Die Kerkorde

Die Vrye Gerefromeerde Kerke reël hul onderlinge samelewing volgens die 1988-uitgawe van die Kerkorde wat oorspronklik deur die Gereformeerde Kerke in Nederland in die Nasionale Sinode van Dordrecht in 1618/19 aamgeneem is. Die uitgangspunt van hierdie Kerkorde is dat die plaaslike kerke nie 'n afdeling van een landskerk is nie, maar almal selfstandige, plaaslike kerke van Jesus Christus, met ampsdraers wat geen ander opsiener of bestuurder as die Koning van die kerk bo hulle het nie. Maar aangesien die afsonderlike selfstandige kerke deur dieselfde band aan Christus ook met mekaar verbonde is, het hulle hul nogtans verplig tot die onderhouding van 'n kerkverband waarin die kerke mekaar by die eenheid van die geloof en die reg van Christus in die kerke vashou, bemoedig en aanspoor. Die afsprake daarvoor is in die kerkorde gereël.

Artikel 1 Doel en inhoud van die Kerkorde

In die gemeente van Christus behoort alles ordelik te geskied. Daarvoor is reëls nodig met betrekking tot: die ampte, die kerklike vergaderings, die toesig oor die leer en die erediens en die tug.

Afdelings

  1. Die Ampte
  2. Die vergadering
  3. Opsig oor die Leer en die Erediens
  4. Die Tug
  5. Slotartikels