf slegs twee evangeliste.
Oor die Here
Jesus se jeug skryf slegs een evangelis.
Maar oor die
dae voor sy kruisiging skryf al vier evangeliste.
En dit geld
uiteraard ook vir sy kruisiging, sterwe en opstanding.
Gedurende
daardie paar dae voor Goeie Vrydag het daar belangrike dinge gebeur.
Ek verkondig
u die evangelie van ons Here Jesus Christus se lydensweg, met die volgende
tema:
Tema: Volg Jesus op sy lydensweg
-
Hoekom ry Jesus op ‘n donkie?
-
Hoekom sing die kinders by die
tempel?
-
Hoekom ry Jesus op ‘n donkie?
In die
hoofstuk wat ons gelees het, gebeur daar iets opvallends.Jesus kom
openlik daarvoor uit dat Hy die Messias is, die Gesalfde.Tot nou toe
het Jesus dit slegs nog maar een keer publiek gemaak.Hy het selfs
meer as een keer sy dissipels verbied om dit aan ander te vertel, dat Hy die
Messias, die gesalfde Koning, die Seun van Dawid, is.Die gerugte
het wel orals rondgeloop.Hoekom het
Jesus dit eintlik nie publiek gemaak nie?Dit was
omdat dit ‘n verkeerde uitwerking sou gehad het.Ons Here
Jesus het maar al te goed geweet na watter soort messias, watter soort koning,
die mense in Israel verlang het.‘n Koning,
wat hulle sou bevry van die Romeinse besetters.‘n Koning,
wat vir hulle rus en welvaart sou bring.Sê maar ‘n
luilekkerland.Daarom het
Jesus sy dissipels verbied om vir almal te vertel dat Hy die Messias is.Voorlopig
moes hulle dit geheim hou.Maar nou het
die tyd dus gekom vir Jesus om dit publiek te maak.Ja Hy is die Messias, die gesalfde Koning.
En dit is
hoekom, gemeente, Jesus op ‘n donkie gery het.Hoekom het
Jesus op ‘n donkie gery?Hoekom het
Hy nie byvoorbeeld op ‘n perd gery nie?Jesus het
dit bewus nie gedoen nie.As gesalfde
Koning, as Messias, het Hy ‘n duidelike boodskap gehad.Hy is
naamlik ‘n Vredevors.‘n Perd, dit
was in daardie tyd ‘n dier wat jou dadelik aan oorlog laat dink het.‘n Soldaat
het op ‘n perd gery, of ‘n generaal.En ‘n
koning, of ‘n keiser wat oorlog gevoer het.Hulle het op
‘n strydwa gery, wat deur ‘n perd getrek is.‘n Perd is
groot, kragtig, gespierd, indrukwekkend.‘n Oorlogsperd
is opgelei vir sy taak, jarelank geoefen met ‘n soldaat op sy rug.Maar Jesus,
die gesalfde Koning, het nie ‘n perd gekies nie.Hy het heel bewus
‘n donkie gekies.Hy het twee
van sy dissipels die opdrag gegee om na die dorp Betfage te gaan.Daar was ‘n
eselin en haar vulletjie.Gaan haal
die vulletjie, het Jesus opdrag gegee, hom het Ek nodig.Waarskynlik
het Jesus vooraf al ‘n afspraak gemaak met die eienaar.Heel
sorgvuldig het Jesus sy intog in Jerusalem beplan.Soos dit ‘n
koning betaam.Hoewel, Hy het nie gekom met prag en praal nie.
Ook nie met
magsvertoon, met ‘n perd en strydwa nie.Hy het gekom
op ‘n eselsvulletjie.Gemeente, het
dit u opgeval, dat dit ‘n eselsvul was?Dit was ook
bewus so deur ons Heiland voorberei.Dit gaan
hier oor ‘n jong donkie waarop nog nooit iemand gery het nie.Dit is
eintlik presies die teenoorgestelde van ‘n geoefende perd.‘n Perd wat
al jarelank daaraan gewoond is dat ‘n soldaat op sy rug sit.Nee, die
gesalfde Koning ry op ‘n onervare eselsvul.Inderdaad,
die Messias is die Vredevors.Dit is,
gemeente, dan ook heeltemal in lyn met die prediking van die profeet Sagaria.Daarop wys
die evangelis Mattheüs ons.Die optrede
van die Messias is heeltemal in lyn met die Ou Testament.Jesus, die
gesalfde Koning, stel sy vertroue nie op uiterlike vertoon nie, nie op
magsvertoon nie.Sagaria het
geprofeteer:“Verheug jou
grootliks, o dogter van Sion! Juig, o dogter van Jerusalem!Kyk, jou
Koning kom na jou; regverdig en ‘n oorwinnaar is Hy; nederig en Hy ry op ‘n
esel – op ‘n jong esel, die vul van ‘n eselin.” (Sag 9:9)En dan
profeteer Sagaria nog verder oor wat die HERE sal doen:“En Ek sal
die strydwaens uit Efraim en die perde uit Jerusalem uitroei,en die
strydboog sal vernietig word.Dan sal Hy
aan die nasies vrede verkondig, en sy heerskappy sal wees van see tot see ...
tot aan die eindes van die aarde.” (Sag 9:10)Hoekom het
Jesus op ‘n donkie gery?Gemeente,
ons het nou die antwoord.Daarmee was
dit sigbaar aan elkeen: Ja, Hy is die gesalfde Koning.Maar tog was
Hy nie ‘n normale Koning nie, Hy is ‘n Vredevors.Nou moet ons
hierdie nie verkeerd opvat nie.Die feit dat
Jesus op ‘n donkie gery het, beteken nie dat Hy iemand was sonder ruggraat nie.Die profeet
Sagaria wys ons op sy heerskappy, wat sal strek oor die hele wêreld.En so is
daar nog ‘n paar profete wat daarop wys.Die digter
van Psalm 2 praat oor sy toorn.“Kus die
Seun, dat Hy nie toornig word ... “ (Ps 2:12)Kus, dit
beteken: kniel voor Hom en soen sy voete.Gemeente,
die Vredevors is dus nie ‘n pasifis, om dit in ‘n hedendaagse term te sê nie.Dink net aan
wat Hy hierna gedoen het.In Jerusalem
het Hy met fisieke krag al die tafels en stoele van die geldwisselaars
omgegooi.Al hulle
geld en goeters het versprei gelê op die grond.Trouens, Hy
het dit ook al eerder ‘n keer gedoen.Ons kan dit
in Johannes 2 lees.Tog,
desniesteenstaande, het Jesus bewus vir ‘n donkie gekies.Omdat sy
koninkryk nie begin met magsvertoon en geweld nie.Vir die
uitbreiding van sy koninkryk gebruik Hy geen wapens nie.Geen wapens
in die gewone sin van die woord nie.Daarom dus
nie ‘n perd nie, en ook nie ‘n strydwa nie.Wel hanteer
Jesus ‘n ander wapen.Die wapen
van sy Woord.Dit word
soms genoem: met die swaard van sy mond sal Hy regeer.Of: met die
asem van sy stem fel Hy die teenstand.Verstaan u,
wat die wapen wat Christus is?Dit is sy
Woord, die Bybel.Deur die
verkondiging van sy Woord word sy koninkryk uitgebrei.En dit wou
Hy duidelik maak.Daarom het
Hy ‘n donkie gekies vir die intog.Nou die
vraag, gemeente, het die mense destyds sy boodskap wat Hy wou oordra, wel
begryp?Hoekom Hy
juis op ‘n donkie gery het ...Op eerste
gesig lyk dit of hulle dit begryp het.Want hulle
het Hom as ‘n koning behandel.Die
dissipels het hulle klere op sy rug gelê sodat Jesus daarop kon sit, want die
vulletjie het nog nie ‘n saal gehad nie.En die mense
het ook hulle mantels op die pad uitgesprei.Hulle het
takke en blade gepluk en dit op die pad gelê.Dit was
vroeër die gewoonte.As ‘n koning
verby gekom het, het die mense hulle klere op die pad uitgesprei.Dit was ‘n
gebaar van eerbied en onderwerping.Ons sou
vandag sê, die rooi tapyt is uitgerol.Ons lees
byvoorbeeld oor hierdie gewoonte in 2 Konings, oor koning Jehu.Hy was nog
maar pas as koning gesalf, of almal het haastig hulle kleed uitgesprei voor sy
voete op die treë van die trap. (2 Kon 9:13)By koning
Jehu was die mense bang, dat as hulle dit nie sou doen nie, hy kwaad sou word
en sou dink dat daardie persoon sy gesag nie erken nie.Maar by
koning Jesus het almal dit vrywillig gedoen.En almal het
gejuig en uitgroep:Hosanna vir
die Seun van Dawid! (vers 9)Seun van
Dawid, daarmee het hulle bedoel: koning;
geregtig op die troon.God het mos
aan Dawid belowe dat sy nageslag altyd koning sal wees?Hosanna,
geseënd is Hy wat kom in die Naam van die Here! (vers 9)Geseënd is
die Seun van Dawid, het hulle gesing met die woorde van Psalm 118.Dus, weer
die vraag, het die mense dit begryp – die feit dat Hy op ‘n donkie gery het
...?Aan die een
kant, ja, hulle het goed begryp dat Hy ‘n koning is.Maar aan die
ander kant: hoekom Hy juis ‘n donkie gekies het, dit het hulle nie werklik
gewaardeer nie.Dit sien ons
uit die res van hierdie geskiedenis.Want toe
Jesus in Jerusalem aankom, wat het Hy toe gedoen?Vir hierdie
mense se gevoel het Hy nie die regte ding gedoen nie.Want Hy het
nie die mag gegryp nie.Hy het nie
op die troon aanspraak gemaak nie.Hy het
niemand opgeroep om in opstand teen die Romeine te kom nie.Al wat Hy
gedoen het, was om te preek, en te preek, en te preek.En daarmee
saam om siek mense gesond te maak.Ja almal was
baie entoesiasties by die intog: Hosanna! het hulle geroep.Maar vinnig
het hulle opgewondenheid weer weggesak.Hierdie
Koning het hulle skynbaar nie veel te biede gehad nie.En weet u,
gemeente, dat sy eie dissipels dit ook nie gesnap het nie?Nie gesnap
het hoekom Hy juis op ‘n donkie wou ry nie ...Petrus was
bereid om sy Meester met die swaard te verdedig.Die
dissipels het steeds ongeduldig vir Hom gevra: wanneer herstel U nou die
koninkryk van Dawid?Hoe lank
moet ons nog wag?En, as U dit
doen, word ons dan u ministers?Kry ons dan
‘n belangrike funksie?Hierdie
feestelike intog in Jerusalem was eintlik ‘n lydensweg.Jesus het
Homself gehou aan die riglyne van die Skrif vir ‘n gesalfde Koning.Maar niemand
kon dit waardeer nie.Niemand het
Hom hierin gesteun nie.Niemand het
Jesus op sy lydensweg gevolg nie.Dit is ons
tema vir vandag.Volg Jesus op sy lydensweg.
Is jy bereid om te volg?
Is jy bereid
om te luister?Luister jy
wel na die gesalfde Koning?Is jy net
entoesiasties as jy daarby kan baat vind?As daar iets
spektakulêrs beleef kan word?Is jy bereid
om na sy Woord te luister?Skaam jy jou
vir die donkie?God roep ook
vir jou op: buig voor my gesalfde Koning.Volg Hom, ook op sy lydensweg.
Hy kom nou,
in die hede, nie met magsvertoon nie.Hy kom met
sy Woord.Dit is die
betekenis van die donkie.Ons kom nou
by die tweede punt.(Tema: Volg
Jesus op sy lydensweg
-
Hoekom ry Jesus op ‘n donkie?)
2 Hoekom
sing die kinders by die tempel?Gelowige
mense sing.In die kerk,
by die huis, by die skool.Soos Luther
gesê het, met sing loof jy die Here, maak jy jouself bly, en hou jy die duiwel
buite die deur.Waar daar
gesing word tot eer van God, maak die duiwel dat hy wegkom.Die duiwel
en sy trawante kan mense wat sing nie verdra nie.Dis waarna
ons in die tweede punt gaan kyk.Toe Jesus in
Jerusalem aangekom het, het Hy na die tempel gegaan.Daar het Hy
gewoonlik vir die volk gepreek.Net soos al
die ander rabbi’s gedoen het.Maar eers
het Jesus iets anders gedoen.Ons lees hoe
Hy die tempel gereinig het.Skoongemaak,
in dié sin dat Hy alle handelaars van die tempelplein af gedryf het.Die tafels
van die geldwisselaars het Hy omgekeer.Hulle was
daar om geld te wissel vir die mense.As iemand
naamlik ‘n offer by die tempel kom bring het, moes jy eers ‘n dier koop wat
ritueel rein verklaar is.Daardie dier
kon jy op die tempelplein koop.Maar jy kon
dit nie met gewone geld koop nie.Jy moes in
die sogenaamde tempelmunt betaal, ‘n aparte geldeenheid wat net by die tempel
gebruik is.Jy moes dus
jou geld eers inwissel.En soos dit
vandag is, was dit toe ook al.As jy geld
wissel, betaal jy kommissie.Iets wat
destyds met die tempelmunt ontaard het in ‘n lukratiewe besigheid.Vandaar dat
Jesus sê: julle maak van God se huis ‘n rowerspelonk (vers 13), pleks van ‘n
gebedshuis.Met hierdie
twee woorde, rowerspelonk en gebedshuis, verwys Jesus weer terug na die profete
van die Ou Testament.Hy het die
rabbi’s herinner aan wat in God se Woord staan.Die profeet
Jeremia het al gepraat van ‘n rowerspelonk (Jer 7:11 – maak julle van die HERE
se huis ‘n spelonk van moordenaars?).Jeremia het
gewaarsku teen afgodery met die tempel.Asof die
Joodse volk altyd by die tempel veilig sou wees, maak nie saak hoe hulle gelewe
het nie.Jeremia sê
dan vir die mense:Kyk wat het
met Silo gebeur, die plek waar die HERE se heiligdom eers gestaan het, in die
dae van Eli en Samuël.Wat het van
Silo oorgebly?Silo is deur
die Filistyne verwoes.Dink julle
dat soiets nooit met die tempel in Jerusalem sal kan gebeur nie?Net as die tempel ‘n bedehuis is,
sal dit bly staan.Maar as
julle dit ‘n rowerspelonk maak, dan het God geen behae meer in hierdie huis
nie.Gemeente,
dink net hoe pynlik dit vir die Here Jesus moes gewees het.Ja ook dit
was deel van sy lydensweg.Dink net aan
die verdriet wat Hy moes gehad het toe Hy dit
sien.Dat dit in die huis van sy Vader gebeur het.
Hoe graag
sou Hy die profesie van Jesaja 56 in vervulling sien kom het!Dat Gods
huis ‘n bedehuis sou wees vir alle volke.Maar helaas,
dit het nou meer gelyk soos ‘n rowerspelonk.Daar is
flink geld verdien in wat ‘n gebedshuis moes gewees het.En dan kom
daar ‘n wending.Jesus
Christus, die gesalfde Koning, doen wat Hy moet doen.Hy ruim die
misstande op.Maar,
gemeente, Hy reinig nie net die tempel nie.Hy herstel
die tempel ook weer in ere.Dis wat ons
in ons teks lees.Onrein mense
kom nader, mense wat siek is, blindes, kreupeles, en Jesus het hulle genees.Ja Hy
genees!Heeltemal
gratis, sonder dat Hy tempelmunt eis.Skielik is
daar ‘n totaal ander atmosfeer op die tempelplein!Geen
geskreeu meer van handelaars en geldwisselaars nie.Geen
gerinkel van geld meer nie.Maar die
stem van die Heiland, wat vir die mense sê:Man, vrou,
jou oë word geopen!Of: staan op
en wandel!Geen
gerinkel van geld, maar die verbaasde klanke van mense wat vir die eerste keer
in hulle lewe kan sien.Wat vol
verwondering opkyk na die tempelbouwerk voor hulle.En
vreugdekrete van mense wat vir die eerste keer hulle bene kan gebruik.En, dit noem
Mattheüs ook spesfiek, die geroep en gesing van kinders.Hosanna vir
die Seun van Dawid!Gemeente,
hoekom sing die kinders by die tempel?Dit antwoord
is eintlik so eenvoudig.Hule sing,
want niemand het hulle meer gekeer nie.Toe al die
lawaai van geld en handelaars bedaar het, het hulle spontaan begin sing.En Jesus het
hulle ook nie gekeer nie.Laat hulle
maar sing.Laat die
waarheid maar klink uit kinderstemme.Nooit het
die kinders die kans gekry om by die tempel te sing nie.Nooit was
daar ‘n plekkie vir hulle nie, as gevolg van al die handelaars en
geldwisselaars, priesters en Skrifgeleerdes.Maar nou
wel.Hoekom het
die kinders gesing by die tempel?Omdat Jesus
vir hulle die ruimte geskep het.In hulle
gesing het hulle die woorde van die Ou Testament vervul.Jesus bedoel
Psalm 8.As die
volwassenes nie die waarheid durf te praat nie.As die
volwassenes die waarheid in ongeregtigheid ten onder hou.Dan kry
Jesus die waarheid wel te hore uit kindermonde.“Uit die
mond van kinders en suiglinge het U sterkte gegrondves” (Ps 8:3)Uit die mond
van kinders klink die lof wel.Kinderstemme
maak Christus se teëstanders, sy vyande, stil.Die
Skrifgeleerdes moes swyg op Jesus se bevel.Hulle het
dit die kinders kwalik geneem, dat die kinders geroep het:Hosanna vir
die Seun van Dawid! (vers 15)Die kinders
het hierdie woorde nog onthou.Dit was mos
wat almal geskreeu het, met die intog, toe Jesus op ‘n donkie gery het.En nou roep
hulle dit weer, daar op die tempelplein:Hosanna vir
die Seun van Dawid!Die
owerpriesters en Skrifgeleerdes het presies geweet wat daarmee bedoel is.Dit was ‘n
erkenning dat Jesus Koning is!Maar dit is
nou presies wat hulle nie wou erken nie.Dis hoekom
hulle kwaad vir die kinders geword het.Dis hoekom
hulle Jesus verwyt het, omdat Hy nie die kinders stilgemaak het nie.Hoekom,
gemeente, het die kinders by die tempel gesing?Omdat Jesus
hulle nie stilgemaak het nie.Hulle mag sing!
Laat die
kinders tot My kom, en moenie hulle verhinder nie.Jesus het
Homself deur die kinders as Koning laat vereer.As die owerpriesters
en Skrifgeleerdes die waarheid verduister, dan moet dit kinders dit openbaar.Hosanna vir
die Seun van Dawid!Gemeente,
broers, susters, staan u nie soms ook verbaas oor die waarheid uit ‘n
kindermond nie?Elke ouer
besef dit al te goed: jou eie sondes en gebreke kan jy nie vir jou kinders
wegsteek nie.En ‘n
kinderlike geloof, daar is nie ‘n groter geloof nie.Laat ons die
kinders nie die swye oplê, as hulle die waarheid praat nie.Nie dat
kinders maar kan sê wat hulle wil nie.Nie dat
kinders hulle ouers kan manipuleer nie.Dis nie wat
Jesus hier bedoel nie.Jesus bedoel
as kinders met ontwapenende eerlikheid vir die waarheid uitkom, terwyl
volwassenes te bang is om dit te sê.Hulle het
gesing en geroep, saam met die kreupeles en blindes wat genees is:Hosanna, lof
aan die Seun van Dawid!Hy is ons
Koning.Al ry Hy op
‘n donkie.Al kom Hy
nie met magsvertoon nie.Al moet ons
Hom volg in sy lydensweg.Eers deur
lyding en verdrukking heen, na die heerlikheid toe.Wat Hy doen
is goed.Waar Hy gaan
is die regte pad.Ja Hy is ons
Koning.Amen.
(kyk in preek)