Galasiers 2: 11-21
Vandag kom ons by die laaste gedeelte van Paulus se lewensverhaal. Dit het reeds in 1:11-24 begin, waar ons lees dat die evangelie van Jesus Christus kom en nie van Jerusalem nie. In 2:1-10 het ons gelees dat hierdie evangelie dieselfde een is as wat die apostels in Jerusalem verkondig het. Dit was niks anders as die Evangelie van Jerusalem nie. Nou sien ons dat Paulus juis dit bewys. Sodra dit lyk asof dinge gevestig is, slaan moeilikheid toe. Petrus het ʼn reis na Antiochië onderneem om die jong kerk by te staan, en sommige van die leiers in Jerusalem het ook na Antiochië gereis om daar by Petrus besoeke af te lê. Wanneer hierdie mense dan so skielik hulle verskyning maak, is Petrus ʼn ander man. Kom ons kyk na hierdie teks. Ek het dit as volg saamgevat:
Die waarheid van die Evangelie is in gevaar soos wat die twee apostels bots.
- Om nie in lyn met die waarheid van die Evangelie op te tree nie, is openbare skynheiligheid.
- Om wel in lyn met die waarheid van die Evangelie op te tree, is openbare konfrontering.
- Die waarheid van die Evangelie is “Christus in my”.
1. Om nie in lyn met die waarheid van die Evangelie op te tree nie, is openbare skynheiligheid.
Paulus sê in vers 11: “Maar toe Petrus in Antiochië gekom het, het ek hom openlik teengestaan, omdat hy veroordeeld gestaan het.” Hy maak ʼn sterk punt hier. Dit is omtrent sterk taalgebruik met die woorde: “openlik teengestaan”. Dit skep die beeld van twee mense wat van aangesig tot aangesig staan. Ek is seker dat mens in daardie vertrek ʼn speld kon hoor val. Ons sal later in die tweede punt meer hieroor gesels. Hier kan ons net gou ʼn paar lesse opnoem.
Eerstens, Paulus het met Petrus in persoon gaan praat. Hy het dit nie agter sy rug gedoen nie. Hy het nie probeer om Petrus se gesag te ondermyn nie: hy gaan spreek hom persoonlik. Dit kan ʼn les vir elkeen van ons wees – dit is die eerste stap van liefde. Paulus gehoorsaam Jesus Christus hier waar Hy se: “En as jou broeder teen jou sondig, gaan bestraf hom tussen jou en hom alleen.” Ons het ʼn Bybelse beleid in hierdie kerk: Ons praat met mekaar. En as ons ʼn probleem met iemand het, praat ons nie met enige iemand nie, maar met die een waarmee ons die probleem het. Dit is die regte ding om te doen, want dit is die Bybelse ding om te doen.
Tweedens,, die waarheid van die Evangelie buig nie af na enige iemand toe nie. Dit maak nie saak hoe belangrik hy of sy is nie. Dit is waarskynlik die moeiliker les wat ons hier leer. Ons wil almal geliefd wees, veral deur ons leiers. Of deur belangrike mense – soms betaal hierdie mense ons salaris, soms is hulle ons mentors, soms het hulle ons grootgemaak. Soms mag ons opofferings wil maak net sodat ons hierdie mense gelukkig kan hou omdat ons bang is om daardie verhouding te verloor. Dit is presies wat Petrus gedoen het.
In vers 12 lees ons: “ Want voordat sommige van Jakobus afgekom het, was hy gewoond om saam met die heidene te eet; maar na hulle koms het hy hom teruggetrek en hom eenkant gehou uit vrees vir die wat uit die besnydenis is.” ʼn Vrees vir wat mense kan dink. Hierdie vrees maak dat ons baie dinge doen. Of ons nou daarvan hou om dit te erken of nie. Dit kan ʼn baie goeie ding wees wanneer mense ons nader aan die liefde van Jesus dryf. Dit kan ook ʼn baie slegte ding wees wanneer dit skeiding en verdeeldheid in die kerk teweeg bring. Dit is wat hier gebeur. Voordat hierdie mense gekom het, het Petrus sonder probleem saam met die heidene geëet. Maar vandat die Jode gekom het, het hy dit nie meer gedoen nie. Dit was omdat die Bybel gesê het dat hy bang was. Hy was bang vir wat hulle sal dink. Hierdie soort vrees sal altyd na skynheiligheid lei. Die ergste is wanneer ʼn leier in Christus se kerk vergeet dat hy ʼn dienskneg van Christus is, en daarom vry is van die slawerny van aanvaarding vind. Op die ou end gaan dit nie hulle wees wat jou gaan oordeel nie, God sal.
Vrees is wat Petrus na skynheiligheid gedryf het, al het hy van beter geweet. Ek weet nie of jy weet nie, maar vrees is een van daardie heersende emosies. Vrees dat ons belaglik gemaak word, dat ons die vreemde een sal wees. Vrees dat as een van hulle aanvaar sal word nie. Soms is vrees so sterk dat dit stilmaak en ons nie toelaat om teen die groter massa op te staan nie.
Tydens sy regeringsjare as premier van die Sowjet Unie, het Nikita Khrushchev heelwat van die verskriklike dinge wat Joseph Stalin gedoen het, afgeskaf. Eenkeer, toe hy in ʼn openbare vergadering teen Stalin opgestaan het, roep iemand uit: “Jy was een van Stalin se kollegas. Hoekom het jy hom nie gekeer nie?” Khrushchev bulder toe: “Wie het dit gesê?” Toe ʼn spannende stilte volg omdat niemand in die vertrek gewaag het om ʼn oog te knip nie, se hy saggies: “Nou weet jy hoekom.”
Ek was bang. Vrees maak dat ons dinge doen wat ons weet nie reg is nie. En die ergste van alles is, dat as die leier nie bereid is om ʼn standpunt in te neem nie, sal sy mense ook nie. Veral wanneer die leier ontsettend baie invloed het, soos Petrus in die vroeë kerk gehad het. In vers 13 lees ons: “En saam met hom het ook die ander Jode geveins, sodat selfs Barnabas hom laat meevoer het deur hulle geveins.” Sjoe! Die ooreenkoms wat in Galasiërs 2:1-10 gemaak is, was vinnig besig om uitmekaar ui te val, en al hoe meer mense was besig om in hierdie valstrik te trap waar hulle uit twee monde praat. Hulle wou die heidene as broers in Christus aanvaar, maar wou nie gesien word waar hulle saam met hierdie broeders eet nie. Jy kan nie so optree as jy ʼn Christen is nie: om te se dat iemand jou broer en suster in Christus is en dan jou afstand hou nie. Dit is ʼn optrede wat nie in lyn met die waarheid van die Evangelie is nie.
O, om deur mense gesien te word en dan te doen wat hulle van jou verwag. Dit is die versoeking wat menige leier ervaar. Ek ook. Om mense gelukkig te hou, ten minste die wat saak maak. Want dit is presies wat gebeur as jy dit probeer – om die mense van wie jy hou gelukkig te maak. Maar dan dien jy nie die liggaam van Christus nie. Die ding van leierskap is, dat jy soms ʼn standpunt moet inneem, en as jy dit doen dan mag jy moontlik voel asof jy alleen staan. Dit kan ʼn eensame ervaring wees. Ek is seker dat Paulus nie juis opgewonde was om hier ʼn standpunt in te neem nie. Maar tog het hy geweet dat dit is wat hy moet doen.
Die kerk moet onthou om altyd in lyn met die waarheid van die Evangelie op te tree end it beteken om nie om te gee wat mense gaan dink wanneer dit by die hart van die Evangelie kom nie. Die kerk, en veral haar leier, moet altyd ʼn standpunt inneem vir die saak van die wat Jesus liefhet., nie vir wie hulle self liefhet nie. Dit is hoe jy in lyn met die waarheid van die Evangelie optree.
- Om wel in lyn met die waarheid van die Evangelie op te tree, is openbare konfrontering.
Paulus sê in vers 14: “Maar toe ek sien dat hulle nie reguit loop volgens die waarheid van die evangelie nie, het ek vir Petrus in die teenwoordigheid van almal gesê: As jy wat ʼn Jood is, soos ʼn heiden lewe en nie soos ʼn Jood nie, waarom dwing jy die heidene om soos Jode te lewe?” Ek wed jou dat mens ʼn speld kon hoor val het in daardie vertrek. Sommige mense het waarskynlik effens ineengekrimp. Maar dit is die moeite werd om vir die Evangelie ʼn standpunt in te neem.
Ons moet wel onthou: Daar is verkeerde maniere om ʼn standpunt in te neem en daar is regte maniere om ʼn standpunt in te neem. Toe Paulus na Jerusalem gegaan het om onsuiwerhede uit die lug te neem, dat mense gesê het dat Petrus en Paulus verskillende evangelies verkondig, het hy die apostels in privaatheid genader. Maar toe Petrus se skynheiligheid in die openbaar na vore tree en openbare skade aanrig, het Paulus in die openbaar berispe. Wanneer ons onsself in ʼn situasie vind om ʼn standpunt vir die evangelie in te neem, moet ons die manier van doen deurdink sodat dit winsgewend, strategies en liefdevol geskied. Dit is hoe mens in lyn met die waarheid van die evangelie optree.
Paulus sonder Petrus voor almal uit en se: “ Jy is ʼn Jood, tog lewe jy soos ʼn heiden” - met ander woorde, jy het saam met heidene geëet en gedrink. Dit kan egter ook moontlik wees dat dit beteken dat hy onrein vleis volgens die mosaïese wette geëet het. Om dit te doen beteken dat hy ʼn sondaar net soos die heidene is. Hy het gesê dat hy dieselfde Verlosser nodig het. Dit is in lyn met die waarheid van die Evangelie, maar die vrees vir ander het gemaak dat hy kante geruil het, en sodoende het hy die heidene gedwing om Joodse gebruike te volg.
Vers 15 en 16 gaan verder: “Ons wat van nature Jode en nie sondaars uit die heidene is nie, terwyl ons weet dat die mens nie geregverdig word uit die werke van die wet nie, maar alleen deur die geloof in Jesus Christus, selfs ons het in Christus Jesus geglo, sodat ons geregverdig kan word uit die geloof in Christus en nie uit die werke van die wet nie; omdat uit die werke van die wet geen vlees geregverdig sal word nie.” Dit is nie die maklikste teks nie, so ek sal probeer om dit in my eie woorde te omskryf. Hy sê: “Luister Petrus, ons het altyd gedink dat ons anders as hierdie sondaars is – hierdie heidene. Maar ons weet ons is nie. Kom ons erken dit. Ons sondig net soos hulle, ons worstel net soos hulle. Wat ons pla, pla hulle. Gewoon deur ervaring weet ons dat ons in dieselfde gebroke menslikheid deel. Dit is hoekom ons ook kan weet dat ʼn mens nie waardig of regverdig deur God gereken word op grond van die Tora nie, maar deur geloof in wat Christus gedoen het. Daar is nie ʼn enkele mens wat al ooit geleef het en deur God regverdig of waardig gereken is op grond van wat hy gedoen het nie, end dit sal duideliker word wanneer ons by Galasiërs 3: 10-12; en 3:22 kom.
Verder lees ons in vers 17: “Maar as ons wat streef om in Christus geregverdig te word, self ook sondaars bevind is, is Christus dan ʼn dienaar van die sonde? Nee, stellig nie!” Sien, as Jode met geboorte nou die tafel van Christus met heidense sondaars moet deel, trap hulle oor die lyn van Joodse regverdigheid na heidense sonde, bedoelende dat hulle in daardie sonde deel, in die vervreemding van God. Deur saam met heidene te eet is hulle as sondaars gemerk. Die keuse hier is dat die wet die Joodse regverdigheid sal bewaar, en die getrouheid aan Christus sal hulle sonde bestraf.
Maar die Joodse regverdigheid in die wet is nie meer die regverdigheid voor God nie. Dit is soos om te probeer om ou geld na die bank te neem. Dit is soos om 6 gulde in Holland te versamel, terwyl Holland glad nie meer gulde gebruik nie. Dit is ʼn dooie geldeenheid, dooie geld. Dit is wat die Tora is, want Christus het die vervulling daarvan heeltemal ongeldig gemaak. Dit was nooit eens die waardige geldeenheid om voor God te gebruik nie. Al wat waarde dra is geloof In Christus se werk en sy Persoon.
Geloof in Christus is ʼn verklaring dat ons bankrot is. Dit is nie ʼn menslike prestasie of ʼn beskaafde spiritualiteit nie. Dit is ʼn radikale en ontsettende erkenning dat die enigste geld wat waardig is om in God se ekonomie te hê, Jesus Christus is. Gekruisig en opgestaan. Geloof wat op Christus gefokus en gesentreer is bely dat ons bankrot is en ter selfde tyd dat die enigste ding wat waardig is om in te belê, Christus is. Om saam met heidene te eet, het die Jode hulle sondige aard en volkome afhanklik van Christus bely. Dit is waarom Paulus kan se: “Maar as ons wat streef om in Christus geregverdig te word, self ook sondaars bevind is, is Christus dan ʼn dienaar van die sonde?” Die antwoord is: “Nee, glad nie! Sonde word nie bepaal deur ongehoorsaamheid aan die wet nie. Die wet is nie die hoogste gesag nie. Sy volle lojaliteit aan die wet is gebreek en ʼn nuwe mens het na vore getree – ʼn mens wat in Christus gegrond is en na Christus toe georiënteer is.
Paulus sê in vers 18: “Want as ek weer opbou wat ek afgebreek het, dan betoon ek myself ʼn oortreder.” As hy weer probeer om dit wat hy vernietig het op te bou (dit is die gesag van die wet), dan sal Paulus self ʼn wetsoortreder wees, want hy eet gereeld saam met die heidene, en doen dit al vir ʼn goeie veertien jaar.
En dan maak hy een van die mees ironies stellings in vers 19: “Want deur die wet is ek vir die wet dood om vir God te lewe.” Hy het vir die wet gesterf – wat hier aangekondig word is nie ʼn totale afskaffing van die wet nie, maar wel die einde van die gesag daarvan in Paulus se lewe, in enige gelowige se lewe. Dit is baie ironies: die afsterf van die wet gebeur deur die wet. Maar dit was presies so omdat Christus onder die wet was toe Hy ons vrygespreek het van die gesag daarvan. Dit is die wet wat die sonde van elke mens ten toon stel, sodat hy sy eie dood in die wet kan besef en saam met Christus kan opstaan. Dit kom alles terug na Christus. As Hy in elke aspek van die mosaïese wet perfek moes wees – sou ons onder die wet wees. Maar in Christus het ons vir die wet afgesterf, deur die wet.
ʼn Eendjagter was saam met ʼn vriend in die bos. Doer op die horison het hy ʼn rookwolk gemerk en toe die wind draai hoor hy ook die brandende vuur. Hy besef toe die verskriklike waarheid: ʼn bos vuur is op pad, so vinnig dat hulle dat hulle dit nie sal kan ontkom nie. Hy grawe toe in sy sakke, opsoek na vuurhoutjies en steek toe die bos reg rondom hulle aan die brand. En daar staan die twee, binne in ʼn sirkel van swartgebrande grond, en wag vir die vuur om te kom. Hulle hoef nie lank te wag. Die vuur het gekom en hulle het hul monde met sakdoeke bedek. Die vuur het nader gekom – en om hulle heen gewoed. Maar hulle was ongeskonde, glad nie beseer nie. Vuur beweeg nie waar vuur reeds beweeg het nie.
Die wet is soos ʼn bosvuur. Ek kan dit nie ontkom nie. Maar as ek in ʼn reeds gebrande plek slaan, sal nie ʼn haar op my kop geskroei word nie. Christus se dood het dit ontlont. En net soos ʼn ongelooflike nuwe lewe ontspring na ʼn bosvuur, so is dit met Christus se dood. Hy het die straf van die dood gedood onder die wet sodat ons ʼn ongelooflike nuwe lewe in Hom mag geniet – ʼn lewe van Vryheid. Vryheid om ʼn diepgaande menslike lewe te lei – na God se beeld geskape, om saam met Hom te lewe en ewig vreugde in Hom te vind. Dit is die evangelie van Christus in my.
- Die waarheid van die Evangelie is “Christus in my”.
Ongeveer ʼn maand gelede het die hoofsanger van die groep, Linken Park, selfmoord gepleeg. Al het dit gelyk of hy alles het (sy video’s is meer as ʼn biljoen keer gekyk), het hy ʼn hartverskeurende lewe gelei. Sy ouers is geskei toe hy 11 jaar oud was. Na die egskeiding het hy begin om marijuana, alkohol, opium, kokaïen, tik en LSD te misbruik. Hy is op hoërskool fisiek geboelie, soos hy in ʼn onderhoud gesê het: “Ek is op skool soos ʼn lappop rondgestamp omdat ek te maer was en anders gelyk het.” Hy was 2 keer getroud, en het by 3 verskillende vroue kinders gekry. Vier maande gelede het een van sy goeie vriende selfmoord gepleeg, en 2 maande later, op sy vriend se verjaarsdag het hy ook selfmoord gepleeg. Die pyn in sy lewe kan onder andere in die woorde van hierdie liedjie gehoor word:
“Ek is moeg daarvan om te wees wat jy wil hê ek moet wees
Ek voel so ongelowig, verlore onder die oppervlak
Ek weet nie wat jy van my verwag nie
Ek is onder druk om in jou skoene te loop
In die onderstroom vasgevang
Ek het so afgestomp geword, ek kan jou nie meer voel nie
Ek het so moeg geword, soveel meer bewus
Dat ek besig is om hierdie te word, en al wat ek wil doen,
Is om meer soos ek te wees, en minder soos jy”
Dit, geliefde gemeente, is hoe dit is om onder die wet te lewe – ʼn lewe met ʼn aanhoudende gevoel van nie goed genoeg wees nie. “Elke tree wat ek neem is nog ʼn fout vir jou… al wat ek wil doen is om meer soos ek te wees en minder soos jy.” Dit is op ʼn hartseer wyse ironies dat die musiekvideo in ʼn kerk verfilm is. Die hoop van Christus was daar, maar hy kon nie sy eie lewe laat gaan het nie. Hy wou nie Christus in hom gehad het nie, maar hy wou meer soos homself wees. Die probleem is dat die “ek” in sonde vasgevang is, onder die wet, Geen mens kan die wet ontkom nie – behalwe in Christus. Die enigste manier uit is om saam met Christus gekruisig te word sodat dit nie meer ek is wat lewe nie, maar Christus in ek. Nie ek nie, maar Hy. Sien, die teenoorgesteld van lewe in Christus vind, is om lewe in jouself te vind. En jy sal jouself altyd teleurstel, jy sal nooit genoeg wees nie. Maar in Christus is jy nie net goed genoeg nie, jy is perfek. In sy werk en lewe is daar regverdigheid: ʼn Volmaakte regverdigheid wat die toets van ʼn volmaakte regverdige God deurstaan. Vlug na die rots van Christus, vind dat jou naam op sy hart geskryf is en vind ʼn ewige toevlug by Hom.
In vers 20 lees ons: “Ek is met Christus gekruisig, en ek leef nie meer nie, maar Christus leef in my. En wat ek nou in die vlees lewe, leef ek deur die geloof in die Seun van God wat my liefgehad het en Homself vir my oorgegee het.” Christus in my. Gelowige: Jy het saam met Christus aan daardie kruis gesterf en Christus het in jou kom lewe. Om ʼn woning in jou te maak. Hy het jou met Homself beklee sodat deur geloof in Christus, God sy Seun sien wanneer Hy na jou kyk. Dit is ongelooflike dat hierdie swak sondige ons, deur geloof in Christus deur God as Christus self gesien word. Ons lewe is deur Christus se lewe vervang, “ek leef nie meer nie…” en dit is ook herskep, “wat ek nou in die vlees lewe”. ʼn Nuwe self is in Christus geskep – en daarom het Paulus geen probleem om daardie mense later in Hoofstuk 6 verantwoordelik vir hulle dade te hou nie. Maar selfs daar gaan dit terug na eenheid in Christus.
Geen wonder dat al die heerlikheid op die ou end na Christus toe gaan nie. Die lewe wat jy in die liggaam leef, nie net jou gees of siel nie, maar die lewe wat jy in jou vlees en bloed nou leef, lewe jy deur geloof in die Seun van God. Wat nou deur geloof in Christus gebeur is ʼn geheimsinnige ingrypende verandering in jou bestaan. Jy word deel van ʼn nuwe iets. Jy word ʼn nuwe iemand. Hierdie is nie ʼn geloof in ʼn ver God nie, maar ʼn geloof in die Seun van God self wat jou liefgehad het en liefde betoon het deur Homself vir jou te gee. As Christus nie onder die wet gekom het nie, sou ons onder die wet se gesag veroordeeld gestaan het. Maar die Seun van God het, en se: Vat my! Laat ek veroordeeld staan. Laat daardie vloek op My kom, sodat hy in My ewig vrygekoop kan wees. Christus het vir jou gesterf om jou regverdig te maak. As jy in die hemel kan inkom as gevolg van alles wat jy doen, dan het Christus vir niks gesterf.
Soos ons in die laaste vers lees: “Ek verwerp nie die genade van God nie, want as daar geregtigheid deur die wet is, dan het Christus tevergeefs gesterwe.” Dit is die stelling wat die laaste spyker in die kis van Petrus se skynheiligheid inslaan. As jy aanhou om soos hierdie broeder te leef, dan gee jy voor dat Christus vir niks gesterf het nie. Moenie na die wet toe teruggaan nie, daar is ʼn nuwe wet. Die wet van Christus. Ons waarde word in verhouding met sy werk en slegs sy werk. Ons het nie meer reëls wat uitgelê is nie. Ons word in ʼn verhouding geplaas sodat ons sekere reëls kan gehoorsaam omdat ons harte is vol van sy teenwoordigheid. Jesus Christus, die hoogste gesag in jou lewe. Dit is die een ding wat jy waardevol moet ag, en die een ding wat jy oor jouself moet besef is dat God jou in Christus sien, en Christus in jou.
Amen.